Markus & Liesel se Kersiebloeisel troue

Ons by Mooi Troues is absoluut verlief op dié troue van Markus en Liesel.  Gaan kyk vir jouself hoe besonders mooi is hul foto’s tussen die kersiebloeisels van Welgelegen Cherry Estate in die Vrystaat.  In die foto’s hieronder sien ons ook dat dié trou propvol geluk was en Liesel vertel dat sy en Markus die heel naweek saam hul geliefdes spandeer het, wat dit nóg meer spesiaal maak.  Hulle spog ook oor die fotograaf se kreatiwiteit. Al was dit bitter koud op die dag, het die foto’s asemrowend gelyk.  Ons hoop jul geniet die troue net so baie soos ons.

Wat was jul troudatum en hoe oud was jul albei op dié dag?


Ons kon nie vir ‘n beter dag vra om ons spesiale dag saam ons hartsmense te vier as op die dag van die 8ste September 2018 nie.  Dit was nie net die Saterdag wat ons sulke spesiale herinneringe gemaak het nie, maar die feesvieringe het al hoog begin loop saam familie en vriende vanaf die Vrydag, regdeur tot die 9de September!  Ons was so ryklik geseën om ‘n hele naweek ons toekoms saam as man en vrou te vier!

Hoe het julle mekaar ontmoet en hoe het julle verloof geraak?


Ek het Markus ontmoet op ‘n skole rugby dag.  Hy het vinnig homself voorgestel net voor die 1ste span op die veld moes draf.  Ek en my vriendin, Melanie, het na die gesels ‘n plekkie langs die rugbyveld gaan kry om die stryd tussen die twee skole te kyk.  Tot my verbasing het ‘n SMS toon deurgekom net toe ons gemaklik sit.  Toe begin alles.

Die verlowing was baie spesiaal.  Ek kon nie vir ‘n beter dag vra op die strand van Bazley Beach nie.  My man het die groot vraag op die strand gevra.

Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


Ek voel dat ‘n bruid se rok haar kan opsom met die eerste oogopslag.  My rok het presies my persoonlikheid opgesom.  Die kant is sag en vroulik, asook elegant.  My spontane kant is uitgelig met die oop rug.  Die rok het net perfek vir my gepas en dit wat ek is, uitgebring.

Vertel ons meer van jul ringe.


Ek is baie lief vir ‘n fyn pand en kon nie vir beter vra met die witgoud, solitêre verloof ring en die diamant pantjie wat my man vir my gekies het nie!

Sy ring som hom as mens baie mooi op.  Die ring het ‘n hout middel pand wat sy karakter as n sterk mens uitstraal en aan die kante is dit afgerond met “hertenbos” wat sy passie vir jag beklemtoon.  Om sy ring ‘n stukkie van my ook te gee het ek die bekende vers 1 Kor 13 met my vingerafdruk vir hom  binne in die ring laat graveer.

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.


Ons fotograaf, Sumarie de Klerk (Sumarie Photography) is rerig waar een uit ‘n miljoen!  Sy het so ‘n passie vir wat sy doen en sy vang al die mooi oomblikke waaraan ons as ‘n paartjie nooit aan sou dink nie.   Toe ons haar webtuiste lees het ons geweet sy is die een wat ons fotograaf sou wees.  Die manier hoe sy praat van die liefde en alles wat daarmee gepaard gaan is rerig so mooi.  Haar vriendelike persoonlikheid het elke sekonde van ons dag net soveel meer spesiaal gemaak!  Haar fotos is asemrowend!

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?


Die merkwaardigste deel van die dag was ons beloftes aan mekaar voor familie en vriende in die kerk.  Dit was ‘n emosionele oomblik vir ons altwee , maar die emosies was alles net die van geluk!

Die enigste verandering in ons dag sou moontlik net gewees het om so paar grade hoër in die temperatuur by die fotosessie te sit! Dit was bitterlik koud maar elke oomblik die moeite werd.

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Ons is baie lief vir die natuur.  Ons albei is van klein plattelandse dorpies af en ons wou graag weer terug keer na dit toe.  Dis waarom ons Welgelegen Cherry Estate , Fouriesburg, gekies het.  Dit is op ‘n plaas geleë wat die asemrowende uitsigte het.  Die plaas was ruim en het genoeg plek gehad vir ons gaste om dit daar te deel.

Ons dekor het ingepas by die tema van die platteland wat plein in kleure was maar nogsteeds elegant vertoon het met rose en hout dekor met kersies om dit af te rond.

wedding venues bloemfontein wedding venues bloemfontein wedding venues bloemfontein wedding venues bloemfontein wedding venues bloemfontein

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou? Hoeveel gaste het julle onthaal?


Ons wou nie meer as R180 000 spandeer nie.  Ons het op die einde effens dit oorskry maar nie oormatig nie.  Ek en Markus het seker gemaak dat ons ‘n volledige lys opstel van wat ons alles wou doen en so het ons elke aspek betaal om te verseker ons spandeer nie geld onnodig nie.  Daar was slegs 70 gaste op die plaas die naweek.  Ons wou dit baie intiem en persoonlik hou.

wedding venues bloemfontein wedding venues bloemfontein wedding venues bloemfontein wedding venues bloemfontein wedding venues bloemfontein wedding venues bloemfontein wedding venues bloemfontein wedding venues bloemfontein wedding venues bloemfontein

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Ons advies aan die trou paartjies daar buite wat ook hulle spesiale dag beplan is om elke sekonde van die beplanning te geniet, deel idees met mekaar en ondersteun mekaar met die reëlings.  Kommunikeer met jou ander helfte en redeneer idees uit, dit is julle altwee se spesiale dag, benut die kans om nog meer van mekaar te leer ken t.o.v voorkeure en afkere!  Dit maak die dag soveel meer spesiaal om te weet wat daar staan is iets waarvan julle altwee hou en dit straal julle as ‘n paartjie uit

Vertel ons meer van jul Wittebrood


Na die troue was ons vir n paar dae Ballito toe in KwaZulu-Natal.  Ons wou ‘n goeie tyd van die jaar kies om ons Wittebrood te geniet en daarom het ons dit gereël vir Desember 2018 na Phuket Thailand

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: