JP & Ulrica se pragtige bruilof

Vandag deel ons graag met Mooi Troues se lesers JP en Ulrica se pragtige bruilof.  Die paartjie het ʼn liefdesverhaal wat vir vele trou inspirasie sal wees.  Veral in vandag se tyd!

Die paartjie het ongelooflike akoestiek vermaak gehad by hulle troue, deur Akoestiek Musiek. Hulle geniet dit om bruilofsfeeste met akoestiese verwerkings van bekende en oorspronklike liedjies in te kleur.  Akoestiek sing liefdes deuntjies – van dié soort wat jou ʼn knop in die keel gee, tot dié wat jou voete laat juk om te skoffel.

Al trou dekor en -blomme is so ongelooflik mooi.  Die groen blare met die rose gee so mooi effek.  Daardie kussings met die blomme op die stoele is ook ʼn slim manier om te gebruik as ʼn trou dekor-element.  Dit is so uniek.  Die koek is net so pragtig veral met die mooi rose.

Rol gerus af en geniet JP en Ulrica se pragtige bruilof.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons liefdesverhaal is ʼn Tinder-sukses storie so ons het aanlyn ontmoet en net dadelik gekliek.  Ons het 3 jaar uitgegaan voordat hy die groot vraag gevra het.  JP het my op 4 November 2019 gevra om te trou – toevallig dieselfde dag wat die Springbokke die Wêreldbeker gewen het.  Ons het ʼn paartjie fotosessie gehad.  Ek het nog so ewe uitgestaar op die rivier (op die fotograaf se instruksie) en toe ek omdraai, staan JP op sy knieë met die ring in die hand.  Die ring was presies wat ek graag wou gehad het.  Alles het soos ʼn sprokie gevoel.

Die Verlowing Tydperk:


Ons was so 10 maande verloof voordat ons getrou het.  Ek sou sê ons troue was helfte self beplan en die ander helfte deur die trou beplanner.  Die trou beplanner het alles wat te doen het met die venue, gereël – al die blomme, dekor, platejoggie, kos en enige iets anders wat ons nog nodig gehad het.  Ek het die skryfbehoeftes laat ontwerp en het saam met my ma en sussie die dankie-sê geskenkies gedoen.

Finansiële Aspekte:


Ons het nie regtig ʼn vaste begroting gehad nie.  Ons wou eers vas stel hoeveel alles kos en dan volgens dit ʼn begroting opstel.  Beide van ons het toe min of meer op R150 000 begroot.  In totaal het so 65 gaste gehad.  Ons advies sal wees: doen eers baie mooi navorsing oor alles wat betrokke is by ʼn troue.  Ons het byvoorbeeld gesien dat party venues ekstra geld vra vir feetjie-liggies, waar ander venues dit nou weer insluit by die prys.  Dit kan nogal help dat jy geld spaar.  Maak nie saak hoe mens begroot nie, daar kom altyd ekstra kostes by wat mens nie aan dink nie.

Merkwaardigste Oomblikke:


Ulrica:

Vir my, was die merkwaardigste oomblik, die oomblik toe ek in die paadjie afstap en JP se gesig gesien het.  Ek sal dit vir altyd onthou.

JP:

Die oomblik toe ons die ringe vir mekaar gegee het (Ulrica het so dansie gedoen) en besef het dit is nou offisieel.

Vermaak:


Ons het regstreeks akoestiese musiek gehad by die seremonie deur Akoestiek.  Ek ken vir Rozanne en Werner al baie lank en dit was vir ons so spesiaal dat hulle op ons troudag kon sing.

Gunsteling Diensverskaffers:


Ons sal beslis die videograaf – Tydloos Films – aanbeveel vir ander paartjies.  Hulle het elke liewe oomblik so mooi vasgevang in die video’s en het regtig baie moeite gedoen.  Die video is die eerste ding wat ons vir ander mense wys oor ons troue.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Ons advies vir beide die bruid en bruidegom sal wees – neem elke liewe oomblik van julle troue in en geniet dit!  Die dag gaan so vinnig verby.  Moenie bekommer as iets verkeerd gaan nie, jou gaste gaan nie eers weet daarvan nie!

Venue & Dekor:


Ons het na ʼn paar venues gaan kyk, maar niks het regtig uitgestaan nie.  Ons het toe na The Rose Shed gaan kyk en het baie daarvan gehou.  Na dit, het ons na twee ander plekke gaan kyk, maar ek was net nie gelukkig met die ander nie en het dit heeltyd vergelyk met The Rose Shed.  Dit is toe dat ons besluit het dit is ons trou venue.  Ons het van die begin af baie welkom gevoel en Tony het ons so gerus gestel.  Vir die dekor, wou ons dit eenvoudig hou en nie te besige dekor gebruik nie, want die venue self was al klaar so mooi gewees.

Wittebrood:


Ons oorspronklike plan, was om die Garden Route te doen, maar ons vliegkaartjies was gekanselleer as gevolg van KOVID-19 en inperking.  JP het toe die mooiste huisie in Dullstroom bespreek waar ons een aand oornag het.  Daarna het ons by Ngama Tented Safari Lodge in Hoedspruit gebly.  Ons het ook een dag Kruger Wildtuin toe gery – dit is een van JP se gunsteling plekke waarnatoe hy graag wou gaan.

Eerste Dans:


Ons het op “Die vrou wat ek liefhet” van Jo Black gedans.  Ons het deur ʼn hele paar liedjies gegaan om te kies en het elke keer teruggekom na hierdie liedjie.  Nie een van ons het nie vir danslesse gegaan nie, ons het sommer ʼn paar keer in die kombuis die roetine geleer.

KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:


Ons kon gelukkig ons troue op die oorspronklike datum hou.  KOVID-19 en inperkings het net veroorsaak dat van die reëlings eers bietjie later getref kon word en van ons familie kon nie die troue bywoon nie, as gevolg van regulasies.

Mooi Troues Diensverskaffers:

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Diensverskaffers: