Heike & Pieter se verlowing

Die verloofde paartjie wie se foto’s ons vandag met julle deel is Pieter en Heike. Hulle droom troue sal in die plattelandse plaasdorpie, Villiers, in die Vrystaat gehou word.

Die paartjie het verloof geraak een aand by Emperors Palace Hotel en albei van hulle se families was daar om dit te beleef. Pieter het met gloeilampies laat skryf, “Sal jy met my trou?” en op sy knie gegaan en vir Heike die groot vraag gevra. Verlowings is van ons gunsteling dele van die huwelik en is die begin van soveel wonderlike dinge.

Nola Photography het die paartjie se pragtige verlowingsfoto’s geneem.

Pieter & Heike as seen on www.mooitroues.co.za_0001Pieter & Heike as seen on www.mooitroues.co.za_0002 Pieter & Heike as seen on www.mooitroues.co.za_0003

Wat is julle droom troue?


Ons droom troue is op ʼn plattelandse plaasdorpie, Villiers, in die Vrystaat. Onder ʼn groot denneboom waar almal saam met ons die oorwinningslied sing. In ʼn markiestent waar ons ʼn meditereense gevoel met die kos wil skep. Ons is altwee familie mense, en die troue sal ʼn familie troue wees saam ons spesiale vriende. Die dag gaan klasiek, stylvol en baie vrolik wees, met twee bruidsmeisies, twee strooijonkers, nege blommemeisies en twee hofknapies. Ons gaan ʼn behoorlike bruilofsfees hou tot vroeg die volgende oggend

Pieter & Heike as seen on www.mooitroues.co.za_0004 Pieter & Heike as seen on www.mooitroues.co.za_0005 Pieter & Heike as seen on www.mooitroues.co.za_0006 Pieter & Heike as seen on www.mooitroues.co.za_0007 Pieter & Heike as seen on www.mooitroues.co.za_0008 Pieter & Heike as seen on www.mooitroues.co.za_0009

Hoe het julle ontmoet?


Dit was ʼn warm somersdag in Jeffreysbaai 2007. Ek was nog op skool en Pieter ʼn student. ʼn Vriendin wat ons altwee ken het vir Pieter gesê om my te kom groet. Haar woorde aan hom was: “Jy het die saadjie geplant gee hom nou water.” Sewe jaar later weer in Jeffreysbaai 2013 het alles begin. Hy het vir eens en altyd my voete onder my uit geslaan en ek was van die begin af verlief.

Pieter & Heike as seen on www.mooitroues.co.za_0010 Pieter & Heike as seen on www.mooitroues.co.za_0011 Pieter & Heike as seen on www.mooitroues.co.za_0012 Pieter & Heike as seen on www.mooitroues.co.za_0013 Pieter & Heike as seen on www.mooitroues.co.za_0014 Pieter & Heike as seen on www.mooitroues.co.za_0015 Pieter & Heike as seen on www.mooitroues.co.za_0016 Pieter & Heike as seen on www.mooitroues.co.za_0017

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

  • Fotograaf: Nola Photography
  • Blomme en dekor: Lucretia Schabort
  • Venue: Niki’s Stone house
  • Ontwerper: CLARIS