Trou by Thornybush Game Lodge

Gestig in 1961, was Thornybush Game Lodge enig in sy soort in die Thornybush Natuur Reservaat.  Thornybush is ʼn 14,000 hektaar privaat natuur reservaat wat bestaan uit prentjie mooi landskappe, wilde diere, plantlewe en dan die verskeidenheid verblyf opsies in die reservaat.

Dink jou self in hoe mooi sal jou troudag wees as jy hier moet trou?  As jy ʼn troue beplan en opsoek is na ʼn trou bestemming waar jy ʼn luukse bosveld troue kan hou, dan is Thornybush Game Lodge die perfekte opsie vir jou.

Hulle bied nie net ʼn wêreldklas trou venue nie, maar bied luukse verblyf, restaurant opsies, fasiliteite en aktiwiteite.   Julle en jul trou gaste sal oorgenoeg hê om ʼn fantastiese tyd te hê en te same tyd ook ontspan, weg van die stad se gejaag.

Rol af om meer te lees hoekom Thornybush Game Lodge die ideale trou bestemming is.

Thornybush Game Lodge Thornybush Game Lodge Thornybush Game Lodge Thornybush Game Lodge

Die Perfekte Bosveld Troue:


Thornybush Game Lodge bied die perfekte trou venue met ʼn regte bosveld Afrika gevoel tot dit.  Jy kan gerus voel dat jou troue perfek sal wees.  Met ʼn professionele span wat gewoond is daaraan om troue te beplan, sal jou dag stresvry en perfek wees.

Geniet jou trou seremonie onder die bome in die middel van die bosveld.  Na die seremonie sal julle terugkeer na die lodge waar julle onthaal sal plaasvind.

Thornybush Game Lodge bied ʼn goeie pakket vir troues, wat ontwerp is met die perfekte bosveld troue ingedagte.

Ingesluit in die pakket:
  • Trou Venue
  • Huweliksbevestiger
  • Basiese blom ontwerpe.
  • Troukoek
  • Romantiese bykomstighede*
  • Trou Koördineerder
Uitgesluit in die pakket:
  • Gespesialiseerde dekor vir die troue
  • Addisionele dekor en trou huur dienste wat nie genoem word nie.
  • Blomme
  • Enige diensverskaffers se dienste/produkte wat nie ingesluit is in die trou pakket nie.

As jy meer wil weet oor hul trou aanbod, klik hier om meer te lees op hul webtuiste of stuur hul ʼn e-pos.

Thornybush Game Lodge Thornybush Game Lodge Thornybush Game Lodge

Ontspan & Aktiwiteite vir jou gaste:


By Thornybush Game Lodge is alles oor ontspanning en om jouself te geniet.  Die hele doel van jou besoek is om herinneringe te maak wat jy vir altyd sal onthou.

Yoga:

As jy iemand is wat hou van Yoga en net wil ontspan met ʼn lieflike Yoga sessie in die bosveld, dan moet jy ʼn bespreking maak vir jou Yoga sessie.  Slegs beskikbaar op aanvraag.

Spa:

Wat is dan nou lekkerder as ʼn heerlike spa sessie, veral in so ʼn mooi ligging.  Geniet een van hulle spa behandelings en voel sommer meer uitgerus.  Slegs beskikbaar op aanvraag.

Ander fasiliteite sluit in:
    • Dek met ʼn vuur pit vir ʼn lieflike buitelig Boma-styl geselligheid en braai.
    • Dek en ingesakte sitplek buite met ʼn vuur pit.
    • Biblioteek
    • Konferensie fasiliteite vir tot-en-met 60 mense.
    • Wi-Fi
    • ʼn Vliegbaan
    • Kinders van alle ouderdomme welkom.
  • Kinders oppas dienste en ook aktiwiteite vir kinders beskikbaar.

Thornybush Game Lodge Thornybush Game Lodge

Etes by Thornybush Game Lodge:


Jy moet jou self gereed maak vir ʼn fees maaltyd!  Hulle staan bekend vir heerlike kosse en drankies.  Van kleiner vinger happies tot heerlike buffets.  Aandetes is ʼn elegante storie wat bedien word op hul buite dek area.  Dit is ʼn eg Suid-Afrikaanse boma styl etes om ʼn buite vuur.  Omring deur lanterns, kerse en die klanke van die wilde diere in die agtergrond.

Thornybush Game Lodge Thornybush Game Lodge Thornybush Game Lodge Thornybush Game Lodge Thornybush Game Lodge Thornybush Game Lodge

Wildritte:


Thornybush Game Lodge is bekend vir hulle Groot-5 Wildritte, omdat beide Thornybush en Sabi Sand die Kruger Nasionale Park se bure is sonder ʼn heining tussen hul, het hulle ʼn toevoer van wilde diere wat vrylik rondbeweeg.

Hulle het ʼn verskeidenheid wildrit opsies en ook ʼn “Bush Walks” opsie, waar jy saam met ʼn professionele toergids in die bos loop per voet.  Klik hier om meer te lees oor hul Wildritte.

Thornybush Game LodgeThornybush Game LodgeThornybush Game Lodge Thornybush Game Lodge Thornybush Game Lodge Thornybush Game LodgeThornybush Game Lodge

Verblyf vir jou gaste:


Thornybush Game Lodge het 20 luukse suites wat uitspruit vanuit die hoof gebou.  18 van hulle luukse suites kyk uit op die rivier en 2 van die suites is familie suites.

Hulle suites se fasiliteite sluit in:
  • Lugversorging
  • Waaier
  • Koffie maak fasiliteite
  • Ketel
  • Mini-Kroeg Yskas
  • Misskiet net
  • Telefoon
  • Stort
  • Bad
  • Badkamer bykomstighede
  • Gestremd vriendelik
  • Haardroër
  • Internasionale adapteer
  • Wasgoed dienste
  • Selfoon opvangs
  • Buite Stort
  • Kluis
  • Pantoffels
  • Wi-Fi
Meer oor hul Luukse Suites:

Die suites het groot skuifdeure wat uitloop op ʼn buite stoep met lieflike uitsigte van die rivier en diere wat daar langs loop.  Elke suite het ʼn en-suite badkamer met ʼn binne-en-buite stort ontwerp met privaatheid in gedagte.

Meer oor hul Familie Suites:

Die twee familie suites is ruim met hul eie leef area en ʼn dag bed om kinders te akkommodeer.  Elke een van die 2 suites het hulle eie privaat stoep en hul eie plons poel.

Thornybush Game Lodge Thornybush Game Lodge Thornybush Game Lodge Thornybush Game LodgeThornybush Game Lodge Thornybush Game Lodge Thornybush Game Lodge Thornybush Game Lodge

Thornybush se ander hotelle:


Thornybush Game Lodges val onder Thornybush sambreel, wat ander luukse verblyf opsies het.  Hul ander Lodges sluit in Jackalberry Lodge, Saseka Tented Camp, Simbambili Game Lodge en Nkelenga Tented Camp.  Só as jy opsoek is na ʼn luukse wegbreek na aan die Kruger Nasionale Park, dan het hulle baie opsies vir jou om van te kies.

Thornybush Game Lodge Thornybush Game Lodge Thornybush Game Lodge Thornybush Game Lodge Thornybush Game Lodge

Bespreek jou troudag:


Wil jy jou troue, wittebrood of luukse wegbreek bespreek by Thornybush Game Lodge?  Bespreek deur hul webtuiste te besoek.  Indien jy hul telefonies wil kontak, kan jy hulle bel by +27 11 253 6500.  Jy kan hulle ook ʼn e-pos vir meer inligting.

Thornybush Game Lodge Thornybush Game Lodge Thornybush Game Lodge Thornybush Game Lodge

Artikel Krediet: