Frans & Tharine se unieke paartjie fotosessie

Frans en Tharine se unieke paartjie fotosessie is so eenvoudig, maar tog só mooi.  Mens het nie baie nodig om ʼn oulike fotosessie te hê nie.  Alhoewel die paartjie al ʼn geruime tyd getroud is, bied hierdie fotosessie inspirasie vir paartjies wat opsoek is na idees vir hul eie paartjie fotosessie of verlowing fotosessie.

Die talentvolle duo van Dust and Dreams Photography het die paartjie se foto’s geneem.  Dramatiese wolke, spierwit lakens, liggies en rou baksteen mure was die agtergrond van die fotosessie.  Mens kry ʼn tydskrif gevoel as jy kyk na die fotosessie en dit laat jou ook voel of jy iewers in Spanje mag wees.  Só mooi!

As jy opsoek is na ʼn eenvoudige en maklike manier om ʼn baie mooi verlowing fotosessie te hê, dan is hierdie fotosessie die een vir jou.  Lees meer oor die paartjie se liefdesreis hieronder en oor hul fotosessie.

Die eerste ontmoeting:


Kan maar sê ons is Hoërskool Liefies. Ons het ontmoet in Graad.9 toe Frans in die skool kom.  Ons altwee het dieselfde vanne en dit het veroorsaak dat ons in omtrent elke klas langs mekaar sit.

Fransman het van Gr.9 van my begin hou.  Maar dit was eers Graad 11 Desember toe ons albei by dieselfde plek vakansie gehou het, dat ons gehegte vriendskap in iets meer romanties ontaard het. Frans was daai Desember my eerste soen en eerste kêrel.  Ons is nou al twee jaar en 8 maande getroud!!!

Matriek begin uitgaan tot begin van my 2de jaar.  Was toe uit vir ‘n jaar en ‘n half, maar waar nie een van ons in ‘n ander verhouding was nie.  Ons sien dit nou as die tyd toe ons kon werklik voorberei vir mekaar/die huwelik om die beste weergawes van ons self te kan wees vir mekaar.

Gunsteling eienskappe van mekaar:


Tharine:

Dat Frans my totale vryheid gee.  Hy is my sekuriteit en veilige hawe waar ek kan totaal en al net ek kan wees.  Werklik ek.  Ek voel geborge en lief gehê in sy teenwoordigheid, sonder pretensie.  Sy sagte gees en sensitiwiteit vir mense en situasies maak hom vir my aantreklik!

Frans:

Hou daarvan dat sy na my luister.  Na my stories, dag se verloop en ag net sommer as ek iets op my hart het.  Hou daarvan dat sy saam my kos geniet, proe en probeer.  Hou daarvan dat sy vir my en ons ʼn tuiste skep by ons huis.  Sy maak seker alles by die huis verloop glad, ruik lekker en dit laat my geborge en veilig voel.

Drome as paartjie:


Droom as ʼn paartjie is om lig te lewe.  Lig te wees.  Mekaar werklik te geniet en dit wat die lewe vir ons gee.

Dinge wat die paartjie hou van om saam te doen:


Roomys eet, ons is mal oor roomys.  As ons reis dan beplan ons die reis om die eet plekke wat ons wil probeer.  Ons hou van verskillende kulture se kosse.  Om nuwe geure en smake te ontdek bring weer nuwe lewe in ons albei.

Om al die roomys af te werk hou ons dan ook daarvan om met ons twee worshonde gereeld te stap.

Rede vir die fotosessie:


Ons was werklik geseënd dat ons op Dust and Dreams afgekom het vir ons trou dag.  Hulle is nou ons fotograwe lewenslank.  Nie net is hulle ongelooflik talent vol en kreatief nie … hulle is ook stunning mense!  Ons het so erg geraak op wie hulle is!!!  Hulle is opreg en dit beeld uit in hulle werk.  Dust and Dreams Photography se werk is uniek en rou.  Hulle het ʼn manier om jou gedagtes, emosies en visie ‘n realiteit te maak. Ons kry trane as ons na ons fotos van hulle kyk.  Jy word weg geruk na ‘n toneel.

Met die huweliks herdenking fotosessies kan ons tenminste een keer ‘n jaar saam hierdie besonderse mense melktert eet, gesels om ‘n tafel en honde stories vertel.  Opgewonde oor die kuns wat hulle vir die 3de herdenking gaan skep!

Inspirasie agter die fotosessie:


Dis net ons twee, verlief en onvoorwaardelik!  Ons dien mekaar.  En dis wat hierdie redaksionele konsep uitbeeld vir my.  Ons dien mekaar daagliks, sonder poging en moeite.  Ons kort min om gelukkig te wees.  Voel skat ryk omdat mekaar het.

Visie vir ʼn romantiese afspraak:


Tharine:

Stap in natuur met ʼn post-stap koffietjie of roomys na die tyd.

Frans:

Kosmaak vir Tharine by ons huis met goeie musiek in die agtergrond.

Mooi Troues Diensverskaffers:

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: