Ruan & Liezel se Koraal-tema Troue

Ruan het, op een knie, langs die St Lucia meer vir Liezel gevra om te trou.  Liezel het die ringboksie in Ruan se tas gevind toe hulle vertrek het die Vrydagmiddag, maar sy het nie die boksie oopgemaak nie. Al het Liezel geweet dat hy haar daardie naweek sou vra om te trou, was die oomblik nogsteeds vir haar ongelooflik romanties.

Vir dié paartjie was die preek, konfetti, koek, die reën en die partytjie besonders. Vir Liezel was Ruan se toespraak baie spesiaal. Om die eerste keer te dans as man en vrou was vir haar ‘n onbeskryflike oomblik. Liezel se raad vir die bruid is om kalm te bly en baie tyd te gebruik om alles in te neem.  Fokus op dít wat regtig belangrik is – dat jy trou beloof aan jou lewensmaat. Maak seker julle geniet die aand saam met julle gaste soveel as moontlik. Die paartjie se troudag was gevul met liefde, pragtige versierings en samesyn.

Ruan & Liezel Ehlers se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0002 Ruan & Liezel Ehlers se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0003 Ruan & Liezel Ehlers se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0004 Ruan & Liezel Ehlers se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0005 Ruan & Liezel Ehlers se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0006 Ruan & Liezel Ehlers se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0007 Ruan & Liezel Ehlers se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0008

Hoe het julle verloof geraak?


Ruan het my op een knie langs die St Lucia meer gevra om te trou op 20 Julie 2013.  Ek het die ringboksie in sy tas gevind toe ons vertrek het  die Vrydagmiddag, maar het nie die die boksie oopgemaak nie. Ek en Ruan is al vanaf ons albei 17 jaar oud is in ‘n verhouding, en het saam besluit dat ons in eers in 2013 verloof sou raak.  Al het ek geweet dat hy my daardie naweek sou vra om te trou– was die oomblik steeds vir my wonderlik romanties.

Ruan & Liezel Ehlers se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0009 Ruan & Liezel Ehlers se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0010 Ruan & Liezel Ehlers se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0011 Ruan & Liezel Ehlers se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0012 Ruan & Liezel Ehlers se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0013 Ruan & Liezel Ehlers se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0014 Ruan & Liezel Ehlers se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0015 Ruan & Liezel Ehlers se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0016 Ruan & Liezel Ehlers se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0017 Ruan & Liezel Ehlers se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0018 Ruan & Liezel Ehlers se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0019

Wat het julle troudag vir jou so spesiaal gemaak?


Alles wat ons saam met ons ouers en vriende vóór die troue beplan en gemaak het en om te sien hoe dit alles bymekaar gekom het op die groot dag. Dat al ons familie en vriende gedeel het in die feesvieringe.  Die preek, die konfetti, die koek, die reën, die partytjie, Ruan se toespraak, ons eerste dans.

Ruan & Liezel Ehlers se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0020 Ruan & Liezel Ehlers se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0021 Ruan & Liezel Ehlers se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0022 Ruan & Liezel Ehlers se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0023 Ruan & Liezel Ehlers se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0024 Ruan & Liezel Ehlers se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0025

Raad vir ander paartjies:


Wees kalm op die groot dag.  Neem tyd om alles in te neem.  Fokus op dit wat regtig belangrik is – dat jy trou beloof aan jou lewensmaat. Maak seker julle geniet die aand saam met julle gaste so veel as moontlik!

Ruan & Liezel Ehlers se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0026

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: