Coenie & Jennifer se baie mooi plaas troue

Mooi Troues lesers is erg versot op Plaas Troues.  So ons is baie bly dat ons vandag die voorreg het om Coenie en Jennifer se mooi plaas troue met ons lesers kan deel.  Boonop is dit nie net ʼn plaas troue nie, maar ook ʼn doen-dit-sel plaas troue.  Ekstra bonus.

Word geïnspireerd deur die pragtige paartjie se troue.

JenniferEnCoenie_0002JenniferEnCoenie_0003 JenniferEnCoenie_0004 JenniferEnCoenie_0005 JenniferEnCoenie_0006


Hoe het julle ontmoet?

Ons het iewers in ʼn bos buite Nelspruit tydens die 2008 Sasol Rally mekaar onmoet (alhoewel ons omtrent 5km van mekaar af in Pretoria gebly het)!  Ek (Jen) het “Promotional goods” verkoop en Coenie was op ʼn manne-naweek met vriende.  Ons het vlugtig aan die gesels geraak toe Coenie my koshuis baadjie herken het as een van Huis Onderstepoort by Tuks maar hy het weer vinnig in die skare verdwyn.
Ek was baie verlig toe die ou met die mooi groen oë weer kom gesels het tydens die laaste dag (en my nommer gekoop het by die ander personeel).


JenniferEnCoenie_0007 JenniferEnCoenie_0008 JenniferEnCoenie_0009


Hoe het julle verloof geraak?

Coenie het op daai stadium in Windhoek gewoon en het huis toe gekom vir ʼn troue.  Hy’t toe sommer gereël dat ons weg gaan Drakensberge toe om kwaliteit tyd saam deur te bring.  Daar het al sy “Vra-planne” skeef geloop…  Dit het heel naweek gereën so die perd-rit en piekniek was uit.  Sy planne moes verander na wegneem pizza voor die kaggel (met nat hout) waar ons aan die gesels geraak het.  Hy’t so stuk-stuk redes genoem waarom hy lief is vir my en toe uiteindelik die ring verskyn en gevra of ek met hom sal trou.


JenniferEnCoenie_0010 JenniferEnCoenie_0011 JenniferEnCoenie_0012 JenniferEnCoenie_0013 JenniferEnCoenie_0014


Hoe lank was julle saam voor julle getroud was?

Net-net kort van 7 jaar.


JenniferEnCoenie_0015 JenniferEnCoenie_0016JenniferEnCoenie_0017 JenniferEnCoenie_0018 JenniferEnCoenie_0019 JenniferEnCoenie_0020 JenniferEnCoenie_0021 JenniferEnCoenie_0022 JenniferEnCoenie_0023 JenniferEnCoenie_0024 JenniferEnCoenie_0025 JenniferEnCoenie_0026 JenniferEnCoenie_0027 JenniferEnCoenie_0028 JenniferEnCoenie_0029 JenniferEnCoenie_0030


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee:

Jen:

Deel werk/take uit sodat jy nie uitbrand nie.  Vriende en familie wil graag help en betrokke wees met die beplanning en reëlings.   Maak gebruik van hulle!  En op die dag – dit wat nie gedoen is nie gaan niemand mis nie (niemand gaan eers weet as iets nie perfek was soos wat jy beplan het nie) en wat maak dit in elk geval saak?  Mens moet mos die dag geniet!

Coenie:

Moenie ʼn klomp skuld maak om troue te hou nie, besluit vooraf wat is vir julle belangrik en spandeer liewers bietjie ekstra daarop.


JenniferEnCoenie_0031 JenniferEnCoenie_0032 JenniferEnCoenie_0033 JenniferEnCoenie_0034JenniferEnCoenie_0035 JenniferEnCoenie_0036 JenniferEnCoenie_0037 JenniferEnCoenie_0038 JenniferEnCoenie_0039 JenniferEnCoenie_0040 JenniferEnCoenie_0041 JenniferEnCoenie_0042

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

  • Venue:  Die Klipskuur
  • Fotograaf:  5 Talents Photography
  • Grimering en Hare: Carey-Lee Krige Hairstudio
  • Skryfbehoeftes:  Self ontwerp op www.canva.com;  gedruk deur Celsus Imago
  • Rok:  Self ontwerp en gemaak deur Jennifer
  • Dekor:  Self – familie en vriende is in gespan vir die werk!
  • Roomys Koek:  The Royal Danish Ice-cream