Ruan & Emma se intieme sprokies verhaal bruilof

In dié artikel van Mooi Troues deel ons die intieme sprokies verhaal bruilof van Ruan en Emma.  Dié paartjie se sprokies verhaal het op ‘n duik kursus begin en van daar af is die res geskiedenis.

Dust and Dreams Photography het dié intieme sprokies verhaal bruilof uitsonderlik mooi vasgevang.  Die gekose trou venue skep ‘n gevoel van ‘n pragtige klein Italiaanse dorpie wat die hele atmosfeer skep van die intieme sprokies verhaal.

Wanneer dit by trou dekor kom, faal dit nie.  Ruan en Emma se onthaal was gevul met houttafels met pienk lopers gekomplimenteer deur groenigheid. Dié onthaal tafels word gevul met pragtige lang pienk kerse en unieke pienk glase wat gekomplimenteer word met pragtige vars pienk rose.

Ruan en Emma se intieme sprokies verhaal bruilof weerspieël die pragtige bruidspaar presies vir wie hul is en die liefde wat hul het vir mekaar.

Rol nou af en geniet dié intieme sprokies verhaal bruilof.

Paartjie se Liefdesreis:


Na ek skool klaar gemaak het, het ek beplan om Engels te gaan gee vir mense in Thailand, maar ek het twee maande se vrye tyd gehad na skool toe besluit ek om by my suster by Coral divers in Sodwanabaai te gaan kuier.  Terwyl ek my duik kursus gedoen het, het ek ‘n man met die mooiste hart ooit ontmoet en het verlief geraak op hom.

Ek het net twee maande gehad voor ek moes vertrek weer en ons het weens dit die meeste gemaak van die tyd wat ons saam het.  Ons het ‘n langafstand verhouding gehad vir 6 maande na ek teruggekeer het en na dit kon ons deur enige iets saam gaan.  Ons het reg deur die wêreld getoer terwyl ons op groot skepe gewerk het en het toe in Bali verloof geraak in Desember 2019.  Ek het die hele vakansie beplan en toe bring Ruan die ring saam met hom.

Die Verlowing Tydperk:


Ons was verloof gewees vir ‘n jaar en 9 maande voor ons, ons perfekte dag gehad het.  Ek het die troue beplan met die help van my skoonsuster Jani Cronje en my fantastiese bruid-span wat reeds hulle eie troues gehad het.  Ek het baie raad en ondersteuning gehad deur die hele proses en ek het myself die nodige tyd gegee om die troue te beplan omdat dit net eenkeer in ‘n mense se leeftyd sal gebeur.

Trou Begroting:


Ons trou begroting was ongeveer R80,000.  Wanneer dit gekom het by die besluitneming van die troue, het ons dit probeer eenvoudig en plaaslik hou om die prys lag te hou.  Ons het ook nie baie gaste by ons troue gehad nie.  Ons het 40 gaste ten meeste gehad.

Wanneer jou groot dag aanbreek sal jy nie gepla wees met die tipe rose wat op die tafel bedek is nie en nog minder oor die mense wat troue toe gekom het.  Dit gaan alles gaan oor jou en jou man wat ‘n dag het om julle verhouding saam te vuur.  Ek is baie bly dat ons ‘n intieme troue gehad het, meestal omdat ons tyd gehad het om met almal te gesels en te dans.

Ons trou onthaal was by Spioenkop by Chrissiesmeer, Mpumalanga.  The eienaar, Jani Cronjé, was verstommend in wat sy doen en ek het haar ‘n paar keer die kans gegee om beheer te vat en dit was die beste besluit ooit.  Dit was dié beste dag van my lewe!

Paartjie se styl:


Ons het nooit rerig ‘n spesifieke styl gehad nie.  Ons het die kleurskema gekies waarvan ons die meeste gehou het en daarby gebly.  Het probeer om dit nie te oordoen deur om te veel elemente te gebruik nie.  Ek het my perfekte trourok gekies en het my man se troupak se kleur gekies wat beste by my trourok sal pas en waarin hy die beste sal lyk.  Ons het die gekombineer om toe ‘n palet te vorm vir ons troue se kleurskema.

Merkwaardigste Oomblikke:


Ruan:

My gunsteling deel van die dag was toe Emma en haar bruid-span ‘n verassing Hip-hop/burlesque dans gedoen het vir my.  Wat dit soveel meer verstommend gemaak het vir my was die feit dat sy ure se oefening moes doen net om my te laat glimlag en lag op ons groot dag.

Emma:

Om vir Ruan te sien wil huil vir die eerste twee ure wat hy my gesien het.  Hy huil amper nooit en om hom te sien huil omdat hy gelukkig is.  Plus omdat hy my lief het was net verstommend en dit het my hart gevul.  Met so baie sekerheid en tevredenheid vir my toekoms saam met hom.

Die Besluitnemingsproses:


Ek het meeste van die besluite gemaak.  Ruan is ‘n eenvoudige en maklike man.  Hy was rerig gelukkig met alles en wanneer ookal hy ‘n sê wou het in ‘n besluit het ek geluister na sy opinie.  Ek het probeer nie te veel mense betrokke maak met die besluitnemings nie want dit sal te oorweldigend voel.  Dit was ons dag en ons moes besluit wat ons wou hê.  Wanneer ek advies en wenke benodig het, het ek opinies gevra, maar ook nie te veel nie.

Gunsteling Diensverskaffers:


Almal! Ek was ongelooflik gelukkig om die beste diens van alle diensverskaffers te ontvang.

Spioenkop gaste lokaal en plaas het die spyseniering verskaf – Hulle het die beste pampoen tert ooit bedien.  Ek het steeds mense wat my vra vir die resep.  Jani was verstommend met al haar help asook ondersteuning deur die hele beplanning van die troue.

Dust and Dreams Photography: Die vriendelikste en rustigste fotograaf ooit, wat ons so gemaklik laat voel het op ons spesiale dag.  Hulle het ook die mooiste fotos geneem.

Magic Moment Audio and Visual Events – Ryno en sy span het die perfekte musiek gespeel vir elke oomblik.  Hulle het al hulle eie gereedskap saam gebring en alles self opgestel sonder probleem. Hulle het ekstra moeite gedoen vir ons deur om film opnames te speel van familie wat te ver gebly het asook heeltyd probeer by bly met al die liedjies versoeke.

Elizna swart – Sy het ons hare gedoen op my groot dag en sy was ongelooflik.  Ek het haar ‘n idee en ‘n foto gegee en sy het dit maak gebeur.

Vermaak:


Ons het spesiale oomblikke gehad en hulle het heeldag musiek gemaak vir ons van die verwelkoming tot die einde van die partytjie.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Advies aan die dames:

Jy mag jouself toelaat om selfsugtig te wees met die besluite wat jy maak vir jou troudag.  Dit gaan oor jou en jou sielsgenoot en niemand anders nie.  Moet nie toelaat dat ander mense jou oorweldig met hulle opinies nie, maar moet ook nie op spesifieke rieme ingestel wees nie.  Ek belowe jou dat op die groot dag maak niks van die rerig saak nie.

Advies aan die mans:

Jou toekomstige vrou sal stres en angstig wees so wees net daar vir haar en staan by haar.  Maak haar lag en vat haar uit en bederf haar elke nou en dan net sodat sy haar kop kan wegkry van alles. Herinner haar dat al die gaan oor die twee van julle wat alles vuur saam as ‘n paartjie.

Venue & Dekor:


Spioenkop onthaal en gaste plaas is besit deur my skoonsuster en het het dadelik verlief geraak toe ek gaan kuier het by haar.  Dit herinner my aan ‘n klein Italiaanse dorpie soos in die fliek “Under the Tuscan sun”.  Dit is anders as al die ander trou lokale, omdat die een my laat voel het of ek in ‘n sprokieswêreld van my eie is.  Die troudag was presies soos ‘n sprokies verhaal.  Die troudekor was alles gedoen deur die eienaar, Jani Cronjé.  Ek het vir haal alles genoem waarvan ek sal hou en nie van sal hou nie en met dit het sy iets beeldskoon gemaak.

KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:


Ja, ons het baie meer gaste genooi maar net 40 gaste was in staat om te kom.  Ons moes ons troue ook eenkeer uitstel.  Dit was alles die moeite werd en alles het vir die beste uitgewerk vir ons.  Ons was baie gelukkig met ons klein intieme troue.

Wittebrood:


Ons het besluit om deur die Kruger Nasionale Park te reis en toe deur die Ooskus van Afrika.  En toe besluit om die plek te besoek waar ons ontmoet het by Sodwanabaai.  Ek en Ruan is lief vir Suid-Afrika en die diversiteit daarvan.  Daar is so baie plekke om te besoek en ons wou graag ‘n mengsel hê van alles.  Ons het gekamp, glamping in ‘n 5 ster en dit was asemrowend.  Ons het gaan skubaduik, stap roetes gedoen, besienswaardigheid gedoen asook op wildritte gegaan.

Eerste Dans:


Ja, ons het die liedjie gekies “Love Someone” van Lucas Graham.  Ons het vir dans klasse gegaan by Idance Capetown met Amanda.  Sy was baie geduldig met ons en baie passievol met wat sy doen.  Die dans klasse was seker die lekkerste en snaakste ding wat ons saam gedoen het voor die troue.

Mooi Troues Diensverskaffers:

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: