Vincent & Bernadette se Herfs verlowing

Herfs sorg vir die mooiste kleure en dit is hoekom Vincent en Bernadette besluit het om hul verlowing fotosessie gedurende die seisoen te hê.  Ons is absoluut versot oor hoe Vincent vir Bernadette gevra het om te trou en dit neem baie moed om so waaghalsig te wees, maar ons glo hy was seker van sy saak voordat hy dit gewaag het.  Blaai deur die mooi fotos en geniet die paartjie se storie.

christiaan-en-brianda_0046christiaan-en-brianda_0047 christiaan-en-brianda_0048 christiaan-en-brianda_0049 christiaan-en-brianda_0050

Vertel ons van jul ontmoeting?


So meer as agt jaar terug het ons mekaar ontmoet by ‘n braai by vriende se huis.  Ons het mekaar aantreklik gevind en het albei gehou van mekaar se persoonlikheid. Die tweede keer wat ons mekaar gesien het het ons kans gekry om lekker te gesels.   Ons het mekaar toe meer begin sien en toe sewe jaar later verloof geraak.

christiaan-en-brianda_0051 christiaan-en-brianda_0052 christiaan-en-brianda_0053 christiaan-en-brianda_0054 christiaan-en-brianda_0055 christiaan-en-brianda_0056 christiaan-en-brianda_0057 christiaan-en-brianda_0058

Hoe het julle verloof geraak?


Ons was Oudtshoorn toe vir ons vriende se troue.  Vincent het toe die aand voor die troue vir die mans vertel dat hy my wil vra om te trou.  Ons vriende het toe gereël dat Vincent my op hul troue sal vra om te trou.  By die onthaal het my vriendin my op geroep, haar blomme vir my gegee.  Toe ek omdraai toe staan Vincent op sy knee met die ring in sy hand.  Dit was een van die beste dae ooit!

christiaan-en-brianda_0059 christiaan-en-brianda_0060 christiaan-en-brianda_0061 christiaan-en-brianda_0062 christiaan-en-brianda_0063 christiaan-en-brianda_0064 christiaan-en-brianda_0065 christiaan-en-brianda_0066 christiaan-en-brianda_0067 christiaan-en-brianda_0068 christiaan-en-brianda_0069 christiaan-en-brianda_0070 christiaan-en-brianda_0071 christiaan-en-brianda_0072 christiaan-en-brianda_0073 christiaan-en-brianda_0074 christiaan-en-brianda_0075 christiaan-en-brianda_0076

Vertel ons van jul verlowing fotosessie.


Ons was al voorheen by Lourensford en dit is regtig baie mooi daar.  Ons het toe gedink omdat dit herfs is sal dit baie mooi lyk vir die verlowings foto.

christiaan-en-brianda_0077 christiaan-en-brianda_0078 christiaan-en-brianda_0079 christiaan-en-brianda_0080

Diensverskaffers: