Van die dramatiese rotse van Knysna Heads tot die lewendige energie van Waterkloof Glen se strate vertel Réno en Tanya se liefdesverhaal ’n storie van kontraste. Hul verlowing het die siel van die see vasgevang. Tog het hulle ’n moderne, stedelike atmosfeer gekies vir hul verlowing fotosessie.
Hul reis na “altyd” het by die ikoniese Knysna Heads begin. Die kragtige oseaan het teen die kranse gebreek toe Réno die groot vraag vra. Dit was ’n oomblik vol emosie en natuurlike skoonheid. ’n Herinnering wat hulle altyd sal koester. Hierdie kus-verlowing was die perfekte begin van hul pad na die kansel.
Vir hul verlowing fotosessie het hulle iets heeltemal anders gesoek. Hulle het die kus verruil vir die stylvolle strate van Waterkloof Glen in Pretoria. Die ligging pas by hul moderne persoonlikhede. Dit bied ook ’n vars blik op hul dinamika as paartjie.
Die fotosessie het speelse oomblikke en tydlose elegansie gekombineer. Hulle het roomys by ’n sjiek straatkafee geniet. Later het hulle voor kleurvolle straatkuns gedans. Elke foto vertel ’n storie van pret en samesyn.
Die argitektuur van die omgewing het die styl perfek aangevul. Hul klere was stylvol maar steeds gemaklik. Dit het ’n visuele atmosfeer geskep wat edgy én romanties voel.
Réno en Tanya se fotosessie wys hoe ’n stedelike ruimte ’n paartjie se styl kan beklemtoon. Dit gaan nie net oor die agtergrond nie. Dit gaan oor hul interaksie met die omgewing. Grafitti-mure, besige kruispaaie en intieme koffiewinkels gee die foto’s ’n lewendige energie.
As julle droom van ’n fotosessie wat julle moderne styl weerspieël, is ’n stedelike omgewing soos Waterkloof Glen ’n uitstekende keuse. Vind julle ideale fotograaf in ons aanlyn trougids en bring jul visie tot lewe.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Ons het ontmoet in ʼn kuier plek in ons altwee se geboorte dorp. Later sou ons besef ons was in dieselfde hoërskool op dieselfde tyd, maar het nie van mekaar geweet nie (hy was wel ʼn graad jonger as ek, dus dalk die rede hoekom ons mekaar heeltemal mis gekyk het).
Ons het so 8 jaar na ek (en 7 jaar na hy) klaar was met skool eers offisieel ontmoet!
Réno het vir n jaar my probeer uit vat maar ek wou niks weet nie. Ons was 6 jaar saam toe ons verloof geraak het, maar Réno laat my nooit vergeet dat dit kon gouer gebeur het as ek net gouer besluit het om hom n kans te gee! 😂

Die groot vraag:
Ons het verloof geraak by Knysna heads in die Wes-Kkaap in Januarie 2024.
Ons het al baie gepraat van verloof raak maar Réno het altyd gesê hy dink nie hy sal dit in Suid Afrika doen nie (ons reis altwee baie vir werk en ontmoet dan mekaar buitelands gereeld). Ek het ʼn gevoel gehad dit is naby, maar ons was op ʼn roadtrip vakansie in SA en die man het mos gesê dit gaan nie daar gebeur nie maar toe verras hy my!
Hy het die hele vakansie gereeld videos geneem en drone gevlieg, so ek het dit glad nie vreemd gevind toe hy dit weer doen by hierdie asemrowende deel van die Heads nie. Hy moes my mooi vra om hom te volg op die klippe, want ek wou eers nie omdat dit baie oneweredig was. Ek het toe iemand agter hom gesien met ʼn kamera en n grooooot lens en gedog ons gaan dalk in die moeilikheid wees oor die drone vlieg maar sekondes na daai gedagte, toe sak hy op een knieg (op daai skerp rotse!) en vra die groot vraag. Ek was baie opgewonde, maar het dadelik besef die ring het uit die kussingkie van die ring boks geval en het los gelê in die boks.
Réno, altyd kalm in stressvolle situasies, het nie eers gebewe nie en ek kon hom rustig laat weet dat die ring millimeters van die boks se rand af is en dalk enige tyd kan val 😂🙈. Dit was die perfekte oomblik, die weer was amper skielik wind stil en dit was so goed beplan met die fotograaf om dit te vang net soos die son agter die berge ingekruip het.

Hoekom ons mekaar liefhet:
My gunsteling eienskap van hom is hoe lojaal en beskermend hy is. Sy gunsteling eienskap van my is my omgee hart en gewilligheid om ander te help.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
Ons was altyd van plan om lank verloof te wees omdat beplanning soos ʼn berg voor ons gelê het, met die wat ons so gereeld reis. Ek is ook so mal oor die idee van verloof wees. Daai tussen in tydperk wat so vinnig kom en gaan. Dis vir my lekker om n rukkie daar in te vertoef. Teen die tyd wat ons trou, sal ons al amper 3 jaar verloof wees.

Die verloofring:
Ons het die ring saam gekies.

Rede vir die verlowing fotosessie:
Ons wou beslis die fotograaf in aksie sien en ook ʼn bietjie leer ken. Die fotos is ook vir die gebruik van ons uitnodigings. Réno het my eendag verras met groot fotos van die verlowings dag geraam teen ons huis se muur en dit is baie spesiaal vir my.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Pret, speels, elegante fotos.

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :
Ek dink die beplanning is uitdagend met ons skedules, maar verder het ons nie veel vrese en verwagtinge nie.

Visie vir droomtroue:
Ons droomtroue is ’n geleentheid om kosbare tyd saam met familie van naby en ver te spandeer. ’n Troubeplanner word ook oorweeg om alles glad te laat verloop. Aanvanklik was ons droom om in die Kaap te trou, maar dit maak logisties nie sin nie. Nou sien ons uit daarna om in Pretoria te trou saam met ongeveer 70 gaste.

- Fotograaf: Lumier Weddings | Kontak
- Fotosessie Ligging: Moonshot Cafe | Kontak
- Grimering: Beauty by Rica| Kontak
- Hare: Beauty by Rica| Kontak


