Theo & Michelle se oulike verlowing sessie

Ons is opgewonde om die oulike paartjie se verlowing foto sessie met jul vandag te deel.  Loer gerus na die foto’s en lees oor hul oulike liefdesverhaal.

Theo en Michelle_0003 Theo en Michelle_0002Theo en Michelle_0004 Theo en Michelle_0005


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ons het mekaar in April 2008 ontmoet.  Ek was op daardie stadium ‘n jong matriek meisie en Theo ‘n aantreklike eerstejaar student.  Liefde vind jou gewoonlik wanneer jy dit die minste verwag en vir my en Theo was dit defnitief die geval.  Ons was by dieselfde gym aangesluit en het mekaar gereeld daar gesien, maar nie een van ons het die moed gehad om met die ander te praat nie.  Vir ‘n paar weke is daar skaam glimlagte gedeel totdat Theo eendag die moed bymekaar geskraap het om met my te kom gesels.  Daardie dag het hy my hart gesteel!


Theo en Michelle_0006 Theo en Michelle_0007 Theo en Michelle_0008 Theo en Michelle_0009


Hoe het julle verloof geraak?

Ons was in Desember 2014 saam met Theo se familie in Vermont vir Ou-Kersaand.  Na die ete by sy familie, is ons terug na die huis waar ons vir die naweek gebly het.  Theo het my na die balkon gelei en met die skitterende liggies en die gedruis van die see in die agtergrond het hy vir my gesê hoe lief hy my het en dat hy die res van sy lewe saam met my wil spandeer.  Daarna het hy op sy knie gegaan en my gevra om sy vrou te word.  Ek het natuurlik dadelik ja gesê!


Theo en Michelle_0010 Theo en Michelle_0011 Theo en Michelle_0012 Theo en Michelle_0013 Theo en Michelle_0014


Wanneer beplan julle om te trou?

Ons trou 5 Desember 2015 in Tulbagh by die prentjie-mooie Mont-Rouge.  Die groen grasperke, weggesteek tussen lang bome, lyk soos ‘n toneel uit ‘n strokiesprent en is genoeg om enige meisie soos ‘n prinses te laat voel op haar spesiale dag!


Theo en Michelle_0015 Theo en Michelle_0016 Theo en Michelle_0017 Theo en Michelle_0018 Theo en Michelle_0019 Theo en Michelle_0020 Theo en Michelle_0022 Theo en Michelle_0023 Theo en Michelle_0024 Theo en Michelle_0001

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: