Christel & Stefan se plaastroue

In ‘n laning dennebome stap die stralende bruid in ‘n sprokiesmooi trourok van Bridal Manor haar bruidegom tegemoet. Hulle het reeds op laerskool al mekaar raakgesien maar dit sal eers na hulle skool loopbaan wees wat hulle weer ontmoet. Hierdie keer om vir altyd by mekaar te wees.  In samewerking met die skoon moeders en skoonsus word Christel se ouer huis opgemaak met kerse, liggies en roosblare terwyl Stefan haar vir ‘n aandjie uitneem.  Christel het ‘n voorgevoel en voel effens teleurstelling toe hy nie in die loop van die aand die groot vraag vra nie.  Tuis wag daar toe egter ‘n groot verassing toe hy op sy knie gaan.  Die familie is ook daar om hul blydskap te deel en saam fees te vier.


Christel & Stefan_0001


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ons paadjies het die eerste keer gekruis toe ons in Graad 4 saam op Laerskool was (waar ons eintlik vir die eerste keer “gekys” was en van mekaar vergeet het, na ‘n lang skoolvakansie).

Ons paadjies het toe weer later gekruis op Hoërskool (ons was in verskillende Hoërskole) toe gemeenskaplike vriende ons weer aan mekaar voorgestel het.  Ons lewenspaadjies het so toe saam begin.


Christel & Stefan_0002 Christel & Stefan_0003 Christel & Stefan_0004


Hoe het julle verloof geraak?

Op ons 11jaar herdenking, het Stefan die dag beplan in samewerking met my ma, skoonsuster en toekomstige skoonma. Dit het begin met ‘n uitstappie dieretuin toe, sodat hulle my ouerhuis kon opmaak. Die aand het Stefan my ge-treat by die Saxon Hotel (waar ek in my agterkop gedink het dat hy enige oomblik die groot vraag gaan vra). Dit het toe nie daar gebeur nie. Ek het half teleurgesteld by my ouerhuis aangekom, waar die hele huis vol kerse, liggies en roos blare was. Stefan het op sy een knie gesak. Net toe ek die “ja” woord gee tussen die trane deur hoor ons die familie buite juig, waarna die feesvieringe begin het.


Christel & Stefan_0005 Christel & Stefan_0006 Christel & Stefan_0007 Christel & Stefan_0008 Christel & Stefan_0009 Christel & Stefan_0010 Christel & Stefan_0011


Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?

Ons was vir 11 jaar saam voor ons verlowing, en ons is toe getroud 20 dae voor ons 12 de herdenking saam.


Christel & Stefan_0012 Christel & Stefan_0013 Christel & Stefan_0014 Christel & Stefan_0015 Christel & Stefan_0016 Christel & Stefan_0017 Christel & Stefan_0018 Christel & Stefan_0019 Christel & Stefan_0020 Christel & Stefan_0021 Christel & Stefan_0022 Christel & Stefan_0023 Christel & Stefan_0024 Christel & Stefan_0025 Christel & Stefan_0026 Christel & Stefan_0027 Christel & Stefan_0028 Christel & Stefan_0029 Christel & Stefan_0030 Christel & Stefan_0031 Christel & Stefan_0032 Christel & Stefan_0033 Christel & Stefan_0034 Christel & Stefan_0035 Christel & Stefan_0036 Christel & Stefan_0037 Christel & Stefan_0038 Christel & Stefan_0039 Christel & Stefan_0040 Christel & Stefan_0041 Christel & Stefan_0042 Christel & Stefan_0043


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Die beste advies wat ons kan gee is om te onthou dis julle troue en lewe saam. Luister na almal maar behou die goeie.

Julle kan alles mooi beplan en uiteen sit maar ongelukkig is daar tye wat nie perfek uitwerk nie of julle kan omkrap. Vat ‘n dag of twee vir jouself en pak die situasie dan later aan met positiewiteit en geniet jouself en die tyd saam.


Christel & Stefan_0044 Christel & Stefan_0045 Christel & Stefan_0046 Christel & Stefan_0047 Christel & Stefan_0048 Christel & Stefan_0049 Christel & Stefan_0050 Christel & Stefan_0051 Christel & Stefan_0052 Christel & Stefan_0053 Christel & Stefan_0054 Christel & Stefan_0055 Christel & Stefan_0056 Christel & Stefan_0057 Christel & Stefan_0058 Christel & Stefan_0059 Christel & Stefan_0060 Christel & Stefan_0061 Christel & Stefan_0062 Christel & Stefan_0063 Christel & Stefan_0064 Christel & Stefan_0065 Christel & Stefan_0066 Christel & Stefan_0067 Christel & Stefan_0068 Christel & Stefan_0069 Christel & Stefan_0070 Christel & Stefan_0071 Christel & Stefan_0072 Christel & Stefan_0073 Christel & Stefan_0074 Christel & Stefan_0075 Christel & Stefan_0076 Christel & Stefan_0077 Christel & Stefan_0078 Christel & Stefan_0079 Christel & Stefan_0080 Christel & Stefan_0081 Christel & Stefan_0082

Diensverskaffers: