Monique & Eldred se mooi vintage troue

Vandag se publikasie is die mooi vintage troue van Monique en Eldred.  Wat die troue so mooi maak is Monique se stylvolle rok en die tafel dekor.  Geniet die fotos en hul liefdes verhaal onder en ons hoop jul vind inspirasie hier uit.


Monique & Eldred_0001 Monique & Eldred_0002 Monique & Eldred_0003 Monique & Eldred_0004


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

My hoërskool vriendin het ons aan mekaar voorgestel, dit was net nadat ek in n bromponie ongeluk was en ons kon nie ontmoet nie omdat ek vir n skouer operasie moes gaan. Eldred het toe by my huis kom kuier en n boksie Whispers vir my gebring. Van daardie dag af kon ons nie genoeg van mekaar kry nie. Hy was toe n student by die universiteit van Stellenbosch en ons vakansie was amper verby. Net voor hy terug moes gaan, het my gevra as ek nie sy meisie wil wees nie. My antwoord was ja (natuurlik), ek was al klaar smoor verlief.


Monique & Eldred_0005 Monique & Eldred_0006 Monique & Eldred_0007


Hoe het julle verloof verloof geraak?

‘n Week voor die 1 Junie 2014 het my beste vriendin my gebel en gevra as ons nie ‘n paar fotos by die see saam hulle wil neem nie.

1 Junie was my ouers se huweliksherdenking en min het ek geweet dat dit die dag sal wees waarop ons verloof word.

Ons het by die see aangekom en moes eers ‘n bietjie stap om by hulle (My vriendin en haar kêrel) te kom. Ek het ‘n fotograaf gesien en toe ek die eerste glas Coke bottel sien, toe besef ek, hier gaan iets aan. Daar was so 20 Coke bottels met “scrolls” in. Hy het op elke “scroll” ‘n boodskap geskryf oor hoekom hy lief is vir my en natuurlik ‘n paar grappies tussen in. Toe ek die laaste “scroll” lees het dit gesê “draai om”, en toe daar was hy, op sy knie en hy het my gevra om met hom te trou.


Monique & Eldred_0008 Monique & Eldred_0009 Monique & Eldred_0010 Monique & Eldred_0011 Monique & Eldred_0012


Hoe lank was julle saam voor julle getrou het?

Ons was 7 jaar, 7 maande en 21 dae saam voor ons getrou het. Omdat hy by die Universiteit van  Stellenbosch geswot het en ek by NMMU, het ons lang afstand gedoen, dit was moeilik maar dit het ons baie van mekaar geleer en dit het ons gebring na waar ons vandag is.


Monique & Eldred_0013 Monique & Eldred_0014 Monique & Eldred_0015 Monique & Eldred_0016 Monique & Eldred_0017 Monique & Eldred_0018 Monique & Eldred_0019 Monique & Eldred_0020 Monique & Eldred_0021


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

All good things are worth waiting for.”

 Geniet elke oomblik van mekaar, vat tyd om mekaar goed te leer ken, geniet al die klein goed in die lewe saam, werk hard saam en werk deur die moeilike tye saam.

Vir bruide wie binnekort trou: Jou trou dag gaan so gou verby, maak seker jy spandeer meeste van jou geld op die goed wat jou ‘n leeftyd sal hou, dit is jou fotograaf en videograaf.


Monique & Eldred_0022 Monique & Eldred_0023 Monique & Eldred_0024


Het jy n videograaf gehad?

Ons het n fantastiese videograaf gehad. Kirsty van Pelicula Productions.


Monique & Eldred_0026 Monique & Eldred_0027 Monique & Eldred_0028 Monique & Eldred_0029 Monique & Eldred_0030 Monique & Eldred_0031


Diensverskaffers: