Rafael & Salome se Bosveld Troue

Ons deel graag Rafael en Salome se bosveld troue met Mooi Troues se lesers in dié artikel.  Dié paartjie het by ʼn pragtige trou venue getrou in die Tierpoort area in Gauteng getrou.

Ons is totaal en al verlief op die paartjie se aardse kleurskema.  Nie net is dit neutraal nie, maar ook op ʼn manier so ʼn klassieke styl.  Iets wat mens na kan terug kyk na ʼn paar jaar en nogsteeds sê hoe mooi dit is.

Salome se trourok is net só besonders mooi.  Haar trourok het ʼn romerige kleur skakering gehad wat ook perfek ingepas het by hul troue se kleurskema.  Rafael se ligte troupak sonder ʼn das was net só netjies gewees en ʼn ontspanne voorkoms gegee.

Hul trou dekor  het die bosveld gevoel gehad, maar met ʼn tikseltjie elegansie daarby, wat die perfekte kombinasie was.  Ligte hout tafels en stoele teen die donkerder vloer en mure van die onthaal lokaal trek onmiddellik mens se oog.  Gedroogte blom ontwerpe met tikseltjies kleure soos oranje en groenigheid het kleur ingebring by die aardse kleur palet.  Op die tafels was daar roosgoud wynglase, goud eetgerei, oranje servette, kerse in goud kershouers en rottang plek matjies.

Die paartjie het ʼn lieflike wittebrood gehad in Italië en verskeie pragtige bestemmings besoek soos Sorrento, Florence en Venesië.  Enige paartjie se droom wittebrood ervaring.

Rol af om meer te lees oor Rafael en Salome se liefdesreis en hul pragtige bosveld troue.

Paartjie se Liefdesreis:


Ek (Salome) is genooi deur my maatskappy vir ʼn onderhoud in Maart 2018.  Ek was skrikkerig om die pos te aanvaar, omrede ek eintlik ʼn ander pos sou aanvaar twee dae later.  In ʼn poging om my te oorreed om dié posisie te aanvaar, het die direkteur van ons maatskappy toe iemand gaan “soek” om met my te kom gesels om my arm te draai.  Toe hy die deur oopmaak, is Rafael die eerste persoon wat verbystap.  Hy gryp hom toe en vra hom om met my ʼn gesprek te hê oor sy reis deur die jare in die maatskappy en natuurlik om die mooi prentjie te skets om my te oortuig om die pos te vat.  Nodeloos om te sê, begin ek toe 16 April daar werk en het ons 20 April begin uitgaan!

Ons het deur ons verhouding ʼn GROOT liefde vir die bosveld ontwikkel, meer vir die ongelooflike herinneringe wat die bosveld wegsteek.  Ons is in Oktober 2021 vir die soveelste keer na ons hartsplek in die bos en pak toe dié keer af in Phinda. Hy het op die tweede dag ʼn “privaat” wildsrit gereël en my toe op die hoogste klip laat staan met ʼn uitsig wat asem wegslaan en toe op een knie vir my die “Ja-woord” gevra.

Die Verlowing Tydperk:


Ons het 26 Oktober 2021 verloof geraak en 13 Augustus 2022 getrou.

Ons was baie geseënd en geëerd om ʼn trouplanne te kon hê.  Bloemen D’cor by Francois het letterlik alles vir ons gedoen.  Blomme, dekor, rokke gemaak, alle verhurings en orde van die dag.  Hy het vir ons ʼn lys gegee van alles wat ons in gedagte moet hou (liedjies wat moet speel, hoe om in te loop, waar om te staan, uitleg van dekor) ALLES!!

Die dag toe hy vir ons ʼn “mock-up” doen van die tafels, toe bars ek in trane uit.  Hy’t my gevra of dit is wat ek wou hê en ek moes “nee” antwoord, want dit was soveel meer as wat ek kon droom.

Trou Begroting:


Ek dink ons het aanvanklik besluit dat ons nie meer as R200 000 wou spandeer nie, maar ons het beslis nie daarby gehou nie.  Ons het amper R100 000 oor ons begroting gegaan (eeeeeek!!).  Ons het 101 gaste onthaal.

Die troubeplanner het vir ons genoem dat troues gewoonlik R2 000 tot R2 500 per kop kos as ons alles insluit (Kos, dekor, musiek, geskenkies ens) wat toe wel so uitgewerk het.

Ons het maar besluit om eventueel bietjie ekstra vermaak in te sluit en toe ʼn regstreekse orkes vir Canapes gehad.  Dit was verseker die moeite werd.  Hulle het ook die instap-liedjie regstreeks gesing.

Merkwaardigste Oomblikke:


Rafael vertel dat hy regtig eers die troue begin geniet het toe ons begin dans.  Ons eerste dans was regtig lekker.  Ons het klomp van ons gunsteling liedjies gebruik en op almal gedans!  Hy het baie gestres voor dit, omdat mens maar wil hê dat alles perfek moet verloop (al doen dit nooit).

Vir my was die oomblik toe my seun so trots gevat het om my in te bring na my man toe.  Dit was só mooi en só emosioneel, omdat hy my moes “weggee”.

Die Besluitnemingsproses:


Ons, as die bruidspaar, saam met ons troubeplanner, het alle besluite self geneem.  Rafael het 80% van die uitgawes gedek, so ek het maar meeste van die groot besluite aan hom oorgelaat. 🙂

Vermaak:


Ons het ʼn platejoggie gehad (Blue Moon DJ – Roberto Goncalves) en  sanggroep vir canapes en instap liedjie  Allegro Soul) – FANTASTIES!!!

Paartjie se styl:


Ons het natuurlik besluit op ʼn bostroue en wou soveel as moontlik natuur om ons hê.  Dit is inderdaad ons groot liefde.  Ons het baie gefokus op aardse kleure, om by die bos tema te pas. Ons gaste het baie aardse kleure gedra ook.

My trourok was maar ʼn klomp legkaart stukkies wat bymekaar gesit is om die mooiste, volmaakte prentjie te maak.  Ek het verkies om off-white te doen, weereens vir die romerige kleur om in te pas by die aardse tema.  Rafael se pak is ook doelbewus gemaak om by die aardse tema in te skakel.

Ek dink nie ons het doelbewus op ʼn spesifieke styl besluit rakende die trouringe nie.  Rafael is van Portugese afkoms, so hy het spesifiek ʼn ring laat maak met Portugese-goud.  My ringe neem amper die vorm van ʼn blom aan en is erfstukke wat ek bymekaar gesmelt het vir die eindproduk.

Gunsteling Diensverskaffers:


Verseker ons troubeplanner – Bloemen D’cor by Francois en fotograaf – Anne Grace Photography. Hulle kom uit boeke uit wat mense nie kan koop nie. Hulle is die tipe mense erg passievol wat jou asem wegslaan. Jy sal NOOIT verwag waartoe hulle in staat is tot jy dit nie self beleef nie!

Spesiale Tradisies:


Rafael is van Portugese afkoms en is dit tradisie dat gaste aan die einde van die aand ʼn boog vorm terwyl die liedjie “Boa Sorte” speel.  Dit beteken “goeie geluk/sterkte”.  Die bruidspaar loop dan deur die boog en almal sal ons dan omhels en sterkte toewens voor ons vertrek.

Venue & Dekor:


Ek dink ek het redelik al hieroor geantwoord.  Die trouvenue is hoofsaaklik gekies omdat dit redelik naby was vir ons gaste om te reis en omdat dit op ʼn wildsplaas is.  Dit was só mooi!

Die dekor is alles voorstelle van ons troubeplanner en hy het ons letterlik verras met die eindproduk.  Alles het by die aardse tema gepas, die roosgoud glase, goud eetgerei, servette, kerse ens.

Ons het nie een dingetjie self bestel, gekoop of gehuur nie.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Daar gaan altyd iets verkeerd! haha.  Ons het hard gewerk aan ons geloftes, want dit was vir ons belangrik om dit self vir mekaar te sê.  Ons dominee het vergeet dat dit ons versoek was en toe nooit kans gegee vir geloftes nie!  LOL so … toe die onthaal begin, toe sê ons dit maar daar 🙂  Die klankstelsel was aanvanklik sleg geplaas, so ons het gesukkel om toesprake te hoor, maar anders was alles regtig perfek.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Dames!

Daar gaan ALTYD iets verkeerd gaan, maak nie saak hoe hard jy beplan of hoe in beheer jy is nie.  Die punt is, elkeen wat jy na daardie troue toe nooi is daar omdat hulle, julle liefhet.  Foutjies gaan hulle niks minder laat dink nie.  Dis in elk geval lekker as mense lank daarna jou troue onthou en kan lag daaroor.  🙂

Vir die mans:

Smile asb ordentlik op fotos!  Julle gaan nooit die einde daarvan hoor nie!

Eerste Dans:


Ons eerste dans was agt minute lank!  Rafael het vir ons samestelling van al ons gunsteling liedjies gemaak.  Ons het dit self choreografeer.  Dit was die lekkerste agt minute van die troue! Dit het beslis die toon gestel vir die res van die aand.

Wittebrood:


OOOOOH!!!!  Wag ek raak skoon emosioneel as ek hieraan terugdink.  Dit was die b.e.s.t.e wittebrood!!!

Ons is baie geseënd deur die maatskappy waarvoor ons werk het ons vliegtuigkaartjies verniet gekry en Italië toe gereis.

  • Vyf dae in Rome: Die Colosseum, Vatican City en Trevi Fountain besoek.
  • Vyf dae in Sorrento: Amalfi Coast, Pompeii, Positano en Capri gereis.
  • Vier dae in Florence: Tuscany wine farms, Tower of Pisa, Ponte Vecchio.
  • Drie dae in Venice: Rialto bridge en Doge’s palace.

Ek het regtig nie genoeg spasie om hierdie belewenis te beskryf nie!  Ek is net sooo dankbaar dat Ons Vader ons só seën.

Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: