Ivan & Elani se Verlowing

Ivan en Elani was mekaar se eerste liefdes.  Hulle gaan op 26 Maart 2016 die knoop deur haak.  Lees hoe Ivan vir Elani onverwags gevra het om die res van haar lewe saam hom te spandeer.Ivan & Elani Ivan & Elani

Hoe het julle die eerste keer ontmoet?


Ons het mekaar ontmoet in graad 9.  Op my 16de verjaarsdag het ek dolverlief geraak op die outjie wat so mooi kitaar gespeel het.  Ons was vir twee jaar lank vriende voor Ivan my op 4 April 2008 (Graad 11) uitgevra het.  Ons was skool-liefdes, eerste liefdes, en binnekort belowe ons om ook laaste liefdes te wees.

Ivan & Elani Ivan & Elani Ivan & Elani Ivan & Elani Ivan & Elani

Hoe het julle verloof geraak?


Ons was Langebaan toe om my ma se verjaarsdag daar te geniet saam met die mense wie ons die liefste het.  Ek sukkel maar om verrassings ‘n geheim te hou en daarom het almal die laaste geskenk vir my ma, ‘n geheim van my ook gehou (dit was nooit ‘n geskenk aan my ma nie).  My sussie se man het vir my en my ma, op 9 Augustus 2014, by die huis kom oplaai en na Mykonos geneem.  Almal het op die mooiste seiljag vir ons gewag het, kompleet met eet goedjies en sjampanje.  Na ‘n rukkie op die water was die anker gegooi en voordat ek kon sien, was ons die enigste twee op die voorpunt van die boot en Ivan op sy knie!

Ek dink nie ek het ooit eers “ja” gesê nie, net my kop geskud en gehuil.  My familie het ons oorval met liefde en gelukwense en my oupa het vir ons ‘n gebed gedoen.  Anelda (die fotograaf) het heeltyd onder in die kajuit weggekruip en geweet wanneer die oomblik gaan kom om alles af te neem. Daarna het ons ‘n fotosessie op die strand gehad.

Ivan & Elani Ivan & Elani Ivan & Elani Ivan & Elani

Wanneer beplan julle om te trou?


Die datum is vas vir die 26ste Maart 2016 by Kleinevalleij in Wellington.

Ivan & Elani Ivan & Elani Ivan & Elani Ivan & Elani Ivan & Elani Ivan & Elani Ivan & Elani Ivan & Elani Ivan & Elani Ivan & Elani Ivan & Elani Ivan & Elani Ivan & Elani

 

Diensverskaffers:


 Fotograaf: Anel Nortier photography | Huur van seiljag: Impi Charters Langebaan