Ons kyk vandag na dít wat huidig bruidegom modes. Ons weet teen die tyd dat swart en wit baie gewild is, maar daar is baie meer opsies om van te kies. Dit hang natuurlik af van waar jy trou, gedurende watter seisoen jy trou en die tema van jou troue. Gaan dit meer formeel of informeel wees?
Moi Styling het saam met Nina Brown en Lisa Brown ‘n baie deftige gestileerde fotosessie bymekaar gesit wat Samantha du Toit afgeneem het by Cascade Manor en Calvin Peterson het model gespeel vir dié fotosessie.
Die bruidegom modes inspirasie agter die fotosessies is water en hoe dit jou laat voel.
Styl een:
Die inspirasie vir hierdie kleure is ys. Calvin dra n blou snyerspak met ‘n ligte blou das en bypassende sakdoek. Die angelier is hand gemaak deur Moi Styling en bestaan uit glas mosaïek wat soos ys lyk. Dit komplimenteer die das se kleur.
Styl twee:
Clavin dra dieselfde pak met ‘n blou tartan hemp, ‘n donkerblou strikdas en ‘n moderne sakdoek. Dít weerspieël water in sy vloeiende vorm: borrelend en speels.
Diensverskaffers:
- Venue: Cascade Manor
- Stilering : Moi Styling
- Konsep : Nina Brown & Lisa Brown
- Fotografie: Samantha du Toit
- Model: Calvin Petersen
- Bank: Goeters