PJ & Doné se Stylvolle Verlowing Fotosessie in Kaapstad

PJ en Doné se stylvolle verlowing fotosessie in Kaapstad bied tonne inspirasie vir paartjies wat idees soek vir hul verlowing fotosessie.  Dié paartjie het hul verlowing fotosessie in twee dele opgebreek.  ʼn Europa en Vogue geïnspireerde verlowing fotosessie in die hartjie van Kaapstad se Middestad.  Dan was daar die meer ontspanne verlowing fotosessie op Clifton Strand in Kaapstad met hul twee Frensch Bulldogs hondjies.

Daar is verskeie redes hoekom ʼn verlowing fotosessie baie belangrik is.  Eerste is om meer gemaklik te raak voor die kamera.  Só weet jy dat jy meer op jou gemak is voor die kamera op jul troudag.  Tweedens is om foto’s te hê vir trou uitnodigings of ʼn trou webtuiste.  Doné en PJ het die fotosessie gehad om te gebruik vir hul trou webtuiste en ons dink dit is ʼn briljante idee.

As jy opsoek is na ʼn oulike fotograaf vir jou troudag en wat sommer jul verlowing fotosessie ook kan afneem, klik hier om na ons trougids te kyk.  Vir meer oor PJ en Doné se stylvolle verlowing fotosessie en hul liefdesreis tot dusver, rol af.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons het op vakansie in Stilbaai ontmoet deur vriende en familie wat ons voorgestel het.  Ons het so 8 maande na dit begin uitgaan en ons was 4 jaar saam voordat ons verloof geraak het in September 2020!

Die groot vraag:


PJ het ʼn huis in Hermanus gehuur vir ʼn naweek vir al ons vriende en familie vir sy “verjaarsdag”.  Min het ek geweet dit was eintlik vir ons verlowing.  Dit was die enigste manier hoe hy al ons geliefdes bymekaar kon kry sonder dat ek enige iets vermoed.  Ons het in Januarie 2020 vir ʼn konsultasie gegaan by Ring Artisan waar ons my droom ring bespreek het, maar na so lank het ek niks vermoed in September toe hy my vra om verloof te raak nie.  Hy het ʼn baie mooi ‘set-up’ gehad met sjampanje, ʼn pampas boog en feetjie ligte.  Hy het my ook verras deur vir ons ʼn French Bulldog, my droom hond, met die naam Zara te koop.  Sy is soos ons baba en sy het intussen ʼn sussie, Skye, bygekry!

Hoekom ons mekaar liefhet:


PJ se groot hart en hoe hy altyd gewillig is om uit sy pad uit te gaan vir almal anders is my gunsteling eienskap van hom.

Hoe Doné altyd alles voluit doen en alles deursien tot dit klaar is, is my gunsteling eienskap van haar.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons troue is op 30 April 2022, so ons is ʼn jaar en 7 maande verloof voordat ons trou.

Die verloofring:


Doné het presies geweet wat sy wil hê en sy het die ring konsultasie met Ring Artisan bespreek en daarna het sy alles oorgelaat aan PJ.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ons wou graag foto’s hê vir ons trou webtuiste, en ons fotograwe was so gaaf om ʼn verlowingsessie in ons trou pakket in te sluit.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ons eerste fotosessie wat in die stad geneem is se inspirasie was Europa en Vogue- ons wou graag ʼn meer professionele en klassieke look vir die fotosessie hê omdat die foto’s vir die trou webtuiste gebruik sou word.

Ons tweede fotosessie was saam met ons twee French Bulldogs, Zara en Skye.  Skye was toe nog klein en ons twee honde is so groot deel van ons lewe, Zara kom al saam met ons vandat ons verloof geraak het, en ons wou graag foto’s saam met hulle ook gehad het.  Hulle is soos ons kinders.

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :


Ons wil dit graag eers geniet en alles in neem voordat ons trou en alles beplan.  Albei van ons het besluit om ons tyd te vat en alles stuk vir stuk te beplan.  Ons ken mekaar alreeds so goed, so ons het geen vrese nie.   Net baie opgewonde om getroud te wees en hierdie nuwe seisoen van ons lewe saam te betree.

Visie vir droomtroue:


Ons wil graag alles baie neutraal hou.  Wit en beige met plof van sagte pienk en roes inbring, maar alles baie gedempte tone.  Dan beplan ons ook om meestal gedroogde blare te gebruik met hier en daar ʼn salie roos. Ons wil ook graag pret elemente soos neon tekens en ʼn pienk kroeg inbring.

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: