Tristyn & Bernadette se prettige strandtroue

Die jaar 2019 was vol merkwaardige oomblikke vir Tristyn en Bernadette.  Dit het aan die ou einde gelei na ʼn prettige strandtroue in die Oos-Kaap saam met vriende en familie.

2019 was die jaar waarin Tristyn 21 geword het, as ook die jaar waarin hy besluit het om op sy knieë te gaan en sy geliefde Bernadette te vra om te trou.  Hierdie paartjie se pad na die kansel was wel nie sonder struikelblokke nie.

Soos baie ander verliefde paartjies, moes Tristyn en Bernadette worstel met die uitdagings wat KOVID-19 en die beperkings as gevolg daarvan gebring het.  Hulle het wel die beste van hul persoonlike situasie gemaak.

Dit het gelei dat hulle nie net een keer hulself aan mekaar belowe het nie, maar twee keer.  Hulle het besluit om ʼn klien intieme “lockdown” trou te hou, in afwagting vir ʼn vreugdevolle huweliks viering saam met al hulle geliefde familie en vriende, wanneer die beperkings dit sou toelaat.

Rol af om meer te lees oor Tristyn en Bernadette se liefdesverhaal as ook hul strandtroue wat plaasgevind het in die Oos-Kaap.  Mooi Troues lesers sal beslis uit hierdie artikel tonne trou inspirasie vir ‘n selfdoen strandtroue kan vind.

Selfdoen troues is beslis ‘n lekker uitdaging vir jou en jou ander helfde. Dit beteken wel nie jy mag nie vir hulp vra nie! Gaan gerus na Mooi Troues se aanlyn trougids, indien jy opsoek is na trou diensverskaffers in jou area.

Paartjie se Liefdesreis:


In 2019 het ons begin voorberei vir Tristyn se 21ste verjaarsdag.  Ongeveer twee maande voor die partytjie het ek aan ʼn vriend genoem dat ek ʼn vedagte het dat Tristyn by sy partytjie vir my gaan vra om te trou. Tristyn glo steeds nie dat ek die vraag sien kom het nie.  Snaaks genoeg, om en by dieselfde tyd het Tristyn besluit hy gaan wel die geleentheid gebruik om dié groot vraag te vra.  Hy het toe alreeds te werk gegaan om ons gesinslede in te lig oor sy planne.

ʼn Week voor die partytjie het Tristyn my ou selfoon oorgeneem.  Om seker te maak dat al my ou goed af was het ek vooraf daardeur gegaan.  Gedurende daardie proses het ek op ʼn boodskap afgekom wat iets genoem het van ʼn ring wat moet opgetel word … Nadat my vriendin haar mond verby gepraat het oor die opspoor van die boodskap, het die familie my probeer oortuig dat dit met iets anders te doen het.

By die 21ste partytjie, terwyl Tristyn sy toespraak oordra aan al sy gaste roep hy my nader en begin vertel hoe lief hy my het en hoe spesiaal ek vir hom is.  Toe, voor al ons vriende en familie, het hy op sy knieë gegaan en my gevra of ek met hom sal trou … En ek het nee gesê, maar ek het net ʼn grap gemaak en so het die 21ste ʼn verlowingspartytjie geword!

Die Verlowing Tydperk:


Die troue sou op 12 September 2020 plaas gevind het, maar KOVID-19 het ander planne gehad.  Omdat ons nie geweet het wanneer die beperkings opgehef sou word nie, en ons van plan was om saam in te trek het ons besluit om ons troue te vervroeg na die 16de Mei toe.

Dit het ons regtig seergemaak om slegs 8 mense by ons klein troue te hê, maar dit was die beste wat ons onder die omstandighede kon doen.  Dus, ʼn verlowings tydperk wat uit 11 maande sou bestaan, het gelei na ʼn 18 maande groot troue beplanning proses.

Paartjie se styl:


Die rok wat ek in gedagte gehad het was baie anders as die een wat ek toe gekies het!  Toe ek hierdie rok aanpas het hy perfek gepas, geen veranderinge sou nodig wees nie.  Ek onthou nog hoe ek voor die spieël gestaan het, met my hoof strooimeisie in die agtergrond wat op en af spring want die soektog het tot ʼn einde gekom.  Die rok was prag mooi!

In verband met die mansdrag vir die dag, ek het foto’s gesien van strooijonkers in vlootblou en wit en ek was mal daaroor.  Tristyn het ook daarvan gehou, alhoewel hy graag sy Van’s daarby wou aantrek … Dankie tog ons het ʼn strandtroue gehad en besluit dat skoene nutteloos sou wees!

Ons is albei baie lief vir die see en die strand.  Daarom wou ek graag ʼn ring hê in die vorm van ʼn golf.  Tristyn het dit geweet en met die gedagte het hy ʼn ring laat maak en vir Dennis Collins gevra om ʼn steen in die middel te plaas.  Vir Tristyn se ring het ons Watsons Creations benader, wat ook sy broer se ring gemaak het.  Hy het nog altyd van die hout ring styl gehou en dis presies wat ons vir hom gekry het.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Die tent het baie langer gevat om op te rig as wat ons beplan het en dit het veroorsaak dat dit baie meer tyd geneem het om al die dekor elemente reg te kry.  Maar gelukkig kon ek nie daaroor stres nie want ek was heeltemal onbewus daarvan, omdat my strooimeisies my foon vroeër gekonfiskeer het.

Die Besluitnemingsproses:


Ek het meeste van die besluite geneem, maar bygesê Tristyn wou betrokke wees so ek het altyd eers dit met hom bespreek.  Ek het baie hulp ontvang met die beplanning en uitvoer van die dekor. My ma het baie van ons troudekor self gemaak en ek het al my idees met ons familie en vriende vooraf bespreek, veral die wat aangebied het om te help met die op stel op die dag.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Geniet julself ten volle!  Dit is ʼn baie stresvolle tyd, as jy nie ʼn punt daarvan gaan maak om pret te hê en saam te lag nie, mag jy dalk net huil.  Die mees belangrikste ding om te onthou, maak nie saak wat gebeur of skeef loop nie, is dat jy aan die einde van die dag met jou beste vriend gaan trou!

Tristyn se wyse woorde is as volgs: ” … laat die bruid al die vrae beantwoord wanneer daar gevra word oor watter advies mens aan bruidegomme kan gee”. Grappie (dalk).  Op ʼn ernstige noot, kommunikasie begin aan die begin van ʼn verhouding.  Begin van daar af en bou ʼn sterk fondasie.

KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:


Dit het beslis ʼn effek op ons troudag gehad.  As gevolg daarvan moes ons ons groot trou viering uitstel tot later en eers net ʼn klein “lockdown” troue hou.

Gunsteling Diensverskaffers:


Elani Ross!!!  By-verre een van die talentvolste fotograwe wat ons al ooit tee gekom het!

Wittebrood:


Ons wou bitter graag Bali toe gaan, maar KOVID-19 beperkings het dit nie toe gelaat nie.  Dus het ons besluit om in Januarie 2022 op ʼn bootreis te gaan.

Venue & Dekor:


Die oorspronklike plan was om ons troue by Tea in the Trees te hou, maar Tristyn wou bitter graag ‘n strandtroue hê.  As gevolg daarvan het ek dadelik begin soek vir inspirasie vir ʼn strandtroue op Pinterest en ons venue keuse verander.

Finansiële Aspekte:


Ek wou oorspronklik ongeveer R 50 000 spandeer aan die troue.  Maar daar was baie meningsverskille.  Tristyn wou nie graag soveel geld op een dag spandeer nie.  Hy sou die geld eerder op ʼn wittebrood of ʼn deposito op ʼn huis wou bestee.  Ek het weer gevoel dit is nie net ʼn ‘dag’ nie, dit is ons troudag! Maar met die verloop van tyd het ek egter sy punt begin insien.  Dit is tog nie die troue wat die belangrikste is nie, dit is die huwelik.

Ek het toe begin navorsing doen om maniere te vind om ʼn pragtige troue te beplan en steeds geld te spaar.  Ek het gedeurende die proses geleer om sy mening in te sien, en die voorstelle wat hy gemaak het in ag te neem.  Ons het op die ou einde ongeveer R 35 000 spandeer op ons strandtroue.

KOVID-19 het werklik ʼn groot finansiële verskil vir ons gemaak, en ʼn paar van ons vriende wat in 2020 sou trou het as gevolg daarvan baie geld verloor omdat hulle nie hul deposito’s terug kon kry nie.  Gelukkig kon ons al die geld wat ons in 2020 bestee het hergebruik, met ʼn verlies van net R 1000.

Eerste Dans:


Ons eerste dans was op Justin Bieber se 10 000 Hours . Ek moet wel bieg, ons moes dalk so effens meer vooraf geoefen het!

Vermaak:


In terme van vermaak, ons het ʼn vriend as plattejoggie gehad en verder was daar ‘n voorgestel om ʼn veiling te hou terwyl ons besig was met die paartjie fotosessie. Die rede daarvoor was om geld in te samel vir ons wittebrood. Ek het gedink dit was ʼn baie goeie idee om die gaste besig te hou gedurende die wag tydperk.

Merkwaardigste Oomblikke:


Vir Tristyn was die mees merkwaardige oomblik toe die MC al ons geliefdes nader geroep het, om saam oor ons en ons huwelik te bid. Dit het afgespeel gedurende die strandtroue se onthaal.  Dit was vir ons ‘n besonderse oomblik!

Wat nog altyd vir my van belange was was dat ons troudag vol pret moes wees.  Ek wou hê almal moes hulself geniet en saam met ons ʼn lekker tyd hê!  Dis presies hoe die dag uit gedraai het.  Dit het my sielsgelukkig gemaak!

Dit was soveel pret! Van die reg maak en aantrek gedeelte, tot en met die onthaal.  Dit was so lekker om voor al ons gaste die “ja” word te sê (weereens).  Die paartjie fotosessie was net so prettig!  Die dag sal nie net verewig in ons harte wees, om te herleef nie, maar ons sal ook keer op keer geherinner word aan hierdie spesiale tyd.  Te danke aan die pragtige foto’s.

Ek was so gelukkig oor die feit dat ons die kans gekry het om saam met al ons familie en vriende ons huwelik te vier op die ou einde.  Elke oomblik was so vir ons so spesiaal, propvol liefde en geluk.

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het.  Met ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: