Werner & Angelique se koffie & kombers verlowingfoto’s

Werner en Angelique is albei lief vir ‘n bietjie romanse.  Daarom het hulle besluit om ‘n koffie en kombers tema vir hul verlowingfoto’s te kies.  Die seisoen allen skep alreeds ‘n romantiese gevoel.  Die paartjie het die romanse wat met winter gepaard gaan in hul verlowing fotosessie uitgebeeld.  Daar is niks beter as om saam met jou geliefde in ‘n bondeltjie komberse op te krul, terwyl julle in ‘n kamer vol kerse lê met ‘n warm sjokolade in die hand nie.  Meeste paartjies verkies om gedurende die wintermaande binnenshuis te bly en die mistigheid en nattigheid wat teen die venster vasklou, van binne af te bekyk – hierdie paartjie het egter die koue aangedurf en hul romantiese foto’s in die natuur geneem.  Hulle albei het stylvolle winter uitrustings gekies om die foto’s te komplimenteer.  Hierdie romantiese fotosessie dien beslis as simboliek van hul verhouding.

Rol af om na Werner en Angelique se mooi liefdes storie te kyk.

woolworths clothing edgars clothing woolworths clothing

Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?


Ek (Angelique) en Werner het in ‘n inkopiesentrum ontmoet.  Ek het vir my vriendin gaan groet wat by ‘n wikkelstasie gewerk het en daar vir Werner ontmoet.  Ons het geen woorde met mekaar geruil tot die aand nie.  Nou en dan het ons met mekaar kontak gemaak en ons liefde het met tyd vlam gevat.  Van daar af was dit net maanskyn en rose!

Werner was so ongelooflik sjarmant; Ek was onmiddellik verlief!  Werner sê my persoonlikheid het sy voete onder hom uit geslaan!

woolworths clothing edgars clothing woolworths clothing woolworths clothing woolworths clothing

Vertel ons wie het wie gevra om te trou?


Werner het my gevra om te trou.  Ons was op op pad Gansbaai toe en Werner het die groot vraag langs die kus vra.

edgars clothing woolworths clothing woolworths clothing edgars clothing woolworths clothing woolworths clothing

Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?


Ons was nog nooit professioneel afgeneem nie.  Ons fotograaf, Chantall Marshall, het voorstelle gemaak en ons moes die finale keuse neem.  Ek en Werner het gevoel koffie en kombers verlowingfoto’s sal perfek by ons pas!  Die winterseisoen, asook die pragtige natuurskoon, was perfek om ‘n romantiese gevoel te skep.

woolworths clothing edgars clothing woolworths clothing

Wat het jul laat besluit oor die verlowing fotosessie?


Ek aan ‘n kompetisie en het die fotosessie gewen.  Ons wil ook die mooiste foto’s kies en vir ons trou uitnodigings gebruik.

edgars clothing woolworths clothing woolworths clothing woolworths clothing woolworths clothing edgars clothing woolworths clothing edgars clothing

Vertel ons meer wat het jul ingedagte vir jul droom troue?


Ons idee van ‘n droom troue is om al ons naaste familie en vriende bymekaar te bring en die nuwe begin as man en vrou te vier.  Ons wil graag ‘n romantiese elegante gevoel by die troue skep.

edgars clothing woolworths clothing woolworths clothing edgars clothing woolworths clothing edgars clothing woolworths clothing edgars clothing edgars clothing woolworths clothing edgars clothing woolworths clothing edgars clothing woolworths clothing edgars clothing

Diensverskaffers