Deon & Elaine se Nando’s troue

Vandag wys ons vir julle Deon en Elaine se eie-aan –sy-soort troue. Die paartjie se spyseniering was gedoen deur die bekende Nando’s Original Chicken winkelgroep op Port Elizabeth. Die dekoratiewe gebruik van rissies het ‘n egte Nando’s Original Chicken gevoel geskep, maar ook deel gevorm van die dekor en kleurskema van die troue. 

Deon en Elaine het verloof geraak op 10 Oktober 2010.  Dit was dieselfde dag wat Elaine haar LLB-graad gevang het in die Kaap.  Dubbele vierings.  Deon het lank vooraf besluit om daardie dag te kies en so ook reeds vir amper twee maande met die ring “rondgeloop”.  Deon het natuurlik daardie aand Elaine gevra of sy nie dink dat hulle die volgende dag ‘n ring moet gaan koop en verloof raak nie, waarop Elaine geantwoord het dit wonderlik sal wees, maar dit moet steeds ‘n groot verrassing wees-waarop Deon gereageer het deur op sy knieë te gaan en die ja-woord te vra. Verrassing inderdaad!

Beste raad vir die beplanning van jou spesiale dag is; bly mekaar se beste vriend en hou by jou eerste idees.  As jy gereeld jou idees verander veroorsaak dit onnodige spanning.  Maak seker albei is deel van die beplanningsproses, dis tog beide se grootdag.

Deon & Elaine Wedding_0001Deon & Elaine Wedding_0002 Deon & Elaine Wedding_0003 Deon & Elaine Wedding_0004 Deon & Elaine Wedding_0005 Deon & Elaine Wedding_0006 Deon & Elaine Wedding_0007 Deon & Elaine Wedding_0008 Deon & Elaine Wedding_0009 Deon & Elaine Wedding_0010 Deon & Elaine Wedding_0011 Deon & Elaine Wedding_0012 Deon & Elaine Wedding_0013 Deon & Elaine Wedding_0014 Deon & Elaine Wedding_0015 Deon & Elaine Wedding_0016 Deon & Elaine Wedding_0017 Deon & Elaine Wedding_0018 Deon & Elaine Wedding_0019 Deon & Elaine Wedding_0020 Deon & Elaine Wedding_0021 Deon & Elaine Wedding_0022 Deon & Elaine Wedding_0023 Deon & Elaine Wedding_0024 Deon & Elaine Wedding_0025 Deon & Elaine Wedding_0026 Deon & Elaine Wedding_0027 Deon & Elaine Wedding_0028

Diensverskaffers: