Michal & Inge se elegante troue

Ons deel vandag Michal en Inge se sprokies elegante troue met jou.  Die paartjie het die oulikste verlowing fotosessie gehad in ‘n vliegtuig met ‘n pragtige uitsig soos die son sak.  Ons sien dit as ‘n perfekte verlowing.  Die paartjie het ‘n elegante troue gehad op ‘n Olyf plaas met ‘n lewendige optrede waar gaste lekker kon makietie hou.  Die gebruik van klomp “fairlylights” het ‘n baie romantiese en klassieke gevoel geskep.

Michal & Inge_0002 Michal & Inge_0003 Michal & Inge_0004 Michal & Inge_0005 Michal & Inge_0006 Michal & Inge_0007 Michal & Inge_0008 Michal & Inge_0009 Michal & Inge_0010 Michal & Inge_0011 Michal & Inge_0012 Michal & Inge_0013 Michal & Inge_0014 Michal & Inge_0015 Michal & Inge_0016


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Michal het af en toe saam met my pa golf gespeel en het my al ‘n paar keer gesien maar ons het nog nooit ontmoet nie, maar hy het toe alreeds vir sy ma gesê dat hy eendag met my gaan trou.  Ons het toe toevallig by ‘n restaurant ontmoet en het dadelik verlief geraak.


Michal & Inge_0017 Michal & Inge_0018 Michal & Inge_0019 Michal & Inge_0020 Michal & Inge_0021 Michal & Inge_0022 Michal & Inge_0023


Hoe het julle verloof geraak?

Michal het my kom optel  na ‘n rondte golf en het vir my gesê sy broer moet ‘n vliegtuig gaan toets wat gediens was.  Die vliegtuig was nie regtig gediens nie dit was maar net om my in die vliegtuig te kry sonder dat ek enige iets vermoed nie.  Ons ry toe af na die Mosselbaai Vliegveld en klim in die vliegtuig in net voor sonsondergang.  Michal het gewag tot ons hoog genoeg was vir die mooiste uitsig en toe op sy een knie gegaan en vir my die groot vraag gevra.  Dit was perfek en so mooi.  Toe ons land was ons naaste familie daar om saam met ons te vier asook Lynelle om ons groot oomblik af te neem.


Michal & Inge_0024 Michal & Inge_0025 Michal & Inge_0026 Michal & Inge_0027 Michal & Inge_0028 Michal & Inge_0029


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Die dag gaan so vinnig verby so geniet elke oomblik en begin vroeg te beplan en moenie bang wees om vir mense om jou te vra vir hulp nie.


Michal & Inge_0030 Michal & Inge_0031 Michal & Inge_0032 Michal & Inge_0033 Michal & Inge_0034 Michal & Inge_0035 Michal & Inge_0036 Michal & Inge_0037 Michal & Inge_0038 Michal & Inge_0039 Michal & Inge_0040

Diensverskaffers: