Jacques & Noeline se sprokiestroue

Ons deel vandag Jacques en Noeline se besonderse mooi troue met jou. As jy meer ʼn meer moderne styl verkies, sal jy dié paartjie se tema baie waardeer.

Hannes, van KRAAK, het seker gemaak dat die dekor en stilering van die paartjie se troue perfek lyk en dat daar aandag aan die kleinste detail gegee word.  Bottomless Coffee het die gaste vermaak met hulle musikale talent en Vars liefde, een van ons gunsteling bloemiste, het die blomme en ruiker gedoen.

Die paartjie se hoof tema kleur was wit, met hier-en-daar ʼn ander kleur wat gebruik is soos hulle oulike rooi trou motor en die mooi oor grote goue ballonne, wat baie skaars is om in Suid-Afrika te vind.

Van die rowwe houttafels tot die takke wat uit die onthaalsaal se dak gehang het, het ʼn baie eko-vriendelike gevoel geskep. Die wit kleurpalet het dat die gaste en bruidspaar se persoonlikhede laat uitstaan.

131123 Jacques_Noeline 131123 Jacques_Noeline 131123 Jacques_Noeline 131123 Jacques_Noeline 131123 Jacques_Noeline 131123 Jacques_Noeline 131123 Jacques_Noeline 131123 Jacques_Noeline 131123 Jacques_Noeline

Hoe het julle verloof geraak?


Ons was met ʼn ski-vakansie in die Franse Alpe.  Na ʼn opwindende ski ekspedisie het ons gaan stap en met ʼn mus op my kop, ʼn agtergrond van vallende wit sneeu vlokkies en liggies het my beste vriend my gevra om te trou.

131123 Jacques_Noeline 131123 Jacques_Noeline 131123 Jacques_Noeline 131123 Jacques_Noeline 131123 Jacques_Noeline 131123 Jacques_Noeline 131123 Jacques_Noeline 131123 Jacques_Noeline 131123 Jacques_Noeline

Wat het julle troudag so spesiaal gemaak vir julle?


Ons het die naweek getrou net na die groot storm wat Somerset Wes laas jaar getref het. Dit was ʼn spesiale oomblik toe die sonnetjie sy kop uitsteek en ons voor al die mense wat ons lief het ons liefde, wat ons toe al vir 6 jaar vir mekaar gehad het, kon bevestig.  Dit was ʼn viering van familie, vriende, samesyn en liefde.

131123 Jacques_Noeline 131123 Jacques_Noeline 131123 Jacques_Noeline 131123 Jacques_Noeline 131123 Jacques_Noeline 131123 Jacques_Noeline 131123 Jacques_Noeline

Watter raad kan jy gee aan paartjies wat gaan trou?


Dit was vir ons baie belangrik dat ons troudag ons persoonlikhede weerspieël. Ons het dit gedoen deur fyn detail wat persoonlik en eie is toe te pas. Maak dit jul eie! En dan natuurlik, dit wat alle pasgetroudes vir jou sal sê, die dag is in ’n oogwink verby. Hê prent, vergeet van reëlings en fokus op mekaar, jou vriende en familie.131123 Jacques_Noeline 131123 Jacques_Noeline 131123 Jacques_Noeline 131123 Jacques_Noeline

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: