Henry en Tamsin se herfsbruilof in die Koue Bokkeveld was ’n pragtige samevloeiing van klassieke en moderne elegansie. Die paartjie het mekaar die jawoord gegee by Kaleo, ’n idilliese gasteplaas net buite Prince Alfred Hamlet, omring deur ongerepte natuur en die rustige bekoring van plaaslewe.
Tamsin het absoluut beeldskoon gelyk op haar troudag en ons is heeltemal versot op haar trourok. Die skouerlose ontwerp het haar figuur perfek beklemtoon met sagte, pofferige moue as afronding. Henry het ewe deftig gelyk in sy swart pak. Hulle trou uitrustings was klassiek, elegant en tydloos.
Die seremonie het plaasgevind in ’n asemrowende klipkapel met ’n indrukwekkende dubbel volume sinkplaatdak, donker houtbalke en ’n skitterende kandelaar wat pragtige kontras geskep het.
Kaleo maak elke paartjie se droomtroue ’n werklikheid met hul omvattende dienste en het selfs die blomme en dekor vir Henry en Tamsin se groot dag behartig.
Die onthaal was besonders mooi met asemrowende blom ontwerpe wat regdeur die lokaal te sien was. Alle oë was op die bruidstafel, versier met blomme bo die tafel en ’n pragtige blom struktuur voor dit. Die gaste se houttafels is afgerond met sagte, neutrale tafellopers en elegante groen elemente soos die servette.
Kaleo Gasteplaas bied paartjies ’n uitsonderlike trou ervaring met plattelandse gasvryheid en wêreldklas fasiliteite. Slegs twee uur se ry vanaf Kaapstad wag ’n skilderagtige plaas omgewing en perfek vir onvergeetlike troufoto’s. Alet van Kaleo het as die paartjie se op-die-dag troukoördineerder opgetree en gesorg dat alles seepglad verloop, sodat Henry en Tamsin hul dag volkome stresvry kon geniet.
Rol af om meer te sien van Henry en Tamsin se pragtige troudag en lees meer oor hul liefdesreis.

Trourok:
Ek het ʼn rok gedra wat ontwerp en gemaak is deur ʼn Suid-Afrikaanse ontwerper, wat sy deur Allora Bridal, geleë in Stellenbosch gekoop het. Hierdie skouerlose trourok het ʼn elegante, noupassende silhoeët, met die mooiste sleep vir ʼn element van drama. Die ontwerp het ek gekomplementeer met gerimpelde moue wat ʼn unieke en stylvolle element byvoeg, en die algehele voorkoms is modern met ʼn tikkie romanse.

Meer oor Kaleo:
Geleë in die hart van die Koue Bokkeveld is Kaleo die ideale venue vir ’n stylvolle en onvergeetlike viering. Met ’n doel ontwerpte trou- en funksielokaal, ’n kapel op die perseel en ’n ruim buitelug area, bied Kaleo die vryheid om jou visie te verwesenlik. Slegs 25 km buite Prince Alfred Hamlet wag rustigheid, natuurskoon en uitsonderlike gasvryheid. Kaleo akkommodeer 20 tot 200 gaste en beskik oor ruim verblyf vir ’n ware naweek ervaring. Kontak gerus vir Kaleo.

Paartjie se Verlowing:
ʼn Beplande intieme driegangmaaltyd onder die sterre op Valentynsdag in die bruidegom se agterplaas. Die bruid se oë was geblinddoek, so sy het dit nie sien kom nie. Tydens die romantiese ete was daar vioolmusiek as agtergrond, feetjie-liggies wat gehang het, kerse op die tafel versier met blomme, roosblare wat versprei is en Valentynsdag-geskenke voor die bruid op sy knie gesak het om die groot vraag te vra.

Verloof- en Trouringe:
Verloofpant – Hierdie pragtige ring, kundig vervaardig in 5 karaat geelgoud, bevat ʼn ovaal gesnyde 2 karaat wit saffier in ʼn klassieke 4-klou-instelling. Dit dra ook ʼn geheim, ʼn verborge stralekrans van plaveisel stene wat op die galei skitter Troupant van bruid. ʼn Dun eenvoudige 5 karaat geelgoud band met klein diamant kristalle wat dit omhels.
Troupant van bruidegom is ʼn 4mm eenvoudige 9 karaat geelgoud band sonder stene of enige patrone.

Trou Dekor en Styl:
Kleurskema: ʼn Herfstroue straal warmte en romanse uit met ryk kleure soos roes, terracotta, diep wynrooi en olyfgroen, gebalanseer met sagte room- of goue aksente. Tafels bedek met linne, kershouers en sagte kerslig. Blommerangskikking kombineer vars en gedroogde elemente. Herfs kleur rose wat ʼn natuurlike gesellige atmosfeer bring.

Trou Begroting en Beplanning:
Die paartjie het hul troue vir ongeveer 100 gaste beplan met ’n begroting van R130 000. Die beplanningsproses het sowat agt maande geduur en is behartig deur ’n professionele troukoördineerder, wat gesorg het vir ’n goed georganiseerde en stresvrye troudag.

- Fotograaf: Boland Weddings | Kontak
- Venue: Kaleo Guest Farm | Kontak
- Blomme: Kaleo Guest Farm | Kontak
- Bruidegom-pak: Suit Hire (Paarl) | Kontak
- Dekor: Kaleo Guest Farm| Kontak
- LED Lig: Lumen Lazer| Kontak
- Gaste Geskenke: Snif Ink Print Shop| Kontak
- Grimering: Yolandi Malherbe Van Dyk
- Hare: Deolene Boer
- Huurdienste: Kaleo Guest Farm
- Huweliksbevestiger: Ds Booysen
- Juweliersware: Lovisa
- Koördineerder: Alet van Heerden van Kaleo Guest Farm| Kontak
- Kroegdiens: Kaleo Guest Farm| Kontak
- Musiek: The Soul Vibe Collective Band
- Platejoggie: Ashley Haywood
- Paartjie se verblyf: Kaleo Guest Farm| Kontak
- Strooijonkers bykomstighede: Exact
- Spyseniering: Marinda & Muriel Catering| Kontak
- Strooimeisie-rokke: Shein
- Trourok: Allora Bridal| Kontak
- Bruid se Trouring: Americans Swiss
- Bruidegom se Trouring: Americans Swiss
- Troukoek: Met Liefde| Kontak
