Grimering advies deur Lisa Brown

Samantha du Toit soos op www.mooitroues.co.za_0006

Lisa Brown wys jou hoe om die mooiste grimering, vinnig en maklik te doen. Fisiese onsekerhede kan weg getower word deur goeie en vinnige grimeer tegnieke en vrouens is geneig om minder selfvertroue in hulself te hê as hulle oor bewus is van hulle fisiese voorkoms. Baie dames spandeer liewer geld op baie duur klere items en los die grimering heeltemal omdat hulle voel goeie grimeer annwending is te moeilik en tydrowend, maar dit is ‘n hele verkeerde wan persepsie van grimering.

Hier is ‘n paar van Lisa wenke om die grimering-proses vining en moeiteloos te maak van die begin af. Die fout wat die meeste mense maak is om te fokus op die grimering en nie op die vel self nie.

Vandag begin ons by die begin punt van hoe om fantastiese en maklike grimering toe te pas.

Samantha du Toit het die pragtige foto’s geneem. Onder verduidelik Lisa Brown stap vir stap wat gedoen moet word.

Samantha du Toit soos op www.mooitroues.co.za_0001


STAP 1


Ek spandeer baie tyd op die vel voordat ek die grimering aanwend. My nuutste gunsteling is die “Marine-bright formula” van MAC – hy voed, hidreer en kikker die vel op. Meeste vrouens in Suid-Afrika se velle is baie ontwater en benodig dat vogtigheid terug in die vel gesit word. Ek gebruik ‘n watte balletjie om die formule aan te wend en druk dit dan saggies teen die vel oor die hele gesig.

Dit maak dadelik enige growwe of droë areas mooi vogtig. Alledaagse vog rome werk net so goed as dit gereeld aan vel gewend word, maar in tye van baie ontwatering sal ek definitief die bogenoemde produk aanbeveel en gebruik dit altyd met my bruide vóór ek die grimering proses begin.

Samantha du Toit soos op www.mooitroues.co.za_0002


STAP 2


Ek glo ook daaraan om olies te gebruik omdat dit grimering ook baie meer gloeiend en vars laat voorkom. My gunsteling is definitief “MAC Care Blend Essentials Oil”. Jy kan ook vooraf ‘n druppel in jou onderlaag gooi vir ekstra vogtigheid. Ek smeer dan ‘n bietjie olie oor die hele gesig voordat ek begin om my “MAC Prep” en “Prime” egalig aan te smeer. “Prep” en “Prime” is die wonderwerk middel wat jou grimering langer laat op bly.

Samantha du Toit soos op www.mooitroues.co.za_0003


STAP 3


Ek begin dan met die oë want mens werk baie netjieser as mens dit voor die onderlaag aan wend en jy kan dan net af vee as daar enige foute of gemors word op die omringende vel. Ek begin met “MAC Painterly” oor die hele ooglid tot by die wenkbroue. Maak dit mooi glad dat daar geen tekstuur teenwoordig . Dít gaan bepaal hoe jou oogskadu gaan uitdraai. Ek sal dan die wenkbroue inkleur om vir myself meer ruglyne te kan gee van hoe om te werk, voordat ek met die oogskadu begin.

“Painterly,” is soos ek dit noem “a MUST have”. Dié produk is die top verkoper by MAC en een van die goed waar sonder ek glad nie kan grimeer nie. Dit hou jou oogskadu net baie langer op, tot met 15 ure lank, en keer dat jou oogskadu nie lyne maak later in die dag nie.

Samantha du Toit soos op www.mooitroues.co.za_0004


 

STAP 4


Na die oogskadu gedoen is, sal ek die “Fast Response” onder die oë sit en ‘n klein bietjie “highlighter” by sit om die blou skadu’s onder die oë heeltemal te kansseleer. My gunsteling is definiteif “Bright Forecast”. Ek rond dit dan af met MAC se “Pro Longwear Concealer “om die donker kringe heeldag weg te hou.

Wenk:

MAC se “Strobe Cream” is uitstekend vir jou droë vel om dit ‘n onmiddellike gloei te gee en het ‘n pêrel glans. Ek gebruik dit meestal vir tieners en droë velle om die gesig meer lewe te gee, maar wees bewus daarvan dat mens dit baie maklik op foto’s sien en dus is dit belangrik om dit spaarsamig aan te wend.

Samantha du Toit soos op www.mooitroues.co.za_0005


STAP 5


 

Ná die oë is dit tyd om die onderlaag aan te wend, onthou om nie onderlaag aan te wend waar jy reeds “concealer” aangewend het nie. Vir my kliënte gebruik ek graag “Face and Body” van MAC, want mens kan jou eie dikte bepaal en dit hou ook die langste op want dit is waterbestand. Hoe langer die grimering kan op bly hoe beter!

Ek hou daarvan om ‘n los poeier te gebruik, dit lyk nie aangeplak nie en werk ook vir elke tipe vel. Die “mineralize loose powder” van MAC doen wonders. Volgende stap sal “bronzer” wees om bietjie kleur te bring en die gesig meer te vorm. Ek gebruik eerder ‘n donkerder tipe kleur vir “bronzer” as een met ‘n oranje onder toon. ‘n Mens moet baie versigtig wees met jou die kleur wat jy kies anders kan dit baie vining oorgedoen lyk.

Samantha du Toit soos op www.mooitroues.co.za_0006 Samantha du Toit soos op www.mooitroues.co.za_0007 Samantha du Toit soos op www.mooitroues.co.za_0008


STAP 6


My gunsteling maskara van MAC is die “False lash extreme black.” Wimpers moet vir my mooi netjies en lank wees, nie klonterig en kort lyk nie, maar mooi vars. Op my kliënte gebruik ek drie verskillende soorte maskaras op mekaar, ek glo die wimpers maak die hele prentjie! En eindig dan af met ‘n mooi helder lipstiffie en dan is jy reg om afgeneem te word.

Wenk:

“Fix spray” is lekker om te gebruik voor jy jou grimering begin en ook dan na die grimering klaar is om dit mooi in te laat trek óf om te keer dat dit nie te geplak lyk nie. Baie mense dink dit hou jou grimering langer op, maar dit is nie die geval nie. Dit bevat kaffïene om die gesig net weer vars te laat voel en die nodige vitamiene te gee.

Samantha du Toit soos op www.mooitroues.co.za_0009 Samantha du Toit soos op www.mooitroues.co.za_0010 Samantha du Toit soos op www.mooitroues.co.za_0011 Samantha du Toit soos op www.mooitroues.co.za_0012 Samantha du Toit soos op www.mooitroues.co.za_0013 Samantha du Toit soos op www.mooitroues.co.za_0014 Samantha du Toit soos op www.mooitroues.co.za_0015 Samantha du Toit soos op www.mooitroues.co.za_0016 Samantha du Toit soos op www.mooitroues.co.za_0017 Samantha du Toit soos op www.mooitroues.co.za_0018 Samantha du Toit soos op www.mooitroues.co.za_0019 Samantha du Toit soos op www.mooitroues.co.za_0020 Samantha du Toit soos op www.mooitroues.co.za_0021 Samantha du Toit soos op www.mooitroues.co.za_0022 Samantha du Toit soos op www.mooitroues.co.za_0023 Samantha du Toit soos op www.mooitroues.co.za_0024 Samantha du Toit soos op www.mooitroues.co.za_0025 Samantha du Toit soos op www.mooitroues.co.za_0026 Samantha du Toit soos op www.mooitroues.co.za_0027 Samantha du Toit soos op www.mooitroues.co.za_0028 Samantha du Toit soos op www.mooitroues.co.za_0029 Samantha du Toit soos op www.mooitroues.co.za_0030 Samantha du Toit soos op www.mooitroues.co.za_0031 Samantha du Toit soos op www.mooitroues.co.za_0032 Samantha du Toit soos op www.mooitroues.co.za_0033


Diensverskaffers:


Fotograaf: Samantha du Toit | Grimering en Advies artikel: Lisa Brown