Vintage gestileerde fotosessie

Ons is baie opgewonde om vandag die Vintage geïnspireerde fotosessie met julle te kan deel.  Die studente van SA School of Weddings het die romanse baie mooi saam gebring in die dekor.  Gaan loer na die jong talent se werk onder en lees die advies wat hul gee aan paartjies wat nog gaan trou.

Vintage Wedding Styled shoot_0002 Vintage Wedding Styled shoot_0003

Inspirasie agter die fotosessie:


Met ʼn paar verskillende dekor idees is alles gekombineer en ʼn French Affair styl is geskep. Hierdie styl is ʼn kombinasie van pastel kleure, Franse dekor en baie blomme. Die fotosessie, genoem Timeless Love, het menige betekenisse. Dis ʼn styl wat al lank in die mode is en is hier om te bly. Enigiets vintage is tydloos. Die liefde self is tydloos, dis iets wat al miljoene jare bestaan en is iets wat altyd deel van die lewe sal wees. Hierdie fotosessie is alles wat ʼn huwelik moet wees: sag, romanties en tydloos, want die liefde bly verewig.

Vintage Wedding Styled shoot_0004 Vintage Wedding Styled shoot_0006

Advies aan paartjies wat trou:


  • Doen goeie navorsing op diensverskaffers. Vra die nodige vrae.
  • Probeer om altyd ʼn professionele trou beplanner/koördineerder te hê. Hulle help met baie meer as wat mense dink.
  • Hoe is die venue betrokke op die dag van die troue
  • Kies die regte venue vir die styl van die troue.
  • Kies die regte Seremoniemeester. Vermy ongemaklike oomblikke.
  • Kies die regte strooijonkers en strooimeisies, wees seker hulle dra julle belange op die hart.
  • Moenie alles self probeer doen nie.
  • Moenie alles los tot die laaste nie, wees goed voorberei.
  • Besoek ʼn huweliksberader, dis niks vreemd nie, hulle vra belangrike vrae waaraan paartjies nie dink voor die huwelik nie, wat baie konflik in die toekoms kan voorkom.

Vintage Wedding Styled shoot_0007 Vintage Wedding Styled shoot_0008 Vintage Wedding Styled shoot_0010 Vintage Wedding Styled shoot_0011

Hoekom het jul die venue gekies?


Dis ʼn nuwe venue wat nog nie baie bekend is nie en was net na die fotosessie bekend gemaak op Top Billing. Die baie stylvolle vintage elemente wat die venue besit het ons aandag getrek. Asook die tuine met die kleurvolle roos bome, aangesien meeste van die fotosessie buite geneem was, was die tuine ook een van die hoogte punte vir ons keuse.

Vintage Wedding Styled shoot_0012 Vintage Wedding Styled shoot_0013 Vintage Wedding Styled shoot_0014 Vintage Wedding Styled shoot_0015 Vintage Wedding Styled shoot_0016Vintage Wedding Styled shoot_0017 Vintage Wedding Styled shoot_0018 Vintage Wedding Styled shoot_0019

Vertel ons van die span van Diensverskaffers en hoe hul saam gekom het om die fotosessie te skep:


Van die student is reeds deel van die trou industrie en het al met baie van die diensverskaffers gewerk en het hulle werk baie goed geken. Ons was opsoek na net die beste wat gewillig was om saam te kom aan boord om ons visie ʼn werklikheid te maak. Deur visie borde en inspirasie van die internet, e-pos en WhatsApp korrespondensie, het elke diensverskaffer meer gebied as wat ons ooit verwag het.

Vintage Wedding Styled shoot_0020Vintage Wedding Styled shoot_0021 Vintage Wedding Styled shoot_0022 Vintage Wedding Styled shoot_0023 Vintage Wedding Styled shoot_0024 Vintage Wedding Styled shoot_0025Vintage Wedding Styled shoot_0026 Vintage Wedding Styled shoot_0027 Vintage Wedding Styled shoot_0028 Vintage Wedding Styled shoot_0029

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: