Wimpie & Anri se neutrale troue

Hier by Mooi Troues sien ons nou al ‘n geruime tyd dat paartjies terugkeer na die basiese beginsels van rou, neutrale elemente vir hul troue.  Daar is paartjies wat dit regtig baie goed regkry om dié elemente baie stylvol en tog elegant kan laat lyk.

Wimpie en Anri vertel dat die hitte en sonlig die tyd beïnvloed het wanneer hul met die fotosessie kon begin.  Ons by Mooi Troues kan nie genoeg klem hier op lê dat paartjies asseblief met hul gekose trou fotograaf die tydlyn van hul dag moet bespreek.  Behalwe vir die fotograaf se fotografie styl, huur paartjies hul gekose fotograaf om hul ook te help met skedulering van tyd om die perfekte foto’s was te vang.  Lees asseblief hier meer wenke hoe om jou troufotograaf te kies.

Ons lesers kan nou afrol en elke foto deur kyk vir pragtige trou inspirasie.

Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography

Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?


14 Desember 2018. Wimpie 25, Anri 22 (het 23 geraak 9 dae na ons troue)

Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography

Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?


Ons het ontmoet op ʼn uitreik aan die einde van my matriekjaar en Wimpie aan die einde van sy derde jaar op universiteit.  Ons verhouding het onmiddellik vlam gevat.

Na Wimpie paar jaar van te vore wedergebore geraak het, het hy besluit om 4 jaar uit te sit om voluit vir die dinge van God te hardloop en aan die einde van sy derde jaar homself oop te maak vir ʼn verhouding.   Min wetend was ek die donkerkop wat hy begin persue het aan die einde van sy derde jaar.  Ons het later uitgevind ons behoort aan dieselfde kerk, maar verskillende gemeentes.

11 Februarie 2015, op ʼn piekniek-kombers voor my koshuis op Stellenbosch, was sy woorde, “Ek commit tot jou met die intensie om met jou te trou”, die koeël was behoorlik deur die kerk.  Ek was uit die veld geslaan, maar het soveel vrede in my hart gehad oor ek weet hy wil dinge “reg” doen en God bo alles persue in ons verhouding.

Ek was vir die eerste maand van ons verhouding bietjie deurmekaar om die minste te sê.  Hy het commit om te trou maar my nooit uitgevra nie, hierdie is uitgeklaar toe hy 11 Maart met ʼn blom en ‘n foto met die vers “John 15 v 9” op, my verras voor die koshuis, net om te besef ons is wel ʼn maand saam.  Die vers op die foto, “As the Father has loved me, so I have loved you, now remain in my love”, was sy belofte om nooit om my op te gee nie, want Jesus gee nooit op hom op nie.

Vandag, bietjie meer as drie jaar later, sonder dat een van ons deurmekaar is,  staan ons op trou.  Wimpie het my gevra om te trou op my 21ste verjaarsdag partytjie in samewerking met my kamermaat, suster en Miinella Jewelery Design. Dié klomp het seker gemaak ek kry geen snuf in die neus nie.

Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography

Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


Ek was aanvanklik doodseker oor die tipe rok wat ek wou hê, noupassend, kant en ʼn V nek en rug.  Wel, toe gaan doen ek rok aanpassings.  My strooimeisies het die laaste rok vir my gekies, want soos ʼn regte prinses rok gelyk het baie “tulle” en “pof”.  Hierdie was glad nie my smaak nie.  Maar na die aanpassing was my kop heeltemal deurmekaar.  Ek was mal oor die “groot rok”.  Ek en my rok maker Tannie Meisie Du Preez het koppe bymekaar gesit en so is my rok gebore.  ʼn Prinses rok met die tulle gedeelte wat ek kon afhaal by die onthaal.

Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography

Vertel ons meer van jul ringe


Wimpie het baie diep in my ouers se hart gekruip, en hulle was baie tevrede met my keuse in ʼn man.  As kind het ek altyd in die kerk sit en speel met die spesifieke ring aan my ma se vinger.  Hy het een groot Emerald snit diamant in die middel gehad met twee kleintjies weerskante.  Ek het altyd gesê as ek eendag trou wil ek ook so diamant hê. Hierdie spesifieke ring was ʼn erfstuk van my ouma, sy het hierdie drie diamante uit ʼn “klip” laat sny (as legend tells) en dit in ʼn geelgoud ring laat set.  Ek is die enigste kleindogter en ook die laatlammetjie in ons familie.

My ma het my twee jaar terug op ʼn koffie afspraak geneem en sy wou iets met my deel.  Sy en my pa het besluit om die middel Emerald snit diamant uit die ring te haal en te bêre vir die dag wat Wimpie kom ouers vra.  My ma se woorde was : “ Ouma sou so trots wees om daardie diamant aan jou vinger te sien”. Hierdie was glad nie iets wat ons verwag het nie, maar dit was so ʼn ongelooflike sening.  Ek wou nog altyd ʼn eenvoudige ring gehad het.  So het ek besluit om die klem op die pragtige diamant te lê deur geen ekstra diamantjies op die pant te sit nie.

Ek het aan Wimpie gesê dat ek sal hou van bietjie detail onder die diamant en vandaar het my ring so paar “krulletjies en draadjies” gekry met 2 klein diamante waar die kloutjies bymekaar kom.  Die ring is perfek en dit kon nie meer na my smaak gemaak word as wat dit tans is nie.  My pa gryp so elke nou en dan my hand, bekyk my ring, en sê weer: “Ouma sou so trots wees”

Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?


Vir ons was dit ongelooflik spesiaal dat +- 100 mense opgedaag het om die dag met ons te deel.  Die feit dat die Here opgedaag het en ons hom kon verheerlik in elke aspek van die dag was seker die merkwaardigste.  Die enigste ding wat ek sou wou verander is die tyd wat ons troue begin het.  Ons het eers 16h30 begin weens die hitte en sonlig vir foto’s.  Hierdie het egter ons troudag heelwat verkort.  Maar tog se elke bruidspaar die dag vlieg verby ongeag die tyd.

Ons gaste was gek oor die teken-kunstenaar wat ons daar gehad het.  Dit was die tydverdryf terwyl ons vir foto’s gegaan het.

Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography neutral weddings Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf


Ek was al verlief op Danelle Stofberg Photography se styl nog voor ons haar geboek het vir ons troue.  Ons wou graag “ligter crisp” foto’s hê.  En dit is presies wat ons gekry het.  Danelle het werklik uit haar pad gegaan met ons troue en ons ʼn week voor die troue ontmoet vir koffie waar ons lekker kon gesels en die komende dag bespreek.  Ons videograaf, Jacques Louw Productions, was fantasties.  Hy het werklik ons hele dag vasgevang in en nie net dele nie. Om weer na die video te kyk weerspieël ons troudag in al sy aspekte.  Ons is baie tevrede met albei van hulle veral dat alle foto’s en video so mooi vasgevang is na die wind ons byna weg gewaai het.  Ons sal hulle vir enige bruidspaar aanbeveel.

Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Bruidjies, probeer soveel as moontlik van die dag inneem. Vat ‘n oomblik tydens die onthaal en kyk net bietjie wat om jou aangaan, moenie staat maak op’ n video na die tyd om jou te herinner aan die mooi dag nie.  Wees rustig wanneer julle eet, en maak tyd vir nagereg.  Ons was so besig om met mense te gesels dat ons ons heerlike buffet nagereg gemis het.  Niemand gaan weet wanneer iets verkeerd gaan nie, net jy gaan.  Laastens, jou troue moet julle as ‘n paartjie weerspieël.  Kyk vir elemente wat julle kan inbring wat julle afdruk op jul troue maak.  Die troue gaan oor julle wat een word so fokus op jou man eerder as net praktiese dingetjies.  Trou-beplanning moet julle nie uit mekaar dryf nie.

Bruidegom, ondersteun jou bruid in die tydperk terwyl julle troue beplan.  Gewoonlik vat hulle meer stres met trou beplanning.  Vat verantwoordelikheid van die wittebrood beplanning sodat sy nie nog iets het om oor te stres nie.  Oorweeg om die wittebrood bestemming ‘n geheim te hou, net soos sy die trourok ‘n geheim hou. Tydens die troue, probeer elke oomblik in neem, en fokus op mekaar op die dag.  Die dag gaan immers oor julle liefde vir mekaar.

Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography

Vertel ons meer van jul Wittebrood


Wimpie het amper ʼn jaar beplan aan ons Wittebrood.  Hierdie was ʼn staatsgeheim en groot verrassing.  Hy het vir niemand vertel nie.  Nie eers sy ouers of beste vriend het geweet waarheen ons gaan nie.  Ons was die eerste aand in Tulbagh daarna het ons ʼn spa-dag gedoen in Kaapstad en daar in ʼn hotel geslaap.

Hy het my toe verder verras met ʼn eiland vakansie in Thailand.  Dit was absoluut ongelooflik en ek sal dit vir enige paartjie aanbeveel.  Jy leef in jou swembroek en eet konstant vars vrugte en kokosneut drankies.  Dit was ʼn ongelooflike ontspannende atmosfeer om mekaar nog beter te leer ken en die pragtige land te verken.

Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography width= Danelle Stofberg Photography

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Nes ons foto’s wou ons iets “vars en wit” hê.  Groenrivier Function Centre het presies in daardie boksie en ons begroting geval.  Ons idee was om so neutraal, maar elegant as moontlik te gaan.  Rou tafels, glas onderborde, en slegs wit en groen blommerangskikkings

Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou? Hoeveel gaste het julle onthaal?


Ons het ongeveer 95 gaste onthaal.

Ons het R120 000 begroot vir ons troudag maar het onder die begroting reggekom en so paar rand oorgehou.  Dit het wel baie kwotasies aanvra en tyd geneem om die beste pryse te kry vir alles en ook baie dingetjies self te doen.  My niggie het al die ontwerpe van ons “onthou-die-datum”, spyskaarte, programmetjies vir die seremonie ens. gemaak, hierdie het ons baie kostes bespaar.

Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Danelle Stofberg Photography

Vertel ons meer oor die inspirasie vir julle troukoek


ʼn Vriendin, Helen Jacobs, het aangebied om ons troukoek te maak as trou-geskenk.  Ons is so dankbaar vir die heerlike wortelkoek.  Ons wou graag ‘n eenvoudige wit koek hê met klein blommetjies op vir versiering.

Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography Danelle Stofberg Photography

Vertel ons meer oor jul eerste dans


Albei van ons is absoluut gek oor dans.  Ons het van die begin af besluit ons gaan dit spontaan doen aangesien ʼn uitgewerkte roetine net nog stres veroorsaak.  Ons wou ook ʼn vrolike liedjie, met mooi woorde, hê of die atmosfeer te skep aangesien dit eintlik ʼn feesviering is en nie ʼn somber geleentheid nie.  Joshua na die Reën se “Vyftig” was die lied wat ons vir ons eerste dans gekies het.

neutral weddings Danelle Stofberg Photography

Klik hier vir diensverskaffers