Shannon &Tamlynn se strand troue

Seuns moet altyd hul pêlle maar goed kies veral as hul ‘n jonger sussie het waarna die vriend mag vry.  Dit is ook belangrik dat die broer ook goed oor die weg kom met die kêrel wat sy swaer kan word.  Die opinies van ‘n broer maak saak vir ‘n vrou.  Ons kan sien in die fotos van Rentia Smith dat Shannon en Tamlynn verlief is op mekaar en ook baie goeie vriende is.  Die dag van hul troue het al hul vriende bymekaar gekom op ‘n strand waar ons kan sien dit is ‘n jolige klomp en pret was prioriteit.  Tamlynn het asemrowend in haar trou rok gelyk en Shannon aantreklik in sy Babba Blou pak op ‘n strand waar hul hulle geloftes aan mekaar uitgeruil het met vriende en familie as getuies.  Aan die einde van die publikasie wag daar ‘n verrassing.  Die onthaal saal se dekor was vars met Ment kleurige Chevron patroon tafelloper, Vetplante en Proteas as blomme.


Tamlynn en Shannon_0002 Tamlynn en Shannon_0003 Tamlynn en Shannon_0004


Hoe het ons die eerste keer ontmoet?

Ons het ontmoet toe ek nog op laerskool was. Shannon was/is ‘n vriend van my oudste boer.  Hy het 1 of twee keer by ons oor ‘n naweek kom kuier maar toe was ons nog jonk en glad nie aan troues gedink nie.  Ek het by my ma gebly en ‘n paar jaar het verby gegaan wat ons al van mekaar vergeet het.   Ek was een Saterdag in my Matriek jaar in Dros in Vanderbijlpark en hom weer daar raak geloop.  Ons het vinnig opgevang en weer in ons eie rigtings gegaan. ‘n Paar maande later het Shannon my gebel en gevra om vir ete te gaan.  Geen mens sal weet waar hy my nommer gekry het nie.  Ons het die 26 Januarie 2010 op ons eerste afspraak gegaan en van toe af nooit n naweek gemis om te kuier nie.


Tamlynn en Shannon_0005 Tamlynn en Shannon_0006 Tamlynn en Shannon_0007 Tamlynn en Shannon_0008 Tamlynn en Shannon_0009 Tamlynn en Shannon_0010 Tamlynn en Shannon_0011 Tamlynn en Shannon_0012 Tamlynn en Shannon_0013 Tamlynn en Shannon_0014 Tamlynn en Shannon_0015 Tamlynn en Shannon_0016


Hoe het ons verloof geraak?

Ons was op vakansie in Mosselbaai Desember 2014.  Ons het op die dag van die 23 Desember by die trein in Mosselbaai drankies gaan drink.  Ek was glad nie lus om huistoe te gaan nie, maar Shannon het daarop aangedring.  My mond was opgeblaas maar ek het maar huistoe gegaan.  Ons was saam vriende op vakansie, hul seun wou af gaan strand toe, ek het saam hom geloop en Shannon het ook besluit om saam te stap (min het ek geweet dit was ‘n reëling).  Ek en Shannon het in die koue water gestaan en gesels toe ek omdraai om uit te stap roep hy my terug waar hy op sy knie gestaan het.  Hy het my gevra om sy vrou te word so in die see water op die strand.


Tamlynn en Shannon_0017 Tamlynn en Shannon_0018 Tamlynn en Shannon_0019 Tamlynn en Shannon_0020 Tamlynn en Shannon_0021 Tamlynn en Shannon_0022 Tamlynn en Shannon_0023 Tamlynn en Shannon_0024 Tamlynn en Shannon_0025 Tamlynn en Shannon_0026 Tamlynn en Shannon_0027 Tamlynn en Shannon_0028 Tamlynn en Shannon_0029


Hoe lank was jul saam voordat jul getrou het?

Ons was 6 jaar en 2 maande saam voor ons getrou het.


Tamlynn en Shannon_0030 Tamlynn en Shannon_0031 Tamlynn en Shannon_0032 Tamlynn en Shannon_0033 Tamlynn en Shannon_0034 Tamlynn en Shannon_0035 Tamlynn en Shannon_0036 Tamlynn en Shannon_0037 Tamlynn en Shannon_0038 Tamlynn en Shannon_0039 Tamlynn en Shannon_0040 Tamlynn en Shannon_0041 Tamlynn en Shannon_0042 Tamlynn en Shannon_0043 Tamlynn en Shannon_0044


Advies wat ons aan ander paartjies kan gee?

  • Wees altyd eerlik met mekaar.
  • Respekteer mekaar ten alle tye.
  • Bespreek enige besluite met mekaar.
  • Moenie die verlede opbring in ‘n nuwe argument nie.
  • Kommunikasie is baie belangrik.

Tamlynn en Shannon_0045 Tamlynn en Shannon_0046 Tamlynn en Shannon_0047 Tamlynn en Shannon_0048 Tamlynn en Shannon_0049 Tamlynn en Shannon_0050 Tamlynn en Shannon_0051 Tamlynn en Shannon_0052 Tamlynn en Shannon_0053 Tamlynn en Shannon_0054 Tamlynn en Shannon_0055 Tamlynn en Shannon_0056 Tamlynn en Shannon_0057 Tamlynn en Shannon_0058 Tamlynn en Shannon_0059 Tamlynn en Shannon_0060 Tamlynn en Shannon_0061 Tamlynn en Shannon_0062 Tamlynn en Shannon_0063 Tamlynn en Shannon_0064 Tamlynn en Shannon_0065 Tamlynn en Shannon_0066


Diensverskaffers: