Dinge wat gaste nie by ‘n troue moet doen nie

Charl-en-Comine-se-troue_0017


Vandag deel ons ‘n baie interessante, maar ook ernstige advies artikel met jou.  ‘n Paar dinge wat gaste nie by ‘n troue moet doen nie.


Moet nie in meer gemaklike klere verander in die helfte van die troue nie.
Dit is glad nie iets wat jy moet doen nie.  As die bruidspaartjie dit doen is dit nog aanvaarbaar omdat dit hulle spesiale dag is.  Dit is nie jou troue nie, so moet nie gemaklik aantrek of jy by ‘n alledaagse kuier is nie.  Jy is ‘n gas, maak seker jy respekteer die bruidspaartjie se spesiale dag en bly mooi aangetrek vir die res van die aand.  As jy bang is jy voel ongemaklik, maak seker jy kies dan die regte klere wanneer jy aantrek.  Moet nie iets kies wat jy weet jy ongemaklik gaan invoel nie.

Moet nie te veel drink by ‘n troue nie.

Hierdie is nogal ‘n baie belangrike punt.  As dit ‘n oop kroeg rekening is, moet nie jouself pap dronk drink nie.  Dit lyk glad nie goed nie en wys jy het nie respek vir die bruidspaartjie nie.  Hulle betaal op die einde vir die drankies wat jy so lekker staan en geniet. Al is die nie ‘n oop kroeg rekening nie en jy betaal self is dit net goeie maniere om nie te dronk te raak op ‘n troue nie.  Dit is nie jou spesiale dag nie, maar die paartjie wat jou genooi het sin.  Nie almal is lus om met ‘n dronk persoon te sit op ‘n troue nie en dit kan irriterend raak vir ander gaste.


As jy nie ‘n toespraak moet doen nie, moet nie naby die mikrofoon kom nie.

Daar is altyd iemand by ‘n troue wat brand om iets te sê.  Die realiteit is, as die bruidspaartjie jou nie gevra het om ‘n toespraak te lewer by hul troue nie of nie ander die kans gee om ietsie te sê nie, hulle oorspronklik nie wou hê jy moet iets sê nie. Bly weg van die mikrofoon af. Ons almal brand partymaal om ons sent in die emmer te gooi, maar byt maar vas en geniet net die aand saam met almal wat makietie saam met die paartjie.


 

Moet nie net by die bruid se aantrek kamer instap asof jy die reg het nie.

Dit gebeur nogals baie op troues. As die bruid jou nie genooi het na die plek waar sy aantrek nie, moet nie gaan nie. Sys al jou laat weet as jy daar moet wees. Meeste bruidjies wil rustig klaar maak sonder om gepla te word deur haar gaste. Onthou die bruidspaartjie gaan die hele dag saam met hule gaste spandeer. Respekteer hulle alleen tyd voor hulle troue. Dit gee hulle tyd om mooi te lyk en net kalm te wees voor hulle jou verras met hulle mooi grimering, hare en mooi rok.


Charl-en-Comine-se-troue_0017


Moet nie die dekor, kos of enige iets anders kritiseer by die troue nie.

Almal het nie dieselfde smaak nie en daarom mag jou smaak dalk verskil van die bruidspaartjie sin.  Dit is baie onsmaaklik om jou opinie te lewer oor wat jy dink van die dekor as dit nie aan jou vereistes voldoen nie.  Bly eerder stil en hou dit vir jou self as jy nie iets goed te se het nie.  Dit kan dalk die bruidspaartjie persoonlike seer maak as jy jou opinie lewe in ‘n onpaslike manier.  Ons almal weet kos kan lekker wees en nie lekker wees nie, indien die kos nie is waarvan jy hou nie, moet nie onnodig ‘n opmerking maak nie.  Indien daar wel iets fout is met die kos, dan kan jy die kelner nader roep en op ‘n skaflike manier vir hom of haar sê dat daar iets met jou kos fout is en of hulle asseblief vir jou ‘n nuwe bord kan gee.


Moet nie die fotograaf die heeltyd pla met jou versoeke nie.

Fotograwe is besig om te werk op ‘n troue en bruidspaartjies betaal baie geld om ‘n fotograaf wat professioneel is te huur. Fotograwe het baie goed om op te fokus op ‘n troue. Hulle is daar om elke spesiale oomblik vas te vang en ook vas te vang wat die bruid en bruidegom graag wil hê. As jy die heeltyd die fotograaf pla met jou persoonlike foto versoeke gaan die fotograaf nie afgeneem kry wat die bruid en bruidegom versoek het nie, wat dan indirek die bruidspaartjie sal beïnvloed asook die fotograaf se dienslewering aan die bruidspaartjie.

Gewoonlik gedurende die onthaal sal die fotograaf vrye tyd hê om gaste af te neem.


 

 Moet nie die Platejoggie die heel aand lasting val met jou versoeke nie.

Platejoggies het gewoonlik ‘n lys van liedjies wat versoek is deur die bruid en bruidegom.  Gee die platejoggie sy spasie.  Hy/Sy is daar omdat die bruispaartjie van hulle musiek keuses en styl gehou het.  As jy die heeltyd die platejoggie pla trek dit hom/haar konsentrasie af van wat hy/sy besig is en sodoende verander jy ook die musiek dan na jou persoonlike liedjie keuse en dalk nie die keuse van die paartjie wat trou nie.

As die Seremonie Meester nie gesê het jy kan liedjies versoek nie of as die platejoggie nie gevra het vir liedjie versoeke nie, moet dan nie die platejoggie die heel aand pla met versoeke nie.

By baie troues sal die paartjies liedjie versoek kaartjies op die tafel sit, wat jy dan jou liedjie versoek kan opskryf en in ‘n boks gooi by die platejoggie.  Sodoende kan die platejoggie die kaartjies uit die boks haal en die versoeke speel.


Charl-en-Comine-se-troue_0018


Moet nie die heel aand met die bruidspaartjie staan en klets nie, gee ander ook die kans.

By elke troue is daar altyd daardie persoon wat dink hulle is die heel belangrikste gas by die paartjie se troue en dat hulle die heeltyd met die paartjie moet gesels sonder om ander gaste die kans te gee om met die paartjie te gesels.  Onthou die paartjie het ook al die ander gaste genooi omdat hulle, hul daar wou hê.  Gee die paartjie ook tyd om met ander gaste te kan gesels sonder om jaloers te raak en hulle te lank op te hou.


Baklei by ‘n troue!

Dit is nou een ding wat jy nie eens aan moet dink nie.  As jy nie van iemand hou by die troue nie is dit jou probleem en jy moet respekteer dat die paartjie julle albei genooi het omdat hulle van albei hou.  So hou jou emosies in tak en moet nie soek vir ‘n onnodige bakleiery nie.  Dit gee net ‘n negatiewe gevoel oor die troue.  Onthou jy is daar om jouself te geniet by die paartjie se troue.


Artikel Krediet:

Skrywer: Mooi Troues | Foto’s slegs vir illustrasie en maak glad nie deel uit van die artikel nie.