Suid-Afrika spog met van die mooiste strande in die wêreld en mense reis graag na die strande om te ontspan. Ons deel die strand troue van Davin en Petra Yzerfontein in die Wes-Kus met Mooi Troues se lesers.
By Mooi Troues is ons gek oor die fotos waar die mis ingetrek het. Die mis bied ‘n dramatiese element aan die foto’s. Moeder natuur het ‘n wil van haar eie en dit is belangrik dat die elemente van die natuur nie paartjies ontstel nie. Ons beveel aan werk saam moeder natuur en jy sal verbaas wees oor die eind resultaat. Paartjies wat by die see wil trou, moet tog die weer verandering in ag neem en altyd sorg vir ‘n mooi warm jassie wat nie die voorkoms van die trourok bederf nie.
Mooi Troues se lesers wat beplan om ‘n strand troue te hê sal baie oulike trou idees hier onder kry
Hoe het julle ontmoet?
Davin en ek het mekaar by ‘n werksfunksie ontmoet. Ons het daardie aand die hele aand saam gekuier en het dadelik ‘n konneksie gevoel en dat ons dieselfde belangstellings het. Na ‘n paar maande se saam kuier het ons geweet ons is vir mekaar bedoel.
Vertel ons van die tema van jul troue
Davin en ek is altwee baie lief vir die Weskus en seekos. Ons het dadelik aan die Strand Kombuis op Yzerfontein gedink en selfs die venue geboek voor ons die plek gesien het.
Vertel ons van jul Wittebrood?
Ons het altwee besluit om na Mauritius toe te gaan vir ons wittebrood, omdat dit een van ons gunsteling vakansie plekke is.
Advies wat julle aan paartjies kan gee wat nog gaan trou?
Maak tyd vir mekaar. Somtyds word jy so vasgevang in al die trou reëlings dat jy vergeet wat belangrik is.
Klik hier vir meer diensverskaffers
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue: Strandkombuis
- Blomme: Marilee
- Musiek: Lindon
- Hare en Grimering: Salon Megz
- Fotograaf: Kathryn van Eck
- Uitnodigings ens. Lezanne’s Designs