Cobus & Leani se moderne styl troue

Ons by Mooi Troues is mal oor die moderne styl troue van Cobus en Leani.  Alles is vir ons prentjie mooi, van die dekor elemente tot die paartjie se uitrusting.  Cobus het ʼn elegante pak gedra van Eurosuit.  Die pak se snit is perfek!  Dit sit nie net mooi nie, maar die pak pas ook perfek by Leani se pragtige trourok.  ʼn Swart-troupak sal altyd in die mode wees en het en sal ook altyd ʼn baie klassieke gevoel hê.

Hul het ook weggebreek van die normale tradisies van ʼn troue en hulle eie manier van dinge gevolg.  Die dekor elemente van die troue is modern, maar nogsteeds baie elegant.  Ons is mal oor die blom ontwerpe wat uit die dak hang bo die spierwit tafels.  Die deurskynende stoele werk perfek met die glaskas venue.  Al die verskillende dekor elemente pas hand aan hand met mekaar.  Al die blomme is skakerings van wit en groen.  Die gebruik van goud en swart elemente soos die moderne skryfbehoeftes gee ʼn tikseltjie kleur element tot die troue.

ʼn Swart troukoek sal jou laat gaap na jou asem.  Die troukoek het drie verskillende hoogte lae met klein goue blom illustrasies.  As jy opsoek is na ʼn troue wat stylvol, modern en ʼn klassieke gevoel het dan sal jy vandag se troue baie geniet.  Van die paartjie se oulike manier hoe hulle verloof geraak het tot hul wittebrood in Mauritius.

modern style wedding modern style wedding modern style wedding

Paartjie se liefdesreis


Ons het ontmoet by die werk, ek het Leani verras met n nuwe kar, het gereël vir musiek (Perfect duet with Beyonce), champagne, blomme en ballonne en toe vra ek die groot vraag of sy met my sal trou.  Natuurlik het sy ja gesê.

modern style wedding modern style wedding modern style wedding modern style wedding modern style wedding modern style wedding modern style wedding modern style wedding modern style wedding modern style wedding

Die verlowing tydperk


18 maande en ons het die troue self beplan.

modern style wedding modern style wedding modern style wedding modern style wedding modern style wedding modern style wedding

Finansiële aspekte


Ons het beplan om so tussen R 200 000 en R 250 000 te spandeer, maar soos julle weet hou ʼn mens nooit by n begroting nie, ons het op die ou einde so +/- R 450 000 spandeer.  By ons troue het ons 144 gaste gehad.  Ons het net oë toe geknyp en gesê ons wil dit hê en ons sal ʼn plan maak en ons het.

modern style wedding modern style wedding modern style wedding modern style wedding modern style wedding modern style wedding modern style wedding modern style wedding modern style wedding modern style wedding modern style wedding modern style wedding modern style wedding modern style wedding modern style wedding modern style wedding modern style wedding modern style wedding modern style wedding

Merkwaardigste oomblikke


Toe Leani af gestap kom na my toe en natuurlik toe ons man en vrou geword het.

modern style wedding modern style wedding modern style weddingmodern style wedding

Paartjie se styl


Ons het gegaan vir ʼn moderne styl.

modern style wedding modern style weddingmodern style wedding modern style wedding

Die besluitnemingsproses


Die bruid, Leani, was maar meer in beheer van besluite, al hoe wel ons altwee dinge bespreek het.  Vriende en familie was betrokke maar nie almal nie.  Die belangrikste was dat almal op die dag van die troue betrokke was en meer as hulle deel gedoen het!

modern style wedding modern style wedding

Vermaak


Ons het ʼn saxofoon speler gehad, Rike, vir by die kansel en die kanapees, die kanapees het ons n paar goed gehad vir die gaste, sushi stasie, biltong & kaas stasie, floating canapes, gin bar en champagne bar.

modern style wedding modern style wedding modern style weddingmodern style wedding

Venue & dekor


Ek dink party dae het die venue ons gekies, want toe ons die eerste keer die venue gesien het was dit nog ʼn “work in progress” niks was omtrent kla nie.  John en Zavion het vir ons ʼn baie mooi prentjie geteken en ons kon toe nie nee sê nie, op die ou einde van die dag toe het die venue beter gelyk as wat hulle ons beskryf het.

modern style wedding modern style weddingmodern style wedding modern style wedding modern style wedding modern style wedding modern style wedding

Spesiale tradisies


Nee ons het nie, juis oor ons ʼn ‘mixed race’ paartjie is het ons, ons eie ding gedoen.

modern style wedding modern style wedding modern style wedding modern style wedding

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke


Ons sou op ʼn Saterdag wou getrou het net om meer tyd saam die gaste te kon gehad het en dan die Sondag saam familie spandeer het voor ons op ons wittebrood gegaan het.

modern style wedding modern style wedding modern style wedding

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme


Manne sê net ja hou jou toekomstige bruid gelukkig.

modern style wedding modern style wedding modern style wedding

Eerste dans


Natuurlik, ons het Perfect van Ed en Beyonce gekies.  Dit was ook die liedjie wat ons op verloof geraak het en dit het baie sentimenteel gehad vir ons.  Ons het vir danslesse gegaan.

modern style wedding modern style wedding modern style wedding modern style wedding

Wittebrood


Ons was Mauritius toe ʼn plek waar Leani graag wou na toe gegaan het – ek het die plek gekies omdat ek van tropies hou dit lyk so romanties.  Ons het gesoek vir avontuur en wou gegaan het aan ʼn gedeelte van die eiland waar hy nog nie was nie sal dit beslis weer wil doen.

modern style wedding modern style wedding modern style wedding modern style wedding

Mooi Troues Diensverskaffers:

Klik hier vir meer diensverskaffers