Advies vir die huur van ʼn Trou Bloemis vir jul Troue

In dié advies artikel gee ons advies vir die huur van ʼn trou bloemis vir jul troue.  Almal hou van pragtige blomme, maak nie saak of dit min of baie blomme is nie.  Blomme by ʼn troue kan die voorkoms en algehele styl van ʼn troue maak of breek.

Dit is baie belangrik om die regte bloemis te vind vir julle troue.  In dié artikel gesels ons oor ʼn hele paar punte wat julle ingedagte moet neem wanneer julle besluit om ʼn trou bloemis te huur.

ʼn Trou bloemis is ʼn kunstenaar, en soos ons almal weet het elke liewe persoon ʼn ander kuns smaak.  Dit is dieselfde wanneer dit kom by blomme vir troues.  Vind ʼn trou bloemis wat vir julle sal werk en waarmee julle gemaklik is.

Vir tonne inspirasie, blaai deur Mooi Troues se Regte Troues.  Hier sal julle ʼn idee kry van regte troues en die blom ontwerpe wat gedoen was by die paartjies se troues.  Dit is altyd belangrik om na regte troues te kyk, want dit gee mens ʼn beter idee van wat moontlik is.  Daar is ʼn groot verskil tussen blomme vir ʼn gestileerde fotosessie byvoorbeeld en ʼn troue.

Daar is soveel waardevolle advies wat mens kan gee vir paartjies wat ʼn trou bloemis huur.  Rol af vir ʼn paar advies punte vir die huur van ʼn trou bloemis vir julle troue.

Maak ʼn kortlys van bloemiste waarvan julle hou:


Die heel eerste stap is om jul trou bloemis te vind.  Waar vind jy ʼn trou bloemis?  Daar is baie plekke om trou bloemiste te vind.

Klik hier om na Mooi Troues se Trougids te gaan waar ons professionele trou bloemiste lys van regoor Suid-Afrika.  ʼn Ander manier is om jul vriende wat getrou het te vra vir verwysings.  Julle kan ook op sosiale media kyk vir trou bloemiste.

Sodra julle ʼn paar bloemiste gevind het wat julle van hou, sit hulle op ʼn kortlys om te kontak vir kostes ensovoorts.

Lees resensies en soek die bloemis aanlyn:


Hierdie is die mees belangrikste punt van alles. Daar is baie swendelaars daar buite.  Net soos julle nie net geld sal betaal na enige iemand nie, net so moet jy nie net besluit op die eerste beste trou bloemis nie. Soek die bloemis se besigheid se naam op sosiale media, asook op plekke soos Google en resensie platvorms.  Moet nie net die bloemis se besigheid naam soek nie, soek ook die bloemiste se persoonlike naam en van aanlyn.

Omdat die persoon ʼn bekroonde trou bloemis is en gelys is as die beste, beteken nie noodwendig dat dit wel die beste keuse vir julle is nie.  Julle moet seker wees jul lees oor enige negatiewe ervarings wat paartjies gehad het ook te lees en nie net die positiewe nie.

As die bloemis baie negatiewe terugvoering het of voorkom as ʼn swendelaar, vermei eerder die persoon en beweeg aan na die volgende opsie.

Begroting:


Wat is julle begroting vir jul blomme?  Dit is die heel eerste vraag wat julle sal moet beantwoord.  Blomme is nie die goedkoopste uitgawe nie, so maak seker julle weet presies hoeveel julle kan spandeer op jul trou blomme.

Jul blomme begroting vir jul troue sal bepaal watter bloemis julle kan huur en die tipe blomme, asook die styl en hoeveelheid blomme.  Dit is nie al nie, dit sluit ook dan ander kostes in soos die stilering van die blomme en die ontwerp van die blom rangskikkings.

Sodra julle op ʼn begroting besluit het, is dit bietjie makliker.  Dan kan julle bloemiste waarvan jul hou kontak en vra wat hulle vir julle kan bied binne jul begroting, indien hulle kan help.

Die Bloemis se Ervaring:


Hierdie is ʼn baie belangrike punt.  Watter ervaring het die bloemiste waarin julle belangstel.  Net soos enige ander werk en industrie het bloemiste ook verskillende vlakke ervaring.

Dit help nie julle is opsoek na ʼn trou bloemis wat ingewikkelde blom ontwerp installasies doen nie, maar die bloemis wat julle gebruik het nog net handruikers gemaak tot-en-met nou.

Hier is ʼn paar vrae wat julle vir die trou bloemiste op jul kortlys kan vrae:

  • Spesialiseer julle in trou blomme?
  • Hoe lank doen julle al trou blomme?
  • Hoeveel troues het julle al gedoen?
  • Het julle kliënte resensies wat ons kan sien?
  • Kan ons foto’s sien van regte troues wat julle al gedoen het?

Gebruik ʼn bloemis wat spesialiseer in troues:


Hierdie punt gaan hand-aan-hand met die bloemis se styl.  Gebruik ʼn bloemis wat spesialiseer in troues.  Om ʼn trou bloemis te wees is nie speletjies nie.  Party troues benodig baie blomme en verskillende tipe blom installasies wat slegs deur ʼn professionele trou bloemis gedoen kan word.

Met blom ontwerpe wat al hoe grootter en kompleks raak, moet bloemiste wat spesialiseer in troues regtig weet wat hul doen.   Omdat iemand mooi klein blomme rangskikkings kan maak, beteken nie noodwendig die persoon kan ʼn troue se meer komplekse blom ontwerpe doen nie.

Bloemis se styl:


Elke bloemis het ʼn ander styl en manier van blomme ontwerp.  Is die bloemis se blom ontwerpe meer modern, organies, simplisties, luuks, rustiek of tradisioneel.  Werk die bloemis dalk meer met spesifieke blomme?  Dit is alles wat julle ingedagte moet neem.

Onthou, ʼn bloemis is ook ʼn kunstenaar en het ʼn seker kuns styl waarvan hulle hou.  Dit is okei as julle nie van ʼn seker bloemis se styl hou nie, dit is julle eie persoonlike smaak en voorkeur.

Dinge om na uit te kyk en waaroor julle die bloemis kan vra:

  • Kan die bloemis iets vir julle doen binne jul begroting?
  • Werk die bloemis met enige blomme of slegs sekere blomme?
  • Waarmee is die bloemis gemaklik?
  • Wat kan die bloemis nie doen nie?

Portefeulje:


Kyk ordentlik na die trou bloemis se portefeulje en spesifiek vorige trou blomme ontwerpe.  Verskillende bloemiste het verskillende style en kunstigheid.  Maak seker wat julle sien in die bloemis se portefeulje stem ooreen met julle visie vir jul eie troue se blom ontwerpe.

Dit help nie die bloemis doen die oulikste hand ruikers nie, maar julle is opsoek na massiewe blom installasies wat in ʼn drie verdieping oop spasie moet hang met honderde orgideë nie.  As die bloemis nie sulke werk doen nie, dan help dit nie julle probeer die bloemis druk om so iets te doen nie.

Wanneer julle na die bloemis se portefeulje kyk, probeer kyk of die rangskikking en stilering van die blomme is waarvan julle hou.  Probeer ook dink aan die kleur kombinasies en die tipe blomme waarmee die persoon werk.

Verstaan waarvoor julle betaal:


Maak seker julle verstaan presies wat op die kwotasie van die bloemis is.  Lees dit weer en as julle nogsteeds nie seker is nie vra die bloemis per e-pos om die kwotasie te verduidelik tot jul dit verstaan.  Probeer alles op skrif hou.

  • Kyk na die tipe blomme en hoeveelheid daar is op die kwotasie.
  • Is die opstel kostes ingesluit in die kwotasie?
  • Hoeveel reis kostes is ingesluit in die kwotasie en is dit genoeg?

Die Kontrak:


Net soos meeste ander trou diensverskaffers het meeste bloemiste ook kontrakte.  ʼn Kontrak is nie daar vir wanneer dit goed gaan nie, maar vir die tye wanneer dinge nie te goed gaan nie.  Die kontrak beskerm beide julself en die bloemis, so maak seker julle verstaan die inhoud van die ooreenkoms.

Moet nie net teken, sonder om te lees nie.  Kontrakte is bindend, so maak seker julle verstaan wat julle lees.

Wat die prys van julle blomme kan beïnvloed:


Tipe blomme:

Die tipe blomme wat julle wil hê sal seker die grootste impak op die begroting en kostes hê.  Minder blomme beteken nie minder geld nie.  Dit gaan oor die tipe blom wat gebruik word.  Party blomme is baie duurder as ander blomme.  Dit is waar julle bloemis se professionalisme inkom.  Indien die bloemis blomme goed ken, veral blomme wat goed werk by troues, dan kan die bloemis vir julle baie bespaar.

Is jul blom keuses in seisoen?

Hierdie is ʼn vraag wat dalk nou onnodig klink, want wie sal nou blomme wat nie in seisoen nie gebruik?  Julle sal verbaas wees.  Meeste mense ken nie blom tipes nie en weet nie wat is wanneer in seisoen nie.  Omdat mens die blomme in die winkels sien regdeur die jaar beteken dit nie dat dit plaaslik in seisoen is nie.  Dit mag dalk ingevoer wees.

Maak seker met julle bloemis dat die blom tipes wat julle wil gebruik is wel in seisoen.

Ingevoerde teenoor plaaslike blomme:

Ons is bederf met pragtige blom spesies in Suid Afrika, maar baie paartjies is opsoek na spesifieke blom soorte wat nie algemeen beskikbaar is in Suid Afrika nie.  Hierdie blom soorte moet ingevoer word van ander lande en daar is definitief addisionele kostes betrokke.

Ingevoerde blomme moet reis van die ander kant van die wêreld vir julle trou bloemis om die pragtige blomme skeppings vir julle troue te maak.  Indien julle ingevoerde blomme wil gebruik, maak seker julle trou bloemis is ʼn kenner in dié veld.

Bloemiste wat blomme laat invoer is meer algemeen as wat jul dink, maar dit kom nogsteeds teen ʼn groter koste as wat jul plaaslike blomme wat in seisoen is gebruik.

Gesels met julle trou bloemis en vind uit wat is plaaslik beskikbaar en wat wel ingevoer moet word.  So kry julle ʼn beter idee van die koste beraming en ook jul besluite.

Vervoer en logistiek:

Net soos enige ander items wat by jul troue afgelewer moet word, net so is dit met jul troue se blomme.  Die plek waar julle trou sal bepaal of die bloemis soontoe kan reis met die trou blomme of nie.  Dit bepaal ook die kostes om die blomme en blom ontwerpe daarnatoe te vervoer en te installeer.

Blomme moet vars en koel bly tydens die vervoer, sodat dit nie verlep en dood lyk wanneer dit by jul troue aankom nie.  Indien julle ʼn grootter troue het of baie blomme het, gaan die vervoer en logistieke kant bietjie meer ingewikkeld wees en dit mag moontlik meer kos.

Tendense vir 2024:


Daar is soveel verskillende tendense wanneer dit kom by trou blomme.  Ons gaan net ʼn oorsig gee van wat die nuutste tendense is in die trou blomme bedryf.

Helderder blomme is besig om al hoe meer die nuwe tendens te word.  Die Boheemse meer gedroogde tendens was nou vir ʼn hele paar jaar in die mode, maar die helder blom tipes kom nou weer stadig terug.  Gedroogde blomme sal nogsteeds in tendens wees, maar dit sal gekombineer word met meer kleurvolle blom ontwerpe.

Plaaslike blomme is al hoe meer ʼn tendens, regoor die wêreld.  Ondersteun plaaslik en probeer eerder plaaslike blom plase ondersteun as wat mens onnodig invoer.

ʼn Kombinasie van verskillende blomme is ʼn groot tendens.  Omdat julle hou van rose, beteken dit nie dat julle stokstywe roos ruikers moet hê nie.  Kombineer dit met ander blomme en laat die blomme bietjie asem haal.  Pragtige meer los blom ontwerpe is ʼn groot tendens.

Stelling stukke gaan groot raak.  Dit sluit in blom boë, blomme teen die mure of groot blom ontwerpe wat los gepla word in die trou lokaal.  Blomme gaan deel vorm van die algehele dekor elemente van troues en minder net ʼn tafel bedekking wees.

Simplisties of dramaties, daar is plek vir albei die seisoen.

Artikel Krediet:

  • Advies: Mooi Troues
  • Foto’s: Pexels