Bernhard & Hanneke se woestyn verlowing fotosessie

Noord-Kaap in Suid-Afrika is waar Bernhard en Hanneke hul een van ʼn soort verlowing fotosessie gehad het.  Die fotos wys ons een van die mooiste wat Suid-Afrika bied.  Suid-Afrika spog met uitgestrekte wit strande, groen woude, lewendige stede, mooie Karoo en Kalahari woestyn wat die mooiste landskap was vir die fotosessie.  Geniet die fotos!

desert engagement photos desert engagement photos desert engagement photos desert engagement photos


Vertel ons hoe het julle ontmoet?

Ons het mekaar deur ‘n gemeenskaplike vriendin ontmoet.  In die begin, vir ‘n kort tydjie was ons net vriende.  Ons het baie vinnig besef dat ons rêrig goed oor die weg kom, met dieselfde liefde vir die natuur en avontuur , en dat ons baie van mekaar hou.


desert engagement photos desert engagement photos desert engagement photos desert engagement photos


Vertel ons meer van julle verlowing?

Ons het op 12 Desember 2015 verloof geraak in die berg op ‘n staproete tussen Mcgregor en Greyton (Boesmanskloof).  Bernhard het alles gereël en ek het geen idee gehad dat hy my sou vra om te trou nie.  Sy idee was om my op pad na die hut te vra waar ons sou slaap.  Hy het vooraf met die eienaar van die hut gereël om die kamer mooi te maak met blomme en sjampanje want ons sou al verloof wees as ons daar aankom, maar hy kon net nie die regte oomblik kry nie (of seker genoeg moed bymekaar skraap nie).  Die weer was ook baie sleg, dit het aan en af gereën met wind.  Toe ons later by die hut kom het hy met alle mag probeer om my nie in die hut te laat gaan nie want dit sou sy planne weggee, ek was gelukkig so onoplettend dat ek nie besef het wat aangaan nie.  Ons besluit toe om op die koppie te gaan sit en bietjie sjampanje te drink.  Dit was verskriklik mooi daar gewees met die mooiste uitsig.  Toe ek weer sien toe is hy op sy knie en hy hou die boksie met ring na my toe uit.  Hy het ‘n paar goed gesê maar ek kan niks daarvan onthou nie.  Die oomblik en opgewondenheid was toe net te groot!  Ek het natuurlik ja gesê en ons het die naweek verder alleen gevier in die berg.


desert engagement photos desert engagement photos desert engagement photos desert engagement photos desert engagement photos


Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie? 

Ons albei is mal oor die Kalahari.  Daar is vir ons niks mooier as daardie rooi sand en die unieke landskappe nie.  Ons was die jaar vantevore op Thuru Lodge waar ons gekuier het by vriende van Bernhard.  Toe ons die fotograaf ontmoet het, het ek genoem dat ek dink ons ‘n fotosessie in die Kalahari moet probeer doen, maar ek het nie gedink dat dit enigsins moontlik sal wees nie.  Die Kalahari is maar ver om te ry, maar gelukkig het ons fotograaf ingestem om saam te gaan.  Bernhard het al die nodige goed gereël en te danke aan sy vriende het hulle dit toe moontlik gemaak vir ons om in een van die mooiste plekke/plase in die land ons verlowing fotos te gaan neem!


desert engagement photos desert engagement photos desert engagement photos desert engagement photos desert engagement photos desert engagement photos desert engagement photos desert engagement photos desert engagement photos


Vertel ons wat is jul droom troue?

Ons wou albei graag buite trou.  Erens met ‘n baie mooi uitsig.  Die belangrikste vir ons is dat dit ‘n lekker partytjie moet wees wat almal sal onthou.  Vryheid met wat ons wil doen en tot hoe laat ons wil kuier is ook belangrik.  ʼn Naweek troue waar meeste van ons gaste kan oorslaap sal perfek wees.


desert engagement photos desert engagement photos desert engagement photos desert engagement photos desert engagement photos desert engagement photos desert engagement photos desert engagement photos desert engagement photos desert engagement photos desert engagement photos desert engagement photos desert engagement photos

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: