Chane & Danie se verlowing foto sessie met ‘n motorfiets

 

Chane en Danie, saam met hul vriende, is vreeslik oorspronklik in die maniere van hoe hul goed doen …

Lees oor hoe dié paartjie ontmoet het by ‘n tema partytjie tot hoe Danie vir Chane gevra het om te trou met hom.

Dié paartjie se verlowing foto sessie was niks minder nie en hul het die talentvolle Nadia Bezuidenhout van NB Photography gevra om hul liefde vir mekaar en ‘n motorfiets vas te vang op foto’s.

Chane & Danie se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0001Chane & Danie se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0002 Chane & Danie se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0003 Chane & Danie se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0004


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ek en Danie was saam in dieselfde Engelse klas in graad 10. ‘n Gemeenskaplike vriendin het ons toe uitgenooi na haar verjaarsdag viering wat ‘’n “murder mistery” tema gehad het. Geen van my direkte vriendinne is genooi nie, maar ek’t geweet dat Danie en sy vriend die enigste mense sou wees wat ek ken by die partytjie. By die partytjie het ons heelaand ogies vir mekaar gemaak maar het nooit bymekaar uitgekom nie. Dáái aand na die verjaarsdag verby was het ons alleen saam na die smulfees van Hoerskool Waterkloof gegaan en daar verlief geraak.


Chane & Danie se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0005 Chane & Danie se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0006 Chane & Danie se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0007


Hoe het julle verloof geraak?

Na 7 jaar se uitgaan het ek 2 vir weke op die Phelopepa trein gemeenskapdiens gelewer en gedurende die tyd het hy als reg gekry en beplan. Toe ek terug kom het ons gereel om mekaar te kry by sy huis die volgende oggend. Toe ek by sy huis instap toe kniel hy in ‘n roos en kersie hartjie en in skulpies het hy geskryf “MARRY ME?” . Ek het na die oorspronklike skok saam hom op my kniee neergeval en hom omhels met trane van blydskap.


Chane & Danie se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0008 Chane & Danie se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0009 Chane & Danie se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0010 Chane & Danie se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0011 Chane & Danie se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0012


Wanneer beplan julle om te trou?

Ons trou 21 November 2015


Chane & Danie se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0013 Chane & Danie se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0014 Chane & Danie se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0015 Chane & Danie se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0016 Chane & Danie se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0017 Chane & Danie se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0018

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

  • Fotografie: NB Photography
  • Hare en Grimering: Angelique Venter van Styling genius
  • Resiesbaan: ZwartkopsRraceway