Joshua & Candice se piekniek verlowing

Ons by Mooi Troues is verlief op Candice se blomme rok wat sy gedra het op haar en Joshua se verlowing fotosessie.  Hulle het ook ‘n piekniek gehou terwyl die fotograaf die oomblikke vasvang en dit gee werklik waar ‘n joernalistieke gevoel vir die fotos.  Candice het ook gedans en met die skoonheid van haar rok gespog.



Vertel ons hoe het jul ontmoet?

Josh en ek het by die kerk ontmoet.  Op daardie stadium het ek in die koffie winkeltjie by die kerk gewerk.  ‘n Vriend van hom het my gevra om ‘n video op Facebook te gaan “like”.  Die einste vriend het toe vir Josh my naam en besonderhede gegee.  Die daaropvolgende Maandag het Josh vir my ‘n boodskap op Facebook gestuur… en dit was die begin van ons romanse!



Vertel ons van die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?

As jy Josh vra, gaan hy vir jou sê dit was my oulike boudjies!

Vir my was dit definitief sy glimlag!



Vertel ons meer van julle verlowing?

Ons het verloof geraak by die Master Chef restaurant Aarya in Johannesburg.  Josh het ‘n ring en ‘n roos in ‘n glas bottel gesit – net soos in Beauty and the Beast (my heel gunsteling Disney film). By die restaurant het hy afgesak op een knieg en my gevra.  Natuurlik het ek ja gesê!



Vertel ons die inspirasie vir die verlowing fotosessie?

Ek wou ‘n rok gehad het wat anders was – nie net iets algemeen nie.  Daarom is ek reguit na Silver Swallow Design en Josh lewe in sy kortbroek (so sy besluit was sommer maklik).



Diensverskaffers: