Johann & Liela se verlowing & liefde vir perde

Liefde vir Perde het Johann en Leila bymekaar gebring en die talentvolle Charl van der Merwe het die mooi verlowing fotosessie van gevang op kamera wat ons bevoorreg is om met jul te kan deel.


Vertel ons hoe het julle ontmoet?

Ek en Johann het mekaar geken vanaf ons kinderjare.  My ma en Johann se ma het saam perd gery so dus het hulle gereeld saam gekuier en ons kinders moes altyd saam gegaan het.  Ek het egter nie van hom gehou nie, hy het my altyd probeer soen dan hardloop ek vir hom weg.  Ek en sy sussie het altyd saam gespeel.  Later toe trek my ouers na ander dorp en ons verloor totaal kontak met mekaar tot ek op hoërskool was.  Hy het my weer genooi op Facebook en dit was net asof ons gekliek het.  Hy het vir my vliegkaartjie gekoop om vir hom te kom kuier en na die vakansie was ons baie verlief.  Ons het 3 jaar later getrou.



Vertel ons van die tema van die verlowing fotosessie

Ons albei is baie lief vir die perde, dus wou ons graag ‘n perd gebruik.  Ons het Johann swart aangetrek want ek kon net daai pragtige rok kry in swart en goud.  Dit baie mooi gepas in die veld tema.


Diensverskaffers: