Emíl & Monet se verrassing verlowing

Emíl en Monet se verrassing verlowing bring sommer onmiddellik ʼn glimlag op ʼn mens se gesig.  Wat net gelyk het soos ʼn rit na Houtbaai het toe uitgedraai as ʼn verrassing verlowing.  Alles was haarfyn vooraf beplan en ook met baie sukses.  Met die prentjie mooi berg- en see uitsigte van Houtbaai in die agtergrond, het Emíl op sy knieg gegaan om Monet te vra om met hom te trou.

Beplan jy om jou meisie of  kêrel te vra om te trou?  Ons advies is om ʼn fotograaf te huur wat die spesiale oomblik kan vasvang.  Dit is so ʼn groot oomblik wat jy dit moet vasvang sodat jy veraltyd daarna kan kyk.  Verduidelik vir die fotograaf jou plan van aksie en laat die fotograaf by die plek wees voordat jy daar aankom.  Onthou, dit is ʼn verrassing! Opsoek na ʼn fotograaf?  Besoek Mooi Troues se Trougids.

Nadat Emíl vir Monet gevra het was daar baie glimlagte gewees.  Hulle het ook sommer ʼn paar foto’s as verloofde paartjie op die strand gedoen.  Rol af om meer te lees oor Emíl en Monet se verrassing verlowing in Houtbaai hieronder.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons het ontmoet deur Monet se broer, wat ʼn goeie vriend van Emíl is. Ons het na ʼn restaurant toe gegaan, die dag na Monet se 24ste verjaarsdag.  Monet was nie baie lus nie, maar het baie vinnig langs Emíl gaan sit met sy mooi blou oë. En soos hul sê, is die res geskiedenis.

So jaar en ʼn half.

Die groot vraag:


Monet het in Kaapstad gebly en Emíl het ʼn naweek vir haar kom kuier en net gesê hy vat ons weg die Saterdag aand.  (Dit was beslis ʼn verassing)  Ons het toe Hout Bay toe gery – en met geen verwagting by Tintswalo Atlantic ingedraai.  Dit was ʼn ongelooflike dag vol lekker kos en verassings – tot Emíl die moet opgebou het om op sy knie te gaan en die vraag te vrae.

Ja, Emíl het gereël dat sy beste pelle (Brahm en sy vrou Inecke, die fotograaf) daar sal opdaag om als vas te vang.  Asook sy broer, Luan met sy meisie Micheala om die spesiale oomblik saam met ons te deel.  Dit was nog groter verassing vir Monet dat hulle almal daar was en so spesiaal.

Hoekom ons mekaar liefhet:


My gunsteling eienskap van Emíl is hoe opreg hy is.  Met alles en almal wie hy ontmoet.  Wat jy sien is wat jy kry en hy die mooiste, mees eerlikste hart wat ek die voorreg het om lief te hê.  Dan is hy nog sag op die oog ook. – Monet

Ek het baie gunsteling eienskappe van Monet, haar saggeaardheid, omgee vir ander, haar integriteit, ondersteuning, ʼn baie goddelike vrou en sterk in haar geloof en sy is so liefdevol. – Emíl

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


So jaar

Die verloofring:


Dit was ʼn verassing, maar Emíl ken Monet se styl baie goed en het ʼn idee gehad van haar droom ring.  En dit is wel iets waaroor mense praat.  Dit is ʼn baie lekker tyd van beplanning en droom.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Emíl wou graag alles in die oomblik vasvang en het geweet Monet sal dit baie waardeer, asook om ons beste pelle daar te hê. Dit was ’n wen wen situasie

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Niks beplan nie.  Inecke is so talentvol en nie net omdat sy ʼn vriendin is nie, maar omdat sy so goed is, vertrou ons haar 100% met haar visie en style.  Sy ken ons ook baie goed.

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :


Vrese is maar die regulasies van heeltyd verander a.g.v. die pandemie.  Maar ons is meestal net opgewonde en baie positief en albei rustig oor die tyd.

Visie vir droomtroue:


Klein, “close-knit” familie en vriende wat lekker saam ons die dag sal vier en ons verbond aan God kan getuig.

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: