Louis & Jolané se woud bruilofsfees

Paartjies wat inspirasie soek vir ʼn woud troue sal dié inskrywing baie geniet.   Mooi Troues deel met ons lesers Louis en Johané se woud bruilofsfees met julle.

By Mooi Troues kry ons vreeslik baie versoeke oor trourokke vir dames met ʼn voller figuur.  In dié artikel sal julle ʼn mooi voorbeeld van so ʼn trourok sien.  Jolané se trourok het haar voller figuur baie goed gevly.  Sy het gegaan vir ʼn rok met ʼn lang mou wat baie gehelp op die dag met die koeler weer.

Baie bruide droom van ʼn woud troue met bome wat die opelug kapel omring.  ʼn Plek waar hul soos ʼn sprokies prinses kan voel en die man van hul drome kan soen voor al hul geliefdes.

Daarna wil hulle die aand kan omdans in ʼn glas markies tent wat die elemente van ʼn woud troue beklemtoon.  Sonder die onaangename natuur element wat gepaard gaan met ʼn woud troue.  Louis en Jolané se dekor was baie mooi en het die balans perfek gekry sonder om die aandag van die omliggende area af te neem.  Hulle keuse van kleur het ook baie goed saam gewerk om dramatiese elemente te implementeer.

Mooi Troues kan nou afrol en gaan kyk na Louis en Jolané se woud troue propvol inspirasie.  Lekker lees en deel die troue mat al jul vriendinne.

Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?


Ons is op 15 September 2018 getroud.  Louis was 27 jaar oud en Jolané het pas 24 jaar oud geword.

plus size wedding dress plus size wedding dress plus size wedding dress plus size wedding dress plus size wedding dress plus size wedding dress plus size wedding dress plus size wedding dress plus size wedding dress plus size wedding dress plus size wedding dress

Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?


Op skool in 2009 het ons ontmoet, maar was nie regtig vriende tot die volgende jaar nie.  Ons het deur gemeenskaplike vriende ontmoet, maar het eers regtig ʼn verhouding ontwikkel toe ons altwee onsself ʼn jaar later by ʼn vriendin se woonstel bevind.  Na 6 jaar se uitgegaan het Louis toe die groot vraag gevra het.  Jolané was sak-en-pak op pad na Bloemfontein om haar gemeenskapsdiens jaar te voltooi toe Louis haar (uiteindelik) ʼn paar dae voor haar vertrek by Spier Landgoed tydens ʼn piekniek gevra het om te trou.

Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


Ek het nie regtig ʼn spesifieke idee vir my trourok gehad nie, maar het wel geweet dat Ilse Roux dit moes ontwerp en maak.  Sy is ʼn wonderlike ontwerper wat tydens die eerste konsultasie die perfekte rok volgens my liggaamsbou en voorkeure vir my ontwerp het.  Ek het toe op ʼn romantiese rok met baie kant besluit om die natuurskoon in die woud by ons venue verder te beklemtoon.  Die eindresultaat het my wildste drome oortref.  Dit was ʼn wonderlike ervaring om  te sien hoe my droomrok tot lewe gebring word!

Vertel ons meer van jul ringe.


Louis het Jolané se verloofring by ʼn bekende juwelierswinkel gekoop.  Dit bestaan uit ʼn groot wit saffier en klein diamantjies wat in ʼn witgoud pand geset is.  Jolané wou nie ʼn troupand by haar verloofring hê nie en het net haar verloofring tydens die troue gebruik.  Louis het binne ʼn paar minute van soek op ʼn eenvoudige, titanium ring besluit wat ons ook by ʼn bekende juwelierswinkel gekoop het.

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.


Die fotograaf was vir ons een van die belangrikste elemente van ons troue!  Daarom het ons besluit dat ons ʼn groot deel van ons begroting daaraan gaan bestee.  Na ʼn baie lank gesoek om iemand te vind wie se styl pas by beide die donker en ligte aspekte van ons venue en het ons toe op Jana Marnewick Photography besluit.  Ons was mal oor haar donker, dramatiese manier van foto’s neem en sy het die karakter van ons venue en die omliggende omgewing perfek vasgevang.

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?


Louis: Die oomblik toe Jolané tussen die bome deur verskyn en in die paadjie begin afloop.  Ek het ongelooflik geseënd gevoel.

Jolané: Daar was ʼn oomblik tydens die seremonie waar die Dominee vir ons gebid het terwyl ek en Louis ingehaak voor die kansel gestaan het.  Al wat jy op daardie oomblik kon hoor was die voëltjies in die bome en die wind wat liggies deur die blare waai; asof die natuur in daardie oomblik ook voor God stil geword het.

Ons sou niks aan ons troue wou verander nie.  Dit het presies verloop soos ons dit beplan het en het ons as paartjie in alle opsigte weerspieël.

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Louis: Probeer so veel as moontlik inneem van die dag, want maande se beplanning is in ʼn oogwink verby!

Jolané: Onthou om die beplanningsproses te geniet!  Dit is maklik om vasgevang te raak in al die reëlings en ʼn mens kan vinnig oorweldig voel. Delegeer so veel take as wat jy kan.  Onthou ook dat dit julle dag is en dat dit ʼn feesviering van jul liefde aan mekaar is – beplan dus ʼn troue wat vir julle spesiaal gaan wees saam met mense vir wie  julle lief is.

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Ons het Die Woud op sosiale media gesien en dadelik besluit dat ons na die venue wil gaan kyk.   Alhoewel ons na ander venues ook gaan kyk het, maar geen venue kon die natuurskoon en die glashuis van Die Woud oortref nie.

Die keuse was vlootblou, wynrooi en roosgoud elemente vir ons dekor en wou veral baie blomme op die tafels hê.  Ons kon wegkom met baie min dekor omdat die glashuis en natuur alreeds ʼn prentjiemooie agtergrond geskep het.  Die lig in die glashuis was vir ons ook belangrik en ons het daarom baie kerse en “naked bulbs” as dekor gehad.

woud trou venue Nifty250 polaroid photos Nifty250 polaroid photos FAB Events FAB Events woud trou venue naked bulbs FAB Events FAB Events naked bulbs FAB Events woud trou venue FAB Events

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou? Hoeveel gaste het julle onthaal?


Daar was altesaam 90 gaste by die troue onthaal.

Beide ons ouers en ons het almal bygedra tot die troue.  Ons het aan die begin met almal gesels en bepaal wie verantwoordelik gaan wees vir die verskeie kostes.  Op hierdie manier kon ons ook toe ons begroting opstel volgens die pryse van die diensverskaffers wat ons graag wou gebruik, aangesien die kostes tussen almal verdeel was en nie op een slag deur ʼn spesifieke persoon betaal moes word nie.  Ons het besluit om baie geld te spandeer op die elemente wat vir ons belangrik is, bv. die venue, fotograaf en kos, en het die kostes van die ander elemente probeer beperk.

wedding cakes wedding cakes FAB Events

Vertel ons meer van jul Wittebrood


Die besluit was om ons wittebrood in Suid-Afrika te spandeer en die plekke te besoek waar ons nog nie was nie.  Ons het deur die Tuinroete getoer en het ʼn paar aande in Knysna, Plettenbergbaai en Wildernis spandeer.  Elke dag het ons na ʼn ander dorpie gery en het oral aktiwiteite gedoen.  Ons was ook oral vreeslik bederf deur almal en het dit baie geniet om ons eie land te verken.

Vertel ons meer oor jul eerste dans


Ons het die dansbaan op You are the Reason van Calum Scott en Leona Lewis geopen.  Jolané se suster het vir ons die wals-passies geleer en ons moes kliphard oefen om dit reg te kry!

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: