Kleurvolle Elegansie trou inspirasie

‘n Paar van Mooi Troues se diensverskaffers het bymekaar gekom om inspirasie te skep vir die moderne bruid wat graag kleur wil gebruik in haar troue.

Wanneer die venue mooi is en klaar n storie vertel, maak dit die werk van die diensverskaffers net soveel makliker.  Dis minimalisties, met skoon lyne geen uitspattige kleure nie. Die uitsig bederf jou met ‘n pragtige 360 grade van die grasveld en pragtige sonsondergang.  Jul gaste kan smul aan heerlike geregte van, Roots, die venue se restaurant wat sorg vir gaste se honger pyne.  Die kos is heerlik, diens puik en die bruidspaar kry selfs ‘n bederf oornag geskenke vir hulle eerste huweliks-herdenking.  Die venue is ‘n uitstekende plek vir ‘n modern bruid.  Verskillende ruimtes maak dit maklik om ‘n unieke troue te skep.  Daar is gereeld ‘n pragtige kunswerk wat jou iewers agter ‘n boom of om ‘n draai verras.   Dit is maklik om dekor te kies wat die skoon lyne kan komplimenteer.

Die blomme vir die fotosessie was elegant, lig en modern.  Strooimeisies het pragtige rokke gedra en het uit gestaan op die horison langs die bruidspaar.  Die kleure was helder en het ekstra kleur aan die horison verskaf.  Dekor sal werk vir ‘n gemaklik bruid wat haar gaste wil laat tuis voel en laat lekker kuier.  Stylvol, elegant en smelt pragtig in met die omgewing.

Tendense van kleur was sigbaar oral van die blomme meisie rokkies, strooi meisies en tafel dekor.  Die bruidsruiker was in die pragtigste sirkelvormige blare krans met aksente van Orgedieë.  Dit herhaal die kurwes van die geboue se rondings.  Die gebou se afwerkings smelt in met die natuur en van ver sal mens nie eens meeste van die geboue kon raaksien nie.

Die span diensverskaffers het lekker gespeel met kreatiewe aspekte; en alhoewel die venue nie baie groot is nie, is daar geleentheid om unieke kenmerke eie aan die venue te gebruik op interessante maniere.  Die span diensverskaffers het ‘n fees gehad om by die venue te kon werk, selfs al het die reënwolke hulle elke nou en dan kom groet.

Diensverskaffers: