FAB FLORALS & EVENTS

TROU BLOEMISTE / STELLENBOSCH, WES-KAAP

FAB het in Hermanus in 2015 begin as ʼn blomwinkel, maar gou was die aanvraag in die trou-industrie hulle grootse fokus.  Vandag is hulle gebaseer tussen Stellenbosch en die Paarl op die Delvera Landgoed.

Die eienaars Dieter en André bring gesamentlik meer as 40 jaar se ervaring in troues en geleenthede/funksies. Niks is te groot of te klein vir hulle om aan te pak en om jou drome waar te maak vir jou spesiale dag nie.  As jy kan droom is hierdie die span om te gebruik – van tradisionele troues met ʼn oorvloed blomme op ʼn wynplaas tot ʼn dansparty-troue in ʼn kloof in die Karoo met ʼn ongeëwenaarde lang tafel en perfekte beligting en klank.

Die span loop altyd die ekstra myl.  Hulle bied eerstens ʼn een-stop bedryf waar jy alle sonder een dak saam met hulle kan beplan!  Verder maak hulle seker jy kry waarde vir jou geld en dat jou begroting oordeelkundig aangewend word.  Laastens werk hulle slegs met die beste vars blomme en sal tot in lengtes gaan om die regte blomme vir elke troue te kry en te gebruik.

Die FAB-span is na sowat 100 troues ʼn jaar goed gekonfyt in al wat troue is en sal al jou behoeftes van blomme tot beligting en dekor in ʼn japtrap uitsorteer.  Maar sê Andre: “Ons is trots daarop om altyd alles met ʼn kreatiewe oog aan te pak wat binne jou begroting pas.”  Voeg Dieter by: “Geen troues wat ons doen lyk ooit dieselfde nie.  Daar sal iets iets unieks en kreatief wees omdat elke bruidspaar by ons uniek en besonders is.”

     

    KONTAK DIE DIENSVERSKAFFER

      JOU NAAM:

      E-POS ADRES:

      SELFOONNOMMER:

      TROUDATUM:

      BOODSKAP:



      MEER INLIGTING

      sit      FACEBOOK instagram  PINTEREST 

      KLIËNTE RESENSIES

      Geen resensies op die oomblik nie.

        SKRYF JOU RESENSIE ONDER

        Hy jy gebruik gemaak van die diensverskaffer vir jou troue?  Los asseblief 'n resensie oor jou ervaring.


        WANNEER HET JULLE GETROU?



        SKRYF JOU RESENSIE OOR DIE BESIGHEID ONDER:



        JOU NAAM:


        E-POS:


        SELFOON NOMMER: