LUCILLE SCHEEPERS PHOTOGRAPHY

TROU FOTOGRAAF / SOMERSET-WES

Lucille Scheepers is ʼn leefstyl & trou fotograaf wat gebaseer is in die Wes-Kaap. Sy het ʼn passie vir foto’s en ʼn hart vir mense. Lucille se foto’s vertel ʼn storie en sien uit daarna om julle storie vas te vang! Sy hou van alles wat mooi en opreg is.

Lucille se werk was al ʼn paar keer op Mooi Troues gepubliseer en ook ʼn top finalis in van Suid Afrika se trou toekennings.





















    KONTAK DIE DIENSVERSKAFFER

      JOU NAAM:

      E-POS ADRES:

      SELFOONNOMMER:

      TROUDATUM:

      BOODSKAP:



      MEER INLIGTING

      sitFACEBOOK instagram 

      KLIËNTE RESENSIES

      Lucille doen n amazing werk. Sy is so vriendelik en laat mens so gemaklik voel en verduidelik vir jou stap vir stap wat om toe doen as jy iemand is soos ek wat nie hou van voor n kamera wees nie.
      Sy het n oog vir detail en neem elke memory vas van jou groot dag. Ons troue moes rond skyf en sy het geen probleem gehad om ons tyd aan te pas nie en ons by te staan nie.
      Haar verskillende pakkette wat sy aanbied is amazing en baie billik. Ek sal enigetyd weer vir Lucille as n fotograaf gebruik en vir enige iemand aanbeveel. Sy doen fantastiese werk.

      ★★★★★

      Anel Lotze

      21 Maart 2020


      Lucille is amazing in haar werk. Sy laat mens so gemaklik voel voor die kamera en het n regte passie om met mense te werk. Jy voel sommer of jy haar al jare ken. Ons was so tevrede met ons trou fotos en sien vreeslik baie uit na ons maternity fotosessie binnekort. Ons sal Lucille beslis aanbeveel vir enige iemand wat binnekort trou of enige tipe fotosessie.

      ★★★★★

      Annika

      2 April 2016


      Lucille Scheepers Photography/Fotografie het ons groot dag soveel meer spesiaal gemaak. Ons het beide ons troue en verlowing deur haar laat afneem en ons was uitters tevrede met die uitkoms. Sy is professioneel, vriendelik en goed voorbereid. Sy is billik in haar pryse en het goeie pakette om van te kies. Sy gaan altyd die ekstra myl vir haar kliente, niks is te veel moeite nie. Ons kan werklik nie een negatiewe ding oor haar se nie. Ons sien uit na ons volgende fotosessie. Baie dankie Lucille!

      ★★★★★

      Ruben Theart

      16 Desember 2017


      Lucille doen moeite met alles en almal. Sy het elkeen van ons gemaklik laat voel – en dit wys in die foto’s – dit is nog steeds beautiful! Ek beveel haar enige tyd aan..

      ★★★★★

      Hannli Botha

      16 Desember 2015


      Dit was ongelooflik lekker I’m Lucille as fotograaf te leer ken. Sy het ons dag so mooi gemaak met haar persoonlikheid en passie. Ons is nie foto mense nie maar sy het ons so gemaklik laat voel. Haar energie is ook baie aansteeklik!! Ons het beslis die regte keuse gemaak om haar as fotograaf aan te stel. Ek beveel haar aan vir enigiemand wat mooi fotos wil he en n sprankelende karakter daarby!

      ★★★★★

      Erone Kyte

      21 April 2019


      Lucille Scheepers is fantasties in haar professie. Daar is verskillende pakette wat die kliënt se sak pas. Lucille gaan uit haar pad om die kliënt gemaklik te maak en niks is vir haar te veel moeite nie. Sy bring die elemente van die kliënt in haar fotografie uit. Ons dag het vinnig verby gegaan, maar wanneer ek na die foto’s kyk, glimlag ek elke keer wanneer ek die dag herleef. Lucille, baie dankie dat jy ons spesiale oomblikke vasgevang het!

      ★★★★★

      Ünandi

      16 Desember 2017


      Ons kon nie vir n beter fotograaf gevra het nie. Ons verlowing fotos het gelyk soos iets uit n storie boek en die trou fotos soos iets uit n droom! Die fotos is vir my meer as goud werd!Baie dankie vir alles Lucille , jy is n absolute ster! Ek sal jou altyd aanbeveel , en ek kontak jou binnekort weer vir nog n foto sessie!

      ★★★★★

      Inge de Wet

      2 November 2019


      Awesome Photographer, pays attention to brides needs, especially being stressed out on your wedding day. Makes sure you know when to take what photos, Pays attention to detail and goes the extra mile.

      ★★★★★

      Inge campher

      14 April 2018


      As jy eenkeer saam met Lucille werk , sal jy nooit weer iemand anders kies nie . Dit is werklik ń unieke ervaring . Haar passie vir fotografie straal uit in al haar werk en sy vang perfek al die spesiale oomlike vas . Sy is ń mense mens wat dit gemaklik maak om saam te werk . Sy merk alle boksies af as dit by die beste fotograaf kom , want elke foto is ń droom foto . Ek sal haar beslis aanbeveel vir enige iemand wat net die beste soek .

      Maak jou keuse

      Hané

      Lucille is fantasties in haar beroep as fotograaf. Sy weet presies hoe om die emosie van elke oomblik vas te vang en ‘n mens kan nie anders as om gemaklik om haar te wees nie. Sy straal vreugde en passie uit. Dit was ‘n absolute plesier om hierdie dag met jou te kon deel, Lucille. Baie dankie.

      ★★★★★

      Mareli

      Lucille Scheepers is net eenvoudig ‘n fantastiese fotograaf. Haar foto’s is net so stunning soos sy en ons kon nie vir beter gevra het nie! Baie dankie vir alles en dat jy altyd bereid is om die ekstra myl te stap. Dankie ook vir die rol wat jy gespeel het om ons groot dag ekstra spesiaal te maak.

      ★★★★★

      Nicole Geyer

      17 April 2020


      Lucille Scheepers is one amazing women. She has definitely used her talents to make every girls dream come true.

      One thing i wanted for my wedding day, is the photos to remember every bit an pieces, to look back in years time, to show my kids one day. As everyone will tell you the day goes by so fast.

      We have only had our engagement shoot, as our wedding is later this year. For one, like most men, my fiance hates photos. Lucille has an way to make us both feel so relaxed and at ease.

      You dont wait months to go by before getting your perfect photos. I did not need any references once i spotted her on facebook, you can see in her work, the joy she has for doing what she loves.

      Lucille THANK you for being part of our storie.

      ★★★★★

      Janneke Dobies / Agenbag

      3 Oktober 2020


      Lucille het ń oog vir die mooiste, fynste detail in elke foto. Sy laat mens vreeslik gemaklik voel voor die lens en niks is vir haar te veel moeite nie. Sy is ongelooflik talentvol en ons sal haar sonder twyfel aanbeveel!

      ★★★★★

      Marli Schoeman

      Lucille is n besonderse fotograaf. Ons was so dankbaar om haar te kon kry vir ons verlowing en troufotos. Ten spyte dat haar pryse mens se sak pas is haar fotos stunning. Ek en my man hou nie van posey fotos en fotos wat onnatuurlik lyk nie. Daarom was Lucille die beste keuse om ons spesiale avontuur vas te vang. Sy weet presies hoe om mens gerus te stel en natuurlike fotos te neem. Haar professionaliteit en haar persoonlikheid nader mens en maak jou saam haar wil werk. Sy gee ook baie goeie raad aan bruide wanneer hulle dit benodig en help waar sy kan. Met finominale fotos as die eind produk sal ek nie vinnig weer saam n ander fotograaf wil werk. Lucille bly by vere ons #1 fotograaf.

      ★★★★★

      Leandra de Bruyn

      25 Mei 2018


      Die oomblik wat ons vir Lucille ontmoet het, het ons dadelik so gemaklik en rustig rondom haar gevoel. Sy het n sagte manier om met mense te werk, wat verseker dat die mooiste oomblike vasgevang kan word. Sy weet net hoe om jou van die kamera te laat vergeet en die oomblik te geniet. Lucille is ongelooflik talentvol, profesioneel en so plat op die aarde. Sy sit soveel tyd en moeite in met elke kliënt en laat jou so spesiaal voel. Ons sal Lucille vir enige iemand aanbeveel! Baie dankie vir die wonderlike ervaring saam met jou liefste Lucille.

      ★★★★★

      Suné Veldsman

      Ons moes 11/4/2020 trou, maar met die hele corona-ding moes ons reschedule, maar op 11/4, kry mens n boodskappie vir Lucille EN dit alleen wys net vir mens die soort mens wat sy is Ons was wel gelukkig dar Lucille ons engagement shoot gedoen het. Die feit dat ons altwee nie juis foto mense is nie, het ons maar skrikkerig gemaak, maar sy het ons dadelik gemaklik laat voel. Sy het van die natuurlike oomblike gevang, en die foto’s was wonderlik!
      Ek kan nie wag dat jy ons troue capture!

      ★★★★★

      Liezl Pentz

      8 Augustus 2020


      Vanaf my eerste ontmoeting met Lucille het dit gevoel of ons al jare lank vriendinne is. Sy is professioneel en net n vreugde om te kon ontmoet en mee saam te werk. Daar is geen ongemak voor die kamera gewees nie, ons troudag het seepglad verloop te danke aan haar goeie tydsbeplanning. Ek sal haar enige dag aanbeveel, haar pryse is billik en fotos is goeie kwaliteit. Beslis n fotograaf wat mens weer wil sien, vir n koffie of n fotosessie.

      ★★★★★

      Henriette de Jager

      12 Junie


        SKRYF JOU RESENSIE ONDER

        Hy jy gebruik gemaak van die diensverskaffer vir jou troue?  Los asseblief 'n resensie oor jou ervaring.


        WANNEER HET JULLE GETROU?



        SKRYF JOU RESENSIE OOR DIE BESIGHEID ONDER:



        JOU NAAM:


        E-POS:


        SELFOON NOMMER: