Fairlady Bridal 2015/16 – Modern & minimalistiese gestileerde fotosessie

Ons is baie opgewonde om hierdie modern en minimalistiese gestileerde fotosessie met jou te deel.  So ‘n paar maande terug het Fairlady ons genader om ‘n gestileerde fotosessie vir hulle te doen vir hulle Fairlady Bride 2015/16 tydskrif wat nou beskikbaar is in ‘n winkel naby jou.

Gaan koop nou die tydskrif en blaai na bladsy 86 en 87.

Fairlady BridalFairlady Bridal Fairlady Bridal Fairlady Bridal


Ons het vinnig ‘n oulike idee bymekaar gesit wat redelik verander het van die oorspronklike idee.

Die fotosessie het plaasgevind by Landtscap in Stellenbosch en Leipzig het die blomme gedoen. Günther Schubert het die pragtige foto’s geneem. Ons het gegaan met simplisties en minder op die tafel gevoel. Met minder blomme op die tafel laat dit die tafel groter voel met baie meer spasie.

Leipzig het die blomme uit die dak laat hang en die konkreet van die pragtige venue laat alles op die tafel asook die blomme uitstaan.


Fairlady Magazine soos gesien op Mooi Troues_0005 Fairlady Bridal Fairlady Bridal


Ons het absoluut net die nodige op die tafel geplaas. Die pragtige skryfbehoeftes wat Nooi kreatief ontwerp het het ook perfek ingepas en die tafel laat ophelder.


Fairlady Bridal Fairlady Bridal


Miss Muffet het vir ons die pragtige wit koek gemaak wat perfek inpas by ons tema.  Die koek is ook baie simplisties en blomme is gebruik om die koek in te laat pas by ons kleure en tema.


Fairlady Bridal Fairlady Bridal


Geniet die fotosessie en onthou om dit met almal te deel.


Fairlady Bridal Fairlady Bridal Fairlady Bridal

Diensverskaffers: