Woestyn skakerings trou inspirasie fotosessie

Ons deel nou die Woestyn skakerings trou inspirasie fotosessie met Mooi Troues se lesers.  Dit is die perfekte voorbeeld hoe neutrale kleure gebruik kan word om prentjie mooi troudekor te hê.  Hierdie was beplan deur die fotograaf om te wys wat moontlik is om te doen.

Neutrale kleure en uitgedroogde blomme wat gebruik word in troudekor is ʼn tendens wat nog baie van gaan sien.  Ons is mal oor hoe die fotosessie uitwys hoe mooi neutrale kleure en uitgedroogde blomme kan lyk by ʼn troue.  Dit hang alles af hoe jy dit stileer.  ʼn Belangrike element is om kleure te gebruik wat bymekaar pas.  Dan kan jy hier en daar die kleur breuk met iets anders soos ʼn Marsala of ander skakering van kleur.

As jy die regte diensverskaffers gebruik vir jou troue sal die dag vlot verloop.  Jy hoef nie onnodig te stres as jou diensverskaffers weet wat hul doen nie.  Vir fantastiese diensverskaffers wat jy kan vertrou, besoek Mooi Troues se Trougids.  Geniet die Woestyn skakerings trou inspirasie fotosessie hieronder.

dried flowers wedding decor dried flowers wedding decor dried flowers wedding decor

Wie het die fotosessie gereël?


Gwendolene Welgemoed van Willow Ray Photography.

dried flowers wedding decor dried flowers wedding decor dried flowers wedding decor

Inspirasie agter die fotosessie:


Ek het ʼn nuwe besigheid/handelsmerk begin vir my trou fotografie en wou ʼn fotosessie beplan wat my nuwe handelsmerk simboliseer.  Sodat ek potensiële bruide kan wys wat moontlik is.  Ek wou iets hê wat anders is en mense se asem sal wegslaan.  Die wat my ken weet ek hou van neutrale kleure en dit is die perfekte leë doek om kuns op te skep.

dried flowers wedding decor dried flowers wedding decor dried flowers wedding decor

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Ek het spesifiek elke verskaffer/diensverskaffer gekies op grond van die werk wat hul doen.  Elkeen se werk is op hul eie manier fenomenaal.  Hulle was almal baie gewillig en wonderlik om mee te doen.

dried flowers wedding decor dried flowers wedding decor dried flowers wedding decor

Agter die skerms van die fotosessie:


Alles het so perfek bymekaar gekom, maar toe ons by die lokaal aankom, blyk dit nogal die winderige dag te wees.  Dit het dit moeilik gemaak om die blommerangskikkings in plek te hou met die wind wat waai.  Maar dit het mooi foto’s gemaak met Jana se hare wat in die wind waai en ook die pak / rok wat so mooi gevloei het met die wind.

dried flowers wedding decor dried flowers wedding decor dried flowers wedding decor

Merkwaardigste deel van die fotosessie:


Ek het elke deel van die fotosessie geliefkoos. Van die voorbereiding, hare en grimering.  Tot die tyd wat ek saam met die diensverskaffers en paartjie deurgebring het.  Ons het lekker gelag en mekaar net beter leer ken tot aan die einde van die fotosessie.  Die lig was gevul met mooi skakerings aan die einde van die fotosessie.  As ek moes kies, sou sê die deel van my fotosessie sessie waar ek die paartjie in die son kon vang, moet my gunsteling wees, bloot vanweë my liefde vir sonlig  in foto’s.

dried flowers wedding decor dried flowers wedding decor dried flowers wedding decor dried flowers wedding decor dried flowers wedding decor dried flowers wedding decor dried flowers wedding decor dried flowers wedding decor

Dekor:


Ek wou iets natuurlik met neutrale kleure hê.  Iets wat mekaar komplimenteer asook die omgewing waarin ons geskiet het, maar tog iets unieks en magies is.  Dan hou ek ook baie van uitgedroogde blomme.

dried flowers wedding decor dried flowers wedding decor dried flowers wedding decor dried flowers wedding decor dried flowers wedding decor dried flowers wedding decor dried flowers wedding decor

Kleurskema:


Ek hou van aardse neutrale kleure en voel dat dit die agtergrond komplimenteer.

dried flowers wedding decor dried flowers wedding decor dried flowers wedding decor dried flowers wedding decor dried flowers wedding decor

Venue en Ligging:


Die fotosessie se ligging het gelyk of jy in ʼn ander land was met die mooiste rotsformasies en die ondergaande sonsondergange van die goue uur.

dried flowers wedding decor dried flowers wedding decor dried flowers wedding decor dried flowers wedding decor dried flowers wedding decor dried flowers wedding decor dried flowers wedding decor dried flowers wedding decor dried flowers wedding decor dried flowers wedding decor dried flowers wedding decor dried flowers wedding decor

Trourok en bruidegom pak:


Ek wou iets anders hê as net ʼn gewone trourok en Estelle, die ontwerper, wou ʼn nuwe stuk skep.

dried flowers wedding decor dried flowers wedding decor dried flowers wedding decor dried flowers wedding decor dried flowers wedding decor dried flowers wedding decor dried flowers wedding decor dried flowers wedding decor dried flowers wedding decor dried flowers wedding decor dried flowers wedding decor dried flowers wedding decor

Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:


Pinterest is ʼn uitstekende platvorm om baie inspirasie te vind en om na die Instagram bladsye van die diensverskaffers te gaan om instellings te sien wat gedoen is waarna u aangetrokke kan wees.

dried flowers wedding decor dried flowers wedding decor

Klik hier vir meer diensverskaffers