Ons deel met julle Willem en Anina se pragtige Boland troue in die Worcester omgewing. Majestueuse berge en prentjie mooi landskappe was die agtergrond van Anina en Willem se troue by ล plaas net buitekant Worcester.
Anina het pragtig gelyk in haar ontwerpers trourok, wat sรณ mooi ingepas het by haar strooimeisies se rokkies. Die sagte kleurpalet van die strooimeisie rokke en spierwit hand-ruikers met tikseltjies groen het gesorg vir ล baie stylvolle voorkoms. Willem en sy strooijonkers se donker pakke skep ล kontras in kleur wat perfek inpas.
Die trou venue was versier in skakerings van wit en groen. Rou hout tafels het so mooi uitgestaan by die ligte kleurskema en het tekstuur by die dekor elemente gesit. Jy kon sien die paartjie se troue was ล lekker gesellige makietie gewees met vriende en familie.
Viljoen Juweliers is gebaseer in Worcester met kliรซnte regoor Suid-Afrika. As jy opsoek is na ล juwelier wat die perfekte verloofring of trouring vir jou kan maak, dan hoef jy nie verder te soek nie. Met meer as 70 jaar se kennis en ล passie vir mooi juweliersware is jy in goeie hande.
Om ล troue beplan hoef nie ล stresvolle ervaring te wees nie. Professionele diensverskaffers maak die hele troubeplanning proses ล bietjie makliker. Vind al jou diensverskaffers vir jou troue in Mooi Troues se Trougids. Rol af om meer te lees oor die pragtige Boland troue en Willem en Anina se liefdesreis.
Paartjie se Liefdesreis:
Ons het op skool ontmoet en was saam in die koshuis. Toe het ons van graad 10 af begin uit gaan. Die skool liefde het net aanhou groei. Ons was 7 en ล half jaar saam toe ons getrou het. Dit was altyd ons plan om vroeg te trou, omdat ons net nader aan mekaar wou wees.
Deur die drie fases van ons lewe saam het ons baie geleer en saam gegroei. Eers skool, toe studeer hy op Elsenburg en ek in Wellington daarna het ons altwee begin werk. Ons het in Struisbaai op die strand verloof geraak. Dit was ล groot verrassing. Die groot afwagting na my kers geskenk was toe al die tyd ล verloofring.
Ons het die 31ste Desember 2020 op die strand verloof geraak. Ironies genoeg, omdat ons nie eintlik op die strand mag gewees het of gedrink het nie. Haha ons het beide gedoen. My sussies was daar om die oomblik vas te vang en die kersies in ล hartjie te pak. Daarna het ons die Oujaarsaand en verlowings partytjie saam met vriende en familie geniet.
Die Verlowing Tydperk:
Ons was 9 maande verloof. Ons het dit self beplan en het net ล koรถrdineerder op die dag gehad.
Trou Begroting:
Ons het 135 gaste gehad. Ons het ล Excel sigblad gebruik om ons inkomstes en uitgawes te lys. Dit het baie gehelp om boek te hou van alles en om optel foute te vermy.
My raad sal wees. Doen altyd jou huiswerk goed. Moenie die eerste beste opsie vat nie. vergelyk tenminste 3 verskaffers se pakkette en dan neem jy jou besluit. Gaan kyk na venues dan sal jy sommer dadelik die gevoel kry.
Gunsteling Diensverskaffers:
- Spyseniering: Marinda & Muriel Catering โ Hulle kos is uit die boeke en ล mens wil altyd hรช jou trou gaste moet lekker eet.
- Confetti Queen: Goue konfetti blaser โ Die konfetti wat uit die dak uitval het ons gaste heel aand besig gehou en hulle het dit vreeslik geniet.
- Cindy Bam: My mooi trourok en sluier.
- Foto en videograwe: Boland Weddings.
- Hanja Makeup: Grimering en hare van bruid, strooimeisies, maโs.
- Tentmen: Die hang van al ons liggies, gloeilampies en blomme rakke.
- Blommeprag: Tannie Annemarie โ Die tannie mag maar blomme doen dit was sรณ mooi.
- Platejoggie: DJ Rainer Wagner โ Hy het ons dansbaan vol gehou.
Die Besluitnemingsproses:
Ek het meeste van die besluite geneem. Willem, die strooimeisies en maโs was ook betrokke om my te help met idees en om besluite te neem. Dit was lekker om die dag saam met hulle almal te beplan en die opgewondenheid met hulle te deel. Ek, die 2 maโs en strooimeisies was op ล โdress huntโ gevolg deur ล โhigh teaโ. Dit was groot pret. Ek en my ma het ook lekker gaan tafeldek by die dekor plek en sommer lekker met idees gespeel.
Paartjie se styl:
Die kleur skema was groen, oud en wit. Ons styl was eenvoudig, mooi, en elegant. Albei trou ringe is witgoud. Willem het net ล geel goud randjie. Willem het ล vlootblou pak gedra en ek ล eenvoudige wit trourok met pรชreltjies op gewerk. Ons wou net gemaklik wees en hรช ons troue moet ons as paartjie mooi opsom en uitgebeeld.
My trouring is vir my baie spesiaal, omdat hy dit self gekies en laat maak het. Sonder enige hulp. Ek kan steeds nie ophou daarna staar nie. Saam het ons sy ring gekies en ek het dit spesiaal gemaak deur ons trou datum en โ My enigste liefdeโ daarin te graveer. Haha goeie idee om jou man aan julle herdenking te herinner.
Merkwaardigste Oomblikke:
Anina
Daar was baie merkwaardige oomblikke vir my.
- Reg maak saam met my ma en strooimeisies.
- Toe my pa my in bring en oorgee.
- Konfetti gooi.
- -Die onthaal ( Instap by die saal, koek sny, eerste dans (konfetti blaser), pa en dogter dans, Willem se toespraak, kousband en blomme gooi.
Willem
- Gereed maak saam met al my strooijonkers en pa.
- Die eerste keer toe ek vir Anina sien.
- Fotos saam met die gevolg.
- Die onthaal, samesyn en lekker kos.
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
Bruid:
Droom groot en moenie dat ander jou drome en keuses negatief beinvloed nie. Maak seker jy reรซl jou droom troue en nie iemand anders sin nie. Kies jou strooimeisies versigtig en maak seker hulle almal sal goed saamwerk en jou eerste belange eerste stel. Dit moenie oor hulle gaan nie. Hulle moet jou ondersteun en saam met jou opgewonde wees. Geniet elke oomblik dit gaan in ล oogwink verby.
Bruidegom:
Kies strooijonkers wat lekker saam met jou gaan kuier en die dag vir jou ekstra spesiaal sal maak. Stel belang en help jou bruid om alles te organiseer en te beplan. Begin al vroeg met jou wittebrood reรซlings.
Venue & Dekor:
Ons het na 5 Venues gaan kyk en toe ons keuse gemaak. Ons wou buite trou en ล mooi agtergrond met berge en damme hรช. Verblyf was ook vir ons belangrik. Daar was ล Lapaโtjie waar al die familie en gevolg die Vrydagaand kon saam kuier. Ek is baie op Pinterest en meeste van ons trou inspirasie daar gekry.
Spesiale Tradisies:
- Konfetti gooi
- Koek sny
- Eerste dans
- Bruidegom toespraak en ongetroude manne wat hom spuit met โstreamersโ.
- Toesprake op beide ouers.
- Pa en dogter dans.
- Blomme en kousband gooi.
Eerste Dans:
Ons het sommer ล liedjie gekies waarop ons nog altyd lekker gedans het. Soos altyd het ons gedans en nie vir danslesse gegaan nie. Ons liedjie was โSomebody like youโ van Keith Urban. Tydens ons eerste dans het die goue konfetti blaser die eerste keer af gegaan. Daarna het die gevolg en hulle metgeselle ingeval.
Wittebrood:
Willem het die Wittebrood beplan. Ek het glad nie geweet waarheen ons gaan nie. Ek was baie nuuskierig en opgewonde. Ons het die Tuinroete gedoen.
Ons was eers Garden Route Game Lodge toe. Daar kon ons elke oggend en aand op ล wildsrit gaan en wilde diere kyk. Die uitsig van ons huisie was baie mooi en ons het die eerste aand ล private kerslig ete in die kelder gehad. Die volgende dag was ons na die Spa toe en het die dag daar geniet.
Daarna het ons vertrek na Knysna Heads. Ons het die mooiste uitsig oor die see gehad. Daar het ons lekker gaan uiteet, geroei, met Olifante gaan stap en Monkey World toe gegaan.
- Fotograaf + Videograaf: Boland Weddings
- Trouring: Viljoen Juweliers
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy โn internet konneksie het en โn toestel wat gekonnekteer is tot โn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of โn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ล diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue: Bergland
- Blomme: Blommeprag
- Dekor + Huurdienste: Flambojant
- Grimering + Hare: Hanja Makeup
- Huurdienste: Flambojant
- Koรถrdineerder: Danelle van Bergland Venue
- Platejoggie: DJ Rainer wagner
- Strooimeisie-rokke: Maryke Jacobs
- Trourok: Cindy Bam Couture
- Vermaak: Confettie Queen