Stefan & Shana se Strand Verlowing Fotosessie

In dié inskrywing deel ons Stefan en Shana se strand verlowing fotosessie by die pragtige Dappat se Gat Strand, tussen Gordonsbaai en Rooi Els.  Die paartjie se verlowing fotosessie is te mooi om gemis te word, so maak seker jy neem jou tyd om na die paartjie se pragtige verlowing foto’s te kyk.

ʼn Verlowing fotosessie is baie meer as net nóg ʼn fotosessie.  Dit gee paartjies tyd om hul trou fotograaf beter te leer ken.  Paartjies kan die tyd neem om enige vrae te vra tydens die fotosessie wat sal help dat die paartjie op hul gemak voel op hul troudag.  ʼn Troue is klaar stresvol soos dit is, omdat daar so baie dinge gebeur op die dag.  Die laaste ding waaroor paartjies moet stres is hul trou foto’s.  Mens wil hê dit moet so stresvry en natuurlik moontlik wees.

Die ligging van die fotosessie, Dappat se Gat was die perfekte agtergrond vir die paartjie se verlowing foto’s.  Majestueuse berg uitsigte en die prentjie mooi strand maak dit ʼn besonderse mooi agtergrond.   Shana en Stefan se neutrale kleurskema van hul uitrustings was die perfekte keuse.

Besoek Mooi Troues se aanlyn trougids wat trou diensverskaffers bevat van regoor Suid Afrika. Ons aanlyn trougids sal julle trou beplanning proses soveel meer vergemaklik.  Hier kan jy fantastiese trou diensverskaffers vind vir julle troudag.

Die paartjie het ook getrou by die pragtige trou venue, Murasie net buitekant Baardskeerdersbos in Gansbaai in die Overberg.  Rol af om te kyk na die mooi foto’s van Stefan en Shana se verlowing fotosessie en sommer tonne inspirasie te kry vir jul eie fotosessie.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons het mekaar ontmoet in 2006 en na ʼn paar jaar vriende geword op Facebook.  In 2010 het ons ʼn paar keer weer ontmoet, maar Shana moes verhuis na PE kort daarna.

Ongeveer vier jaar later was ons al twee by die selfde restaurant waar ons mekaar weer gevind het.  Het nommers geruil en van daar af het ons padjie saam begin.

Ons was vyf jaar in ʼn verhouding voor ons saam begin bly het en het ʼn jaar daarna saam ʼn woning gekoop.  Na twee honde-kinders later en agt jaar in ʼn verhouding, het ons verloof geraak.

Die groot vraag:


Ons het verloof geraak by die Garden Of Eden in Knysna op die 31ste Desember 2021.

Stefan se ouers was saam met ons daar en wat net ʼn gewone wandel deur die woude moes wees het toe ontstaan in ʼn verlowing.

Ons het ʼn foto geneem op ʼn hout brug in die middel van die woud, waar Stefan toe op sy knie gaan net na die foto geneem was.  Trane het gerol gevolg deur ʼn groot omhels en ʼn JA antwoord.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons het beplan om nie langer as twee jaar verloof te wees nie.  Wou net genoeg tyd hê om alles te kan beplan en te reël voor die groot dag.  Ons het reeds getrou op 25 Februarie 2023 en ons was ʼn bietjie meer as ʼn jaar en twee maande verloof.

Die verloofring:


Die verlowing was ʼn verrassing vir Shana.  Sy het geen idee gehad dat ek (Stefan) haar gaan vra om te trou nie.  Haar verloofring was gemaak vanaf ʼn idee wat Shana vir my gewys het jare gelede.  Die verloofring is ʼn geel markies diamant snit steen met twee wit peer vorm stene aan albei kante.  Als kom dan by mekaar met ʼn geel goud ring.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ons het vir Boland Weddings benader om ons trou foto’s te neem.  Deel van die trou pakket was ʼn verlowings fotosessie, waar ons die fotograaf kon ontmoet en ook foto’s kon kry om in ons trou uitnodigings te gebruik.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Die inspirasie was om ʼn neutrale kleurskema met ʼn pragtige natuurlike omgewing by mekaar te bring.  Al die kleure moes die agtergrond komplimenteer.

Ons was selfs omring deur bobbejane op die strand wat baie geïnteresseerd was met ons fotosessie.  Om nie eers te praat van hoe angs bevange ons was met hulle net meters weg van ons af nie.

Visie vir droomtroue:


Ons troue was by Murasie in Gansbaai.  Dit was die eerste trou venue wat ons na gaan kyk het nadat ons verloof geraak het en dit het onmiddellik ons harte gesteel.

Ons het ʼn trou venue gesoek wat modern en elegant was.  Dit moes ʼn pragtige uitsig hê met ʼn sonsondergang.  Dit was ook vir ons belangrik om al ons familie en vriende by ons te hê op ons groot dag.  Ons hou van ʼn goeie partytjie en die trou venue moet ons so kan akkommodeer met ʼn goeie platejoggie en die regte beligting.   Albei van ons hou ook van eet, so die kos moes lekker en genoeg wees.

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: