Gerhard & Chane se selfdoen troue

Gerhard en Chane se kleurvolle persoonlikhede sien ons duidelik in die fotos en ons kan sien dit was sommer ‘n lekker dag en die fotos is daar om dit te bevestig.

Chane se rok is vreeslik mooi met lae kant en al die dames het so mooi gelyk met hul blomme krone wat alles op helder nes hul mooi breë glimlagte toe hul almal in ‘n ry staan met hul vrolike japonne aan.  Die Polaroid fotos wat tussen die bome hang met herinnering na nog goeie tye is ‘n mooi en unieke element wat ons aandag hier by Mooi Troues getrek het.

Ons belowe die troue sal jou beter los as wat jy hom gekry het.  Die geluk borrel oor.


chane-en-gerhard-1chane-en-gerhard-2 chane-en-gerhard-3 chane-en-gerhard-4 chane-en-gerhard-5 chane-en-gerhard-6 chane-en-gerhard-7 chane-en-gerhard-8 chane-en-gerhard-9 chane-en-gerhard-10 chane-en-gerhard-11 chane-en-gerhard-12 chane-en-gerhard-13 chane-en-gerhard-14


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ons het mekaar deur gemeenskaplike vriende ontmoet, Gerhard het kort daarna ‘n matrieks afskeid kar vir my boetie gereël, sodat hy my natuurlik weer kon sien en daarna het hy my uitgevra op ons eerste afspraak en die res soos hulle se is geskiedenis.


chane-en-gerhard-15 chane-en-gerhard-16 chane-en-gerhard-17 chane-en-gerhard-18 chane-en-gerhard-19 chane-en-gerhard-20 chane-en-gerhard-21 chane-en-gerhard-22 chane-en-gerhard-23 chane-en-gerhard-24 chane-en-gerhard-25 chane-en-gerhard-26 chane-en-gerhard-27 chane-en-gerhard-28 chane-en-gerhard-29 chane-en-gerhard-30


Hoe het julle verloof geraak?

Ons was vir ‘n naweek weg saam met goeie vriende van ons by Hawksmoor House in Stellenbosch, ons het die Vrydag aand gaan uit eet saam ons vriende in Stellenbosch en daarna is ons terug hotel toe waar ons voor die kaggel verder gesellig gekuier het, voor ek my oe kon uitvee toe is Gerhard op een knieë en vra my toe om te trou.


chane-en-gerhard-31 chane-en-gerhard-32 chane-en-gerhard-33 chane-en-gerhard-34 chane-en-gerhard-35 chane-en-gerhard-36 chane-en-gerhard-37 chane-en-gerhard-38 chane-en-gerhard-39 chane-en-gerhard-40 chane-en-gerhard-41 chane-en-gerhard-42 chane-en-gerhard-43 chane-en-gerhard-44


Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?

Ons was vyf jaar saam voor ons getrou het.


chane-en-gerhard-45 chane-en-gerhard-46 chane-en-gerhard-47 chane-en-gerhard-48 chane-en-gerhard-49 chane-en-gerhard-50 chane-en-gerhard-51 chane-en-gerhard-52 chane-en-gerhard-53 chane-en-gerhard-54


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Net om elke oomblik te geniet want dit gaan so vinnig verby.


chane-en-gerhard-55 chane-en-gerhard-56 chane-en-gerhard-57 chane-en-gerhard-58 chane-en-gerhard-59 chane-en-gerhard-60

Diensverskaffers

  • Fotograaf:  Nikki Meyer
  • Platejoggie:  DJ Chopper (Mitzi)
  • Hand ruikers en Flower Crowns: Anli Wahl
  • Blomme & Decor: Zenobia Taljaard & DIY
  • Videograaf: Filmish
  • Trou Koek: Laura Mitchell Cake Couture
  • Hare & Make Up:  Marli Basson