By Mooi Troues weet ons dat ons lesers baie van plaas hou, asook doen-dit-self troues. Die troue van Jacques en Lounelle het albei hierdie elemente in. Chantelle Landman het Lounelle se grimering en hare vir dié mooi dag gedoen.
Chantelle het grimering studeer by kollege en spesialiseer in spesiale grimeer effekte vir enige geleentheid. Sy het 5 jaar vir ‘n paar Televisie programme gewerk, onder andere Top Billing en Expresso Morning Show op SABC 3. Sy is ook vele kere in verskeie Tydskrifte gepubliseer, waarvan een Element tydskrif New York is. Chantelle was bevoorreg om die gesigte van die volgende bekendes te grimeer – van die akteurs van Days of our lives, Jeanni D, Liezel van der Westhuizen, Cindy Nel, Catriona Andrew en Brumilda van Rensburg en vele ander sang groepe.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ons ken mekaar eintlik al van die begin van Hoërskool af, maar ons het offisieel mekaar ontmoet in Wiskunde klas in Graad 9, toe Jacques vir my ‘n briefie gestuur het om te hoor of ek ‘n kêrel het. Ek het nee geskryf, en die briefie vir hom terug gestuur. Dis amper 15 jaar later en ons is nou amper 5 maande getroud.
Hoe het julle verloof geraak?
Ons was Cape Aghulas toe in November 2013 vir ‘n naweek weg. Dit was verskriklik onweer, en ons het keer op keer probeer die Saterdag by die mees Suidelikste punt van Afrika uit te kom, maar dit was of te reënerig, of die wind was te sterk. Toe dit net lyk of die weer bietjie bedaar het, toe skiet ons weer af. Jacques het sy GoPro teen ‘n klip gesit en vir my gesê dit gaan elke paar sekondes van ons ‘n foto neem terwyl ons by die monument staan.
Hy het toe na my toe gekom, diep asem gehaal en af gegaan op sy knie en vir my gevra of ek die res van my lewe saam met hom sal spandeer! Ek was in ekstase! Na al die opgewondenheid, sê hy toe vir my hy het eintlik skelm die GoPro op video gehad, en die hele verlowing afgeneem. Jacques se woorde aan my was: “Punt van my hart, punt van Afrika, sê JAAA!”
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Ons het vir twee jaar uitgegaan op Hoërskool, en het mekaar weer einde eerste jaar gevind. Van toe of was ons omtrent 9 jaar saam.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Maak seker jy het 99% van jou goedjies klaar voor die dag van die troue, en maak seker jy het ‘n plan van aksie neergeskryf van wat, waar, wanneer en deur wie gedoen moet word. Kry vir jou ‘n notaboekie, en maak lysies! en krap dood soos wat jy goed klaar gedoen het. “It’s the little victories!
Diensverskaffers:
- Hare en Grimering: Chantelle Landman
- Fotograaf: Jana Marnewick
- Trourok: Brides of Somerset
- Venue: Langverwaght, Kuilsrivier
- Skryfbehoeftes: Sean Bossenger
- Blomme: Bunches for Africa and Paradiso
- Spyseniering: Melliam Catering
- Platejoggie: Vox Libre