Shaé Benn & Lize se verlowing

Shaé Benn & Lize se verlowing fotosessie is daar iets wat ons inspireer om die paartjie se verlowing fotosessie met ons lesers te deel.  Hulle begin hul fotosessie in ʼn boekwinkel wat meer ʼn intellektuele kontras bied tot die helder vrolike fotos met rooi ballonne en gekleurde sambreel in ʼn woud.


Vertel ons hoe het julle ontmoet?

Ons het ontmoet deur ʼn gemeenskaplike vriend van ons.  Ons het beste vriende geword en nadat ons Lize se gunsteling fliek (Beauty and the Beast) gekoop het, het Shaé gedink dis die beste tyd om te sê hoe hy voel en toe besef Lize dat sy dieselfde oor hom voel!  Ons hou van dieselfde stokperdjies en die feit dat hy so baie van katte en Disney hou het verder my hart gesteel! Dit en dat hy is net ʼn wonderlike mens teenoor ander mense en diere is.



Hoe het jul verloof geword?

Ons het piekniek gehou by Four Passes by Outeniqua berge en Shaé het alles so goed weggesteek dat dit ʼn wonderlike verassing vir Lize was.  Hy het gevra en natuurlik het ek ja gesê.  Alles was perfek.



Vertel ons die inspirasie van die verlowing fotosessie?

Ons is albei baie lief vir boeke en lees en ook die groen natuur.  Ons het begin by ons gunsteling boekwinkel en daarna woud toe gegaan.  Ons trou kleure is rooi, swart en wit (Mickey Mouse kleure).  Dit was ʼn wonderlike ervaring en ons het heeltyd in die reën fotos geneem, net soos ons begin klaar maak toe kry ons die mooiste son ondergang in ʼn lang tyd!



Vertel ons wat is jul droom troue?

Ons wou ʼn rustige kuier atmosfeer gehad het waar almal kan gemaklik wees het.  Groen woud is ʼn moet en as daar diere is nog beter!  Dit is ʼn geleentheid in mens se lewe wat jy moet deel met die belangrikste mense in jou lewe!

 


Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: