Terrance & Louise se speelse verlowing fotosessie

Terrance en Louise het besluit om die huislike atmosfeer van die Revolution House in Johannesburg tot hul voordeel te gebruik en ‘n speelse verlowing fotosessie daar te doen.  Hul sprankelende geaardhede en gemaklike verhouding het na vore gekom in hul foto’s.  Hulle het drie verskillende omgewings gebruik wat elk met ‘n nuwe uitrusting gepaard gegaan het.  Dit het verseker dat hul ‘n wye verskeidenheid foto’s het wat hul vir ewig kan koester.

Daar is niks so kosbaar soos jong liefde nie.  En in vandag se tyd is daar oneindige uitdagings vir getroude paartjies.  Terrance en Louise sal met hierdie foto’s nooit dié kosbare tyd van hul lewens en hul opregte liefde en waardering vir mekaar vergeet nie.

Maak seker om die interessante storie oor hul ontmoeting te lees.  Laat dié paartjie se speelse verlowing fotosessie jou inspireer om met nuwe oë na die mag en prag van die liefde te kyk.

playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot

Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?


Eerste Ontmoeting

Ek en Terrance het mekaar in Nelspruit by die Innibos Musiekfees ontmoet.  Hy was ook oorspronklik van Johannesburg, maar hy het vir 1 jaar na Nelspruit verhuis.  Die tydsberekening om my sielsgenoot te vind, was perfek.  Die musiekfees was vier dae lank en ons het die eerste aand buite die biertent ontmoet.  Ons albei het alleen aan teenoorgestelde kante gestaan, mekaar se oog gevang en besluit om mekaar te nader.  Hy is ‘n Engelse man en dit het onmiddellik vir my uitgestaan, aangesien 95% van die feesgangers Afrikaans was.  Ons het begin gesels en hy het uiteindelik aangebied om vir my ‘n drankie te koop.

Ek het vroeër in Lydenburg gewoon, so ek het baie ou vriende en familie uit daardie omgewing gehad met wie ek moes tyd spandeer.  Almal wou ‘n tydjie hê om te gesels, dus het ek het nie regtig tyd gehad vir nuwe mense nie, veral nie nuwe mans nie!  Terrance het teruggekeer met my drankie en toe hy dit aan my gee, het my vriende my dadelik weggeraap om na die vertoning te gaan kyk.

Ek het hom die volgende aand weer raakgeloop en hy het wéér aangebied om vir my ‘n drankie te koop.  Met sy geluk, het my vriende my weer weggetrek net toe ek die drankie kry. Dit het die volgende aand weer gebeur, soos déjà vu!  Die laaste aand het ons weer mekaar raakgeloop en hierdie keer nommers uitgeruil.  Hy was so vriendelik.  Ek sal nooit die manier vergeet waarop hy na my gekyk het nie – asof ek die mooiste meisie was wat hy al ooit gesien het.

Liefde met die eerste oogopslag

Op pad terug Johannesburg toe, het ek deur die name en nommers van al die nuwe mense wat ek ontmoet het gegaan.  My oog het dadelik by hom gestop.  Ek het besluit om vir hom ‘n boodskap te stuur net om jammer te sê dat ek nie ‘n behoorlike gesprek met hom kon hê nie.  Hy het gesê dat hy die volgende naweek in Johannesburg sal wees, en dat ons hierdie keer vir ‘n regte drankie moet ontmoet.  Toe ons mekaar vir die eerste keer na Nelspruit weer sien, was dit liefde met die eerste oogopslag.  Ons het die sprong geneem en nou, na ses jaar, is ons verloof en gereed om ons lewens saam te spandeer.

playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot

Wie het wie gevra om te trou?


Terrance het my op die strand in Paternoster gevra om te trou.

playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot

Inspirasie agter die verlowing fotosessie


Die inspirasie was om ‘n fotosessie by die huis te doen waar ons gemaklik is, onsself kan wees en net pret hê.  Ons het elke oomblik van ons speelse verlowing fotosessie geniet.

playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot

Wat het jul ingedagte vir jul droom troue?


Ons droomtroue sal êrens op ‘n vergeleë eiland op die strand wees, met slegs naaste familie en vriende.  Ons gaan egter in ‘n pragtige tuin trou wat mooi opgemaak is.  Dit is ook ‘n droom van ons is, want ons is mal oor die see en die natuur.  Ons sal beslis eendag ons trou-beloftes op ‘n vergeleë eiland hernu.  Dus kry die beste van albei!  Ons wil graag hê die wittebrood moet die hoogtepunt wees.

playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot playful engagement photo shoot

Klik hier vir diensverskaffers