Andrew & Nicole se verlowing

Die mooi paartjie Andrew en Nicole se liefdes storie is die met geloof as ‘n fondament.  Albei se liefde vir reis het Andrew die kans gegee om romanties vir Nicole te vra om te trou.  Die fotos van die verlowing fotosessie is sag en klassiek en die paartjie kan dit aan hul kleinkinders eendag wys en terug dink aan die oomblikke wat vasgevang is in kiekies.


andrew-nicole-verloof_0001andrew-nicole-verloof_0002 andrew-nicole-verloof_0003 andrew-nicole-verloof_0004 andrew-nicole-verloof_0005


Hoe het julle ontmoet?

Ek en my verloofde was in dieselfde skool, Garsfontein Hoërskool, maar ‘n jaar uit mekaar uit.  Ons het mekaar glad nie geken nie.  Ek was een aand saam ‘n vriendin na ‘n selgroep genooi en Andy was die leier van die selgroep.  Toe ek hom sien was my knieë lam. Hy het my op ‘n afspraak gevra en dinge het net beter geword van daar af.  Ek was maar 16 toe ons ontmoet, regte Hoërskool liefdes.


andrew-nicole-verloof_0006 andrew-nicole-verloof_0007 andrew-nicole-verloof_0008 andrew-nicole-verloof_0009 andrew-nicole-verloof_0010 andrew-nicole-verloof_0011 andrew-nicole-verloof_0012 andrew-nicole-verloof_0013 andrew-nicole-verloof_0014 andrew-nicole-verloof_0015 andrew-nicole-verloof_0016 andrew-nicole-verloof_0017 andrew-nicole-verloof_0018 andrew-nicole-verloof_0019


Hoe het julle verloof geraak?

Ek en Andy was oppad na ‘n troue toe in Kokstad.  Ons het besluit om die hele naweek sommer af te “road trip” aangesien ons mal is om te reis. Ekt nie verwag hy gaan my vra nie aangesien ons op pad was na ‘n troue toe. Ons het in Clarens gestop. Dit was reënerig en baie snoesig in die klein dorpie.  Die aand het hy my na ‘n warm kroeg gevat en hy kon nie meer wag nie, hy het my sommer daar en dan gevra.  Dit was die beste dag van my lewe.


andrew-nicole-verloof_0020 andrew-nicole-verloof_0021 andrew-nicole-verloof_0022 andrew-nicole-verloof_0023 andrew-nicole-verloof_0024 andrew-nicole-verloof_0025


Diensverskaffer:

Fotograaf: Clareece Smit