Emíl & Monet se Minimalistiese Troue op ʼn Wynlandgoed

Ons deel met opgewondenheid Emíl en Monet se minimalistiese troue op ʼn wynlandgoed by Highberry in Somerset-Wes met jou. Die paartjie se selfdoen troue is definitief ʼn fantastiese bron van inspirasie vir paartjies wat ʼn minimalistiese trou styl het. Ons het voorheen hulle oulike verrassing verlowing in Houtbaai op Mooi Troues gepubliseer.

Highberry is geleë net buite Somerset-Wes omring deur die mooiste uitsigte en rustigheid van die plaaslewe.  Dit is die perfekte keuse vir paartjies wat opsoek is na ʼn trou venue in die wynlande.  Met soveel foto geleenthede vir paartjies se trou foto’s en ʼn trou venue omring deur ʼn lekker groot plaas stoep.  Die perfekte plek vir ʼn gesellige troue.

Monet en Emíl se trou kleurskema was ʼn neutrale kleurpalet met baie wit en baie sagte sandkleur.  Hulle het pragtig gelyk op hul troudag!.  Hul trou dekor was net só mooi gewees.  Dit was simplisties, maar het net iets so spesiaal aan dit gehad.  Die gebruik van droë blom ontwerpe en ʼn paar rose tussenin is so mooi.  Wit op wit was gebruik vir die trou tafels en ʼn tikseltjie sagte grys vir die servette.

Hulle sonsak trou foto’s is so sag en helder ter selfde tyd.  Die oulike ligte blou motor wat gebruik was in die foto’s gee ʼn prettige gevoel aan die fotosessie.   Om meer te sien van Emíl en Monet se minimalistiese wynlandgoed troue en om meer te lees oor hul liefdesreis as paartjie, rol af.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het mekaar ontmoet deur my (Monet) se broer.  Dit was die dag na my 24ste verjaarsdag en ons het weer aangesluit by Emíl en pelle by ʼn restaurant.  Ek het aangebied om langs Emíl te sit sodat my broer langs sy vrou kon sit en soos hul sê: “Die res is geskiedenis”.  Emíl het my gevra by die mooiste venue, Tinstwalo Atlantic in Hout Bay.  Alles was ʼn groot verassing en die ongelooflikste dag gewees.

Die Verlowing Tydperk:


Ons was so elf maande verloof en ons het alles self beplan, maar Monet se ma, Carol Gous, was ons trou beplanner.  Sy het alles self gedoen en ons só baie gehelp met ons trou reëlings.

Trou Begroting:


Die trou begroting was omtrent so R80,000.  Ons het meestal daar by gebly, maar daar is altyd goed wat bykom waaraan mens nie dink nie wat goed duurder kan maak.  Baie van die goed het ons self gedoen, ons het blomme gekoop en self blomme en dekor gedoen.  Ons het sekere goed ook net uitgelos wat nie vir ons belangrik was nie om geld te spaar.

Ons advies is dat daar nie reëls is nie.  Mense maak so groot ding daarvan, maar bly net getrou aan jouself en julle as ʼn paartjie.  Doen net wat vir julle belangrik is, dit is julle dag.  En niks anders maak maak nie.

Spesiale Tradisies:


Monet het om Emíl sewe keer geloop gedurende die seremonie, om te wys dat sy ʼn spiritueel muur om hom bou en dat hulle een sal wees.

Emíl het ook Monet se sluier gelig en nie haar pa nie, omdat sy, sy bruid is.  Dit was ook dat sy enige emosionele mure tussen hulle sal laat afbreek en haarself 100% via hom gee.  Sy is sy vrou.

Merkwaardigste Oomblikke:


Monet:

Toe ek vir Emíl die eerste keer sien – hy het gehuil toe hy my sien.  Toe stap ek sewe keer om hom en die oomblik wat hy my sluier gelig het. Woorde kan nie daai oomblik beskryf nie, dit het gevoel asof dit net ons twee was.

Emíl:

Toe Monet my vrou geraak het – die oomblik wat ons wettiglik getroud was.

Vermaak:


Ons het vir Matt Carstens gehad by ons voor-ete partytjie (canapés),  Hy het vir twee stelle 45min regstreekse musiek gespeel en dit was ongelooflik.

Die Besluitnemingsproses:


Definitief die bruid, maar Monet het altyd Emíl se raad gevra en waar hy betrokke wou wees.  Verder het Monet en haar ma, Carol, alles gereël en al die besluite geneem.  Net ons tweetjies.

Paartjie se styl:


Ons styl is baie minimalisties en anders.  Ons hou daarvan om goed in ʼn unieke manier te doen.

Die trouringe het ons self ontwerp.

Emíl se troupak was beige en neutrale kleure, hy wou ʼn ‘cropped’ broek dra sonder sokkies, asook nie ʼn das nie.  Dit is uit-en-uit sy styl – stylvol en ontspanne.

My trourok was baie romanties en die boetiek het self gesê ek is die eerste bruid om ooit daardie rok te dra.  Dit was anders as wat almal nou dra en presies my droom trourok.  Dit pas ook mooi by my persoonlikheid.

Gunsteling Diensverskaffers:


Inecke Photography. Alles was mooi en ongelooflik van die dag, maar niks kom by wat Inecke daai dag vir ons gedoen het nie.  Sy het nie net foto’s geneem nie, maar advies gegee waar ek dit nodig gehad het,  selfs my gehelp om in my trourok te klim.  Uit-en-uit die beste fotograaf en vriendin.

Venue & Dekor:


Die is eerlik waar die eerste en enigste venue waarna ons gekyk het, Highberry Wine Farm Venue.  Dit was net presies wat ons gesoek het en die natuur was só mooi dat ons nie verder wou soek nie.  Hulle was heeltemal vol bespreek vir die volgende jaar – maar toe het hulle gelukkig ʼn kansellasie gekry en dit was vir ons ʼn teken – 30 Oktober 2021.

Trou dekor het ons alles self gedoen.  Monet se ma het alles beplan saam met Monet en hul wou alles wit en neutrale kleure hê met droë blomme en ʼn paar rose tussenin die baie kerse.  Eenvoudig, maar elegant.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Ons sal niks verander van die dag nie – absoluut niks.  Iets wat ‘nie-so-perfek’ was nie – was dat Monet haar ruiker vergeet het en sonder dit by trougang afgestap het – maar dit was die beste oomblik wat sy kon haar trourok oplug en haar pa vashou, dit was nogal moeilik om op die gras te stap.  Maar mens kon ook haar trourok heeltemal sien en dit was eintlik so spesiaal.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Monet:

Vertrou jou hart.  Moenie besluite maak omdat dit is wat iemand anders wil hê nie.  Dit is jou een dag om te doen net wat jy wil.  Dra die trourok van jou drome, al is hy wit, pienk, ‘champagne’ dit maak nie saak nie.  Jy moet mooi voel in jou trourok en oor jou troudag.

Emíl:

Geniet net die spesiale oomblikke en die goeie tye saam vriende en familie. Probeer inneem soveel jy kan, want die dag vlieg verby. “Don’t sweat the small stuff.”

Eerste Dans:


Ons eerste dan is baie anders.  Me die ingestap by ons onthaal –  het ons dadelik die troukoek gesny en dadelik ons eerste dans gedoen.

Ons liedjie was “I found you – Kyle” dit was al ʼn rukkie ons liedjie en dit was net só van pas.  Dit beteken baie vir ons.  Ons het nie vir dans klasse gegaan nie en net lekker saam gedans – baie natuurlik.

Wittebrood:


Ons het Zanzibar toe gegaan. Emíl het alles beplan as ʼn verassing en die mooiste oord vir ons gekry.  Dit was die lekkerste ervaring en ook só ʼn spesiale tyd.

Mooi Troues Diensverskaffers:

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: